Nou ja dit is die begin van die 3de maand van 2022.
Geniet dié dag met jou oggend koffie (tee, sap).
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Net terwille van Willem se moeite om 'n nuwe Maart-Koffie draad te open
Ag, baie dankie Len
dit word hoog-op-prys gestel.
Is dit nou 'n "Draad" of 'n "Gesprek lyn" ?
Kennis geneem Willem...............
.................."gesprekslyn" is netjieser. Ek gaan probeer onthou.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Ek sal maar hierdié "gesprekslyn" aan die gang hou deur te groed.
Die weer het lekker gedreun maar nie veel gereën 🌧 nie, skat so 2-3mm.
Julle moet die dag geniet.
Môre Willem !
Ai maar dis 'n gesukkel om ouens aan die gesels te kry. Daar was die laaste paar dae 'n lekker oplewing maar nou skielik is alles weer doodstil.
Hier by ons is dit koelerig vanoggend met 'n voorspelling van 2-3mm reën waarvan daar ongelukkig nog net 0 mm geval het. My huis se weerhaan (en die bure s'n) waai noord-wes, ons reënwind, dus miskien kry ons tog 'n paar druppels.
My annerhelfte reken nou die dag ek kan gerus vir my 'n bietjie nuwe klere vir ons Wildtuin-vakansie gaan koop want myne kom al van Zimbabwe-dae al saam ! Nouja toe begin ek gister en het 'n klomp nuwe onderbroeke gekoop - goeie begin dink ek.
Dagse maters. Ai on neef is…
Dagse maters. Ai on neef is baie beswaard vanoggend, My swaer het slukderm en maag kanker, die ou is nou op pad. My sus se die ou huil en se hy het nog nooit so seer in sy lewe gehad nie. Hy was n tawwe ou bliksem in sy dae. Mooi dag vir almal.
Ai tog Herman...............
.................baie jammer om te hoor van jou swaer se stryd.
Baie sterkte daar vir julle…
Baie sterkte daar vir julle as familie Neef. Vertrou dat julle krag van die Vader sal ontvang.
Vandag ook die dag vir Wessel om uiteindelik sy nuwe "trokkie" te kry. Ek dink hy het by die Handelaar uitgekamp gisteraand.
Lekker dag vir almal.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Sal maar weer groet al is Oom Len nog nie op nie. 😉
10 aanlyn
Jan Meyer, Johann L, neef Herman, Slowstrike, Wildehont, Lapskag, Arie, wessels, HennieBo.
Geniet julle dag verder. 👍
Wees gegroet
Goeie dag al my vriende
Ek vrees ook altyd daai daai opdrag-----tyd vir nuwe klere.
Net sodra die goed lekker dra, sag op die lyf ensovoorts, is dit mos tyd vir nuwe stywe goete.
Len: Jy moes gevra het dat jou miesies uit meelsakkies vir jou 'n paar kledingstukke aanmekaar stik, met slagspreke op soos;
soos sunflower, self raising, poffertjies, tert mix
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Lekker 4mm reën gehad gister aand.
Julle moet julle dag voluit geniet vandag. ![]()
Goeiemôre mense! Sterkte…
Goeiemôre mense! Sterkte met die week en al sy uitdagings en plesiertjies.
Ek moet weer begin voorberei om 'n sterrekunde kursus aan te bied vannaf die 18 de Maart tot 24 Maart in Dinokeng.
Goeie môre al julle mensies,…
Goeie môre al julle mensies, 'n nuwe week vol verrassings wat vir ons wag. Geniet dit uit julle sokkies uit.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
👋 dagsê Voortrekker en ander.
Sterkte met jou sterrekunde kursus voorbereiding.
Geniet julle dag.
GM !
Goeie môre kampmaters !
Die ou suid-oos blaas ons weer in 'n moedelose bui vandag.
Ek adverteer toe mos 'n maand gelede'n Pathfinder spaarwiel met staal velling op Gumtree. Met die koop van my Cooper bande so twee jaar terug, het ek hierdie spaarwiel vervang met 'n "mag". Geen reaksie gekry nie, behalwe Saterdag daag hier 'n ou op met netso 'n P/F soos myne, maar 'n jaar jonger. Hy het sy P/F met verbasend lae kilos op, ses maande gelede gekoop en is 'n baie ernstige 4x4 geesdriftige. Hulle is 'n klompie ouens wat die Tankwa Karoo gaan aanpak en hy benodig 'n tweede spaarwiel - en weg is my surplus spaarwiel ! Die ou vertel my hy was aanvanklik 'n Jeep-man, maar sedert hy van die Jeep met sy swaar brandstof-verbruik ontslae geraak het, het hy uiteindelik 'n P/F opgespoor wat sy behoeftes soos 'n handskoen pas. Volgens hom staan die P/F in geen opsig terug as dit kom by ernstige 4x4 roetes nie. 4x4 is nou nie juis my "cup of tea" nie, maar dit was lekker om te hoor die ou Pathie doen ook sy ding op hierdie terrein.
Willem, ek kry vanmiddag my voor-venster afdakkie (volgens jou skets) by my tentmaker.
Path finder petrol
Middag Len
My swaer het die 6 silinder petrol outomaties gehad. Volgens hom die lekkerste 4x4 waarmee hy Namib sandduine gery het.
Om ander ouens se ego te beskerm, sal ek nie noem waarmee hy dit vergelyk het nie, dit is nou voertuie wat hyself ook gehad het.





GM !
Net terwille van Willem se moeite om 'n nuwe Maart-Koffie draad te open, Goeie Môre Kampmaters ! Dis nog 51 dae voor vertrektyd en as ek dalk nog 'n ekstra daggie by Karoo sou byvoeg, dan is dit nog 50 dae !
Die Kaap lyk maar dooierig en stowwerig so voor ons reënseisoen, die wind bly lastig en ons kry vrek warm. Vandag se voorspelling is darem nie te erg nie, net 27º.
Die gestelery in kampterreine in die suide van die Kruger Wildtuin is darem 'n lelike ding wat sy kop nou uitsteek - kyk gerus op my Kruger Wildtuin-draad vir besonderhede as jy dit dalk gemis het.
Nouja, geniet jou dag en ek gaan nou kyk waarvoor is ek lus vir vandag.