Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -45 minutes ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 hour ago
Bome omwaai November 2026 Geert -7 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -20 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -21 hours ago
Hael November 2026 Geert -21 hours ago

Krugerwildtuin - Olifantgetalle buite beheer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on

Ek lees op Maroela Media 'n berig waarin groot kommer uitgespreek word deur natuurwetenskaplikes oor die onbeheerste aanwas van olifante in die wildtuin. Na raming is daar tans sowat 40 000 olifante in die park wat besig is om die park "te verwoes" (my eie woorde). Kenners reken dat indien daar nie daadwerklike ingryping plaasvind nie die wildtuin onomkeerbare skade aangedoen gaan word.

Daar word gereken dat getalle tot so laag as 5 000 uitgedun moet word om die veld eers kans te gee om stelselmatig te herstel alvorens die populasievlak van sowat 7 000 olifante (wat in die verlede geheers het) weer in te stel.

Ek wonder hoe lank dit gaan duur alvorens die huidige "slim" mense gaan besef dat die sluiting van drinkplekke (soos olifante se onbeheerste aanwas) nie só 'n slim idee was nie - waarskynlik nie in my leeftyd nie.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 27/04/2022 - 11:18

Chris, ek vertrou altyd dat die besluite geneem word met die inligting waaroor wetenskaplikes beskik op hierdie stadium. Of in die resultaat dalk in die toekoms anders uitdraai, sal ons moet sien.

Wat ons ook moet uitstip is, dat indien  die besluitneming bevraagteken word, dit gegrond word op inligting  verkry van modelle wat gebruik word, of is.

In 2005 het n redelike projek in Madikwe gedoen, en baie tyd saam die veldwagters bestee. Die park is n uitstekende voorbeeld waar die Olifantgetalle die plek heeltemal verander het van boomryke bosveld, tot amper oop grasvlaktes. Die paar groot bome word beskerm deur n ringmuur skerp klippe om hulle te plant.

So, balans is baie noodsaaklik, Olifante hou die grasvlaktes oop, maar te veel, gaan dit in n ander habitat verander. Ek dink in Len se boek word dit ook mooi verduidelik.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 27/04/2022 - 12:28

Ek het ook dié boek gelees nadat ek dit verlede jaar in Krokodilbrug gekoop het. Dit het my 'n bietjie anders laat dink met my leke-opinie. Maar in hierdie artikel word enkele "gewigtige" mense se opinies gegee. Olifantgetalle in die wildtuin het merkbaar oor die aflelope dekade (plus) toegeneem. Dit is opmerklik hoe getalle toegeneem het in areas waar jy voorheen gelukkig was om olifante raak te loop. Ek is dalk nog maar "ou skool" in my gedagterigting - wat die beheer van olifante-getalle aanbetref - en ook die sluiting van suipings (alhoewel ek tot 'n mate 'n bietjie meer begrip het vir die besluite t.o.v. laasgenoemde).

Botswana het ook vir dekades 'n beleid gehad van onbeperkte olifant-aanwas. Met 'n geraamde populasie van ongeveer 130 000 olifante (hoofsaaklik beperk tot die noordelike dele) begin daar ook opinies ontstaan dat daar op een of ander wyse ingetree moet word. Ek haal 'n gerekende olifantkenner aan: Conservationists like Elephants Without Borders’ Mike Chase, said Botswana’s elephant population has grown too big, leading to conflicts with farmers and shortages of food and water.

'n Ander opinie is dat 'n goeie olifantbevolking ongeveer 0,4 per km² behoort te wees. Daar is sommiges wat dit betwis. Maar gegrond op hierdie aanname behoort die wildtuin se olifantbevolking nie 7 800 te oorskry nie (die wildtuin se oppervlakte is 19 845 km²).

Maar nou ja - ek is 'n leek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 27/04/2022 - 12:32

Hierdie artikel bevestig net wat ek nog altyd sê, die mens beperk habitat, die mens moet dit beheer. 

Soos alle wildtuin besoekers oor die jare meen, wild besigtiging raak al skaarser!!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 27/04/2022 - 15:51

Stel meer grond beskikbaar vir die wiltuin.

Dit sou die ideaal wees, maar aan die westekant is 'n klompie privaat reservate (waarvan die drade reeds gesak is en inderwaarheid reeds deel van die groter wildtuin is) en andersins landbougrond asook ook groot bewoonde areas.  Ten ooste is Mosambiek. Die Groter Limpopo Oorgrenspark is reeds gestig en drade tussen Mosambiek en Suid-Afrika is laat val ten einde 'n groter bewaringsarea te skep. Maar na my persoonlike mening het laasgenoemde park meer probleme as oplossings geskep. Die renosterstropers het nou makliker toegang vanuit Mosambiek tot in die wildtuin. En olifante wat aan daardie kant hervestig is, keer weer terug a.g.v. menslike aktiwiteite en grootskaalse stropery.

As jy 'n area (selfs so groot as die wildtuin het) waarbinne wild kan/moet beweeg, is daar ongelukkig menslike ingryping nodig. As bastergemsbokke teen miltsiekte ingeënt moet word, of leeus teen beestering behandel moet word - dit is menslike ingryping. As wildgetalle beheer moet word om 'n gebalanseerde ekologie te bewaar, is menslike ingryping ook nodig.

As mannetjie-leeus in 'n park soos Karoo Nasionale Park "geknip" (vasektomie) word ten einde aanteel in 'n beperkte ruimte te beheer, word dit deur menslike ingryping gedoen. As vlakvarke in sommige Nasionale Parke uitgedun moet word a.g.v. ekologiese skade wat aangerig word, is menslike ingryping daarvoor verantwoordelik. As olifantgetalle in die Krugerwildtuin beperk of verminder moet word, is menslike ingryping nodig.

Weereens die leek wat praat maar die kleintjie hier tussen my ore begryp hierdie dinge moeilik.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 28/04/2022 - 08:46

.............wetenskaplikes se navorsing oor olifantgetalle wat in die Kruger Wildtuin besig is om handuit te ruk. Trouens, selfs 'n leek kan sien dat 'n stuk grond het sy beperkinge om wildgetalle van kos te voorsien.  Vir my is die enigste ekonomiese oplossing om hierdie getalle fisies uit te dun om dit in lyn te bring met die beskikbare habitat in die Wildtuin.

Hoe sê die Nike-slagspreuk : "Just do it"

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 28/04/2022 - 09:47

Dit is ongelukkig 'n feit soos 'n koei, uit dun gaan hulle moet uit dun, en gou ook.

Voor die water punte uit gedun was, was dit glo nie so groot probleem nie,  maar dan weer, ander spesies het weer daar onder swaar getrek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 28/04/2022 - 10:30

Afgesien van die bunny huggers se teenstand teen uitdun, gaan daar ‘n astronomiese koste wees daaraan om 35 000 olifante uit te dun. Die helikopter om die diere eers te verdoof. Al die karkasse moet vervoer word na die tyd en verwerk word. Die ivoor mag nie tans verkoop word nie, so dis net die vleis wat potensiële waarde het. En dis ‘n helse klomp vleis. Daar is ook gerugte dat die ou slagpale by Skukuza nie meer in werkende toestand is nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 28/04/2022 - 18:04

................maar dit is natuurbewaring anders gaan dit uitloop op natuurvernietiging.  Die uitdunning hoef nie in een finansiële jaar gedoen word nie en kan as 'n projek stelselmatig oor 'n klompie jare aangepak word.  Die vleis kan met groot vrug aan die uitgehongerde gemeenskappe rondom die Wildtuin gelewer word.  As die ou slagpale nie meer in 'n werkende toestand is nie, moet dit onmiddellik weer in 'n werkende toestand gebring word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 28/04/2022 - 20:25

Ek stem ook saam met julle. MAAR; onthou dat SANPARKE nie meer befonds word deur die nasionale regering nie. Dit is al hoe meer ‘n tendens dat staatsdepartemente/organisasies selfonderhoudend moet wees.

Korrektiewe dienste het vandag ‘n aanbieding kom gee by ons munisipaliteit. Die Brandvlei gevangenis is ‘n plaas gevangenis (een van vele). Omtrent 10% van die oortreders werk op die plaas, en dis verbasend hoe baie voedsel hulle produseer. Dis meer as wat hulle kan eet, en hulle gee tans die oorskot weg. Maar hulle werk aan ‘n model waar hulle dit kan verkoop sodat hulle selfonderhoudend kan raak. 

Ons munisipaliteit kry 15% van ons begroting van provinsie af (wat dit van nasionaal af kry). Die ander 85% moet ons van ons inwoners verhaal, en 50% van hulle is deernis gevalle wat min tot niks betaal en meestal dienste verniet kry. 

Mense kla maklik oor die openbare instellings, terwyl hulle geen benul het van die uitdagings wat ons het nie. Ons munisipaliteit bestee jaarliks bv tussen R15 miljoen en R20 miljoen net om onwettige vullis storting op te ruim. En dis net vir Worcester, Rawsonville, De Doorns en Touwsrivier. Dit kon na paaie bou of ander dienste voorsien gegaan het. 

Ek sal verbaas wees as SANPARKE dit kan bekostig om die getalle olifante uit te dun wat na aanduidings uit die artikel nodig is. Dis maklik om te sê die slagpale moet onmiddelik herstel word, die vleis kan aan hulp behoewendes gegee word en die projek kan oor ‘n aantal jare versprei word. Dis nie so maklik om dit uit te voer sonder begroting, infrastruktuur en personeel nie. Gestel dit word oor 10 jaar gedoen. Dan is dit 3 500 olifante ‘n jaar. Amper 10 ‘n dag vir 10 jaar. Of  min of meer ‘n teeltrop elke tweede dag, want ‘n hele teeltrop moet op een slag uitgewis word. Verbeel julle die logistieke daaragter. En dan is daar ook nie voorsiening gemaak vir natuurlike aanwas intussen nie…

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 28/04/2022 - 20:51

................ dat 'n gebrek aan staatsfondse 'n struikelblok is, maar waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.  As SANParke die besluit neem dat uitdunning dringend nodig is om 'n katastrofe die hoof te bied, is ek seker baie instansies, maatskappye en individue sal fondse beskikbaar stel om so 'n projek te help finansier.  Die taak en fondse-versoek moet deeglik bemark en gekommunikeer word.

As iemand nog twyfel oor die dringendheid van hierdie saak, kyk gerus na die onderstaande video deur Pierre Naude soos gerapporteer op KNP - The Ecology & Science of Managing a National Park.  (Ek hoop die link werk)

https://www.youtube.com/…

As uitdunning nie moontlik is nie, wat is dan die oplossing ?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 28/04/2022 - 20:54

As mens nie gaan sit en somme doen nie, klink Chris se somme na malligheid, maar dit is tog astranomies as jy dit uit werk😯

Verseker 'n reuse taak, selfs al sou die regering help.

Ek haat "trophy hunting" met 'n passie, maar hierdie klink my dit sal nie net 'n inkomste genereer nie, maar ook die probleem drasties aanspreek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 28/04/2022 - 20:56

Ek kan nie help om te wonder oor die nuwe generasie natuurwetenskaplikes se "oordeelsvermoeë" versus die ouer generasie se besluitnemings t.o.v. wat die beste is vir die bewaring van 'n ekostelsel soos dié van die wildtuin nie. Dit blyk dat die besluite t.o.v. olifantgetalle dalk ondeurdag was. En baie moontlik is dit bykans te laat om die situasie om te keer.

Ek vertrou dat die besluit t.o.v. die sluiting van drinkplekke nie ook op dieselfde gaan uitloop nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 28/04/2022 - 21:02

Ek kom graag terug na 'n punt wat ek voorheen op 'n ander draad geopper het nie. Ek weet mens moet appels met appels vergelyk. Daarom is die vergelyking tussen Kgalagadi en Kruger dalk onvanpas 

Maar ek kan nie help om te vra waarom kunsmatige drinkplekke in Kgalagadi as 'n noodsaaklikheid beskou word en dié in die wikdtuin as 'n euwel beskou word nie. 

Die ou leek wonder maar net.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 28/04/2022 - 21:19

Chris, wonder ek mos 100% saam met jou.

Maar ek kan nie help om te vra waarom kunsmatige drinkplekke in Kgalagadi as 'n noodsaaklikheid beskou word en dié in die wikdtuin as 'n euwel beskou word nie. 

Die ou leek wonder maar net.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 29/04/2022 - 07:45

Weet nie hoe die Olifant getalle en kunsmaatige drinkplekke in dieselfde sin gebruik kan word nie. Olifante kan werklik lang afstande tussen suipings afle, woestyn olifante n voorbeeld. Dit het sekerlik meer te doen met die ander wild en habitat beskerming vir spesifieke diere. Dat Olifante langer in n omgewing sal bly, en n groter inpak op die area het as daar n kunsmatige suiping is, gaan gebeur. Op die manier vergroot die drakrag tov olifante seker, en hulle invloed op areas waar meer net deurbeweeg was, meer. Of hoe.

Wildehont het die situasie netjies uiteengesit. As ek dit reg het, was die laaste olifante in 1994 geoes. Die datum, en wat daana gebeur spreek vanself. Wat vorentoe gaan gebeur, is maar seker net n verlenging wat tans gebeur.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 29/04/2022 - 07:55

.................positief dat 'n besluit geneem sal word om olifante weer uit te dun.  Dit is die mees sinvolle aksie om die probleem aan te spreek, maar die uitvoering van die oplossing is die probleem.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 29/04/2022 - 09:56

.... nee, ek bring nie die twee gevalle in verband nie. Dalk het ek myself verkeerd uitgedruk. Ek probeer maar net uitlig dat die besluite om olifante onbeheerd te laat aanteel (na wetenskaplike besluite daaroor geneem is) en die sluiting van drinkplekke ook deur wetenskaplikes geneem is. Die twee besluite het niks met mekaar te doen nie. Maar dit blyk dat die besluit t.o.v. olifante nou begin te "backfire" wat enorme insette gaan vereis om reg te stel.

Ek vrees net die dag wanneer die besluit oor drinkplekke ook dalk gaan "backfire" - wat nét sulke enorme insette gaan vereis om dit om te keer. Damme is gebreek, windpompe en solarpompe is afgebreek, reservoirs is toegelaat om agteruit te gaan en, en, en. 

Verder vra ek maar net die vraag t.o.v. die suipings in Kgalagadi en die wildtuin. Beide is ook menslike ingryping. In een geval word die menslike ingryping grootliks ongedaan gemaak. In die ander geval word meriete in die menslike ingryping gevind. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus