Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -15 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -23 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -23 hours ago

Oktober 2022 groet en koffie

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiemôre Almal.  Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!

Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai  voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..smiley

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 25/10/2022 - 06:15

Goeiemôre!    Geniet julle dag.

Hier by ons het darem ordentlike reën geval gister.  Nou voel die wêreld weer skoon en die muskiete hou partytjie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/10/2022 - 07:34

Môre vriende

Ons het ook ons eerste reën gekry. Saterdag namiddag 2mm en gisteraand donderstorm, 21mm.

 

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Tue, 25/10/2022 - 09:58

Dagsê hier uit Klerksdorp aan almal - oud en jonk!! Ja- ons is darem nog in die lewe, maar effe stillerig hier tussen die kampeerders van formaat!!

Ons het darem ook so paar buie gehad sedert die 17de Oktober, met die meeste op Sondag toe ons 65mm in net meer as 2 en half uur gehad het. Sedert die 17de staan ons nou op 114mm.

Groete aan almal wat gegroet wil wees!

Frans

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/10/2022 - 11:04

Middag, sjoe julle is omtrent gelukkig met die baie reën. 

Moenie so stil wees nie, ons jonges leer graag van die ervare kampeerders.  

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 25/10/2022 - 14:33

... "jonges"  sê 'n pensioenaris.laugh

LOL 😉😂😂

Ons staan nou eers op 23mm vir Okt. 2022, 2021 was dit 58mm en 2020 'n gawe 120mm.  Hoop die voorspelling hou stuk by woord vir die res van Okt.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 26/10/2022 - 06:27

Goeiemôre kampforum!   Geniet die dag.

Jnr's se krieket het nou geskuif van Saterdae na Woensdag aande 18:00 -  'n lekker kuiertjie in koeler klimaat.    

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/10/2022 - 05:50

Môre Kampforum lede, na twee dae van kwaai hitte is dit darem weer heerlik bewolk hier vandagyes

Ek moet nou Sandton toe vir my international drivers permit, wil dit graag nou doen voor diesel weer met meer 'n rand per liter styg Woensdag.

Al word my Suid Afrikaanse lisensie in Australia herken, verwag die versekering dit in geval van 'n ongeluk.

Geniet die dag en wees veilig.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/10/2022 - 05:56

....met reën op die dak.

Môre vriende, geniet julle dag.

Johann: Ek vertrou jy gaan veilig reis Sandton toe en terug, moontlik in die reën ry.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/10/2022 - 06:19

Môre Wessel, ja ek glo dit gaan nat wees, maar ek geniet die koeler temperature alhoewel ek is maar skrikerig vir daai verkeer. Ek hoop maar die krag gaan nie die verkeer ontwrig as ek daar is niefrown

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 27/10/2022 - 13:41

Dag-sê vriende !

Ek vertrou dat julle daar in die noorde van Suid-Afrika lekker baie reën kry want daarom verdra ons Kapenaars maar die erge Suidooster wat hier by ons waai dat dit klap.  Dit werk mos so, as die wind hierdie tyd van die jaar hier kwaai waai, kry julle lekker reën.

Ek aanvaar julle sit binneshuis om nie nat te word nie en ons sit binneshuis om nie weggewaai te word nie.

Dis in hierdie tye wat 'n binnebraai onontbeerlik is !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 27/10/2022 - 18:31

Dit lyk my ons groot reën kom eers volgende week so laat die Suidooster maar nog waai.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus