Goeiemôre Almal. Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!
Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..![]()
Goeie môre hier van uit…
Goeie môre hier van uit Vaalpark, op die oewer van die Vaal rivier. Vandag gaan 'n warm son skyn dag wees.
Goeiemôre! Geniet julle…
Goeiemôre! Geniet julle dag.
Hier by ons het darem ordentlike reën geval gister. Nou voel die wêreld weer skoon en die muskiete hou partytjie.
👋🏻 Dag sê, geniet jou ☕🫖 ...
Tweede nag wat ons reën gekry het, hierdie keer 12mm 🌧, gister oggend 10mm 🌧 gemeet. 👏🙏
Julle moet die dag gehiet.
Brits is nat
Môre vriende
Ons het ook ons eerste reën gekry. Saterdag namiddag 2mm en gisteraand donderstorm, 21mm.
Vanaf die BAAI
More hier uit n nat PE deur die nag n donderstorm gekry
Geniet die dag
Dagsê
Dagsê hier uit Klerksdorp aan almal - oud en jonk!! Ja- ons is darem nog in die lewe, maar effe stillerig hier tussen die kampeerders van formaat!!
Ons het darem ook so paar buie gehad sedert die 17de Oktober, met die meeste op Sondag toe ons 65mm in net meer as 2 en half uur gehad het. Sedert die 17de staan ons nou op 114mm.
Groete aan almal wat gegroet wil wees!
Frans
Let wel ...
ons jonges leer graag
... "jonges" sê 'n pensioenaris.![]()
... "jonges" sê 'n…
... "jonges" sê 'n pensioenaris.
LOL 😉😂😂
Ons staan nou eers op 23mm vir Okt. 2022, 2021 was dit 58mm en 2020 'n gawe 120mm. Hoop die voorspelling hou stuk by woord vir die res van Okt.
Goeiemôre kampforum! …
Goeiemôre kampforum! Geniet die dag.
Jnr's se krieket het nou geskuif van Saterdae na Woensdag aande 18:00 - 'n lekker kuiertjie in koeler klimaat.
Lekker warm kraglose dag vir…
Lekker warm kraglose dag vir ons.
Krag het nou net aangekom. jip jip
Môre Kampforum lede, na twee…
Môre Kampforum lede, na twee dae van kwaai hitte is dit darem weer heerlik bewolk hier vandag![]()
Ek moet nou Sandton toe vir my international drivers permit, wil dit graag nou doen voor diesel weer met meer 'n rand per liter styg Woensdag.
Al word my Suid Afrikaanse lisensie in Australia herken, verwag die versekering dit in geval van 'n ongeluk.
Geniet die dag en wees veilig.
Wakker geword...
....met reën op die dak.
Môre vriende, geniet julle dag.
Johann: Ek vertrou jy gaan veilig reis Sandton toe en terug, moontlik in die reën ry.
Môre Wessel, ja ek glo dit…
Môre Wessel, ja ek glo dit gaan nat wees, maar ek geniet die koeler temperature alhoewel ek is maar skrikerig vir daai verkeer. Ek hoop maar die krag gaan nie die verkeer ontwrig as ek daar is nie![]()
👋🏻 Dag sê, geniet jou ☕🫖 ...
Reën lekker hier in Daspoort. 🌧
Veilig ry Johann.
Geniet jou dag voluit.
DS
Dag-sê vriende !
Ek vertrou dat julle daar in die noorde van Suid-Afrika lekker baie reën kry want daarom verdra ons Kapenaars maar die erge Suidooster wat hier by ons waai dat dit klap. Dit werk mos so, as die wind hierdie tyd van die jaar hier kwaai waai, kry julle lekker reën.
Ek aanvaar julle sit binneshuis om nie nat te word nie en ons sit binneshuis om nie weggewaai te word nie.
Dis in hierdie tye wat 'n binnebraai onontbeerlik is !






More forum
More almal dankie Hennie vir die lekke gesels