Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -3 hours ago

WilSur se 2011 Exclusive Kamera

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek gaan die draad begin en baie van die ander forum se inligting van my draad daar oor bring.

Hier is die inligting van die een wat ek opgesit het.

Ek het ‘n fout gemaak en gedink die wireless sal goed werk maar in en om die stede is daar te veel storings toe haal ek die transmitter uit en koppel die kamera regstreeks na die monitor toe en daar is al my probleme opgelos. Ek het die 7” skerm gevat want ek wil nie sukkel om te sien nie. Ek het ook die spaar draad op die plug gebruik vir krag na agter vir die karavaan se kamera. Ek sal graag 'n 2de kamera wil opsit wat vêrder kan sien (met so 60-90° hoek) Die koppelings wat ek gebruik is die gewone RCA koppelings, ek het 'n 10m RCA draad gekoop (twin) dikkerig en hulle van mekaar los getrek, een van die kamera tot voor en dan een van agter die kar tor voor by die monitor.

Ek het met Nicole gedeel rearviewcam@gmail.com 

R282.00 Slimline low lux day/night car camera Can be used for any of the LCDs for rearview or normal view
R694.00 7" LCD 
R100.00 vir 10m RCA draad wat ek gesplit het een onder die karavaan en een vir die kar.

TOP CCTV - Security & Surveillance 
No.2, Builder's Warehouse Centre, 
Nobel Street, The Interchange, 
Somerset West, 
Cape Town. 
Tel: 021-851 0353, 021-852 6680, 083-691 3188 
Fax: 021-852 6680 
Email: sales@topcctv.co.za 
Website: www.topcctv.co.za

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 09/07/2019 - 07:44

Ja beslis die beste een, werk lekker op die oop pad, die wye hoek een is nog in gebruik sou die ander een iets oorkom.  Hy is ook lekker om terug te stoot.

0
Pretoria

Geert

Thu, 22/12/2022 - 07:00

Ek wil moontlik my rearview kamera installeer daar waar die rooi kol is.....hoe sal julle dit vasmaak? Of is daar ander voorstel waar julle dit sou monteer?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/12/2022 - 08:34

... is laag op my wa gemonteer - min of meer die hoogte van die wa se agterligte. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 22/12/2022 - 09:04

Geert, kan jy hom nie eerder so vas sit nie ?  Dan het jy nie nodig om gate in die dak te maak nie.

.

Hy hak net daar vas.

.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/12/2022 - 09:44

..............permanent gemonteer onder die raam van my lugversorger op die stert van my Exclusive.  Geen drade is sigbaar nie en loop onderdeur die wa tot voor by die A-raam.  Ek het eers my kamera heel onder by die geel "reflective"-strook gehad, maar die beeld was nie duidelik nie.  Waar hy nou is op die aircon se raam is dit min of meer net bo die hoogte van die nommerplaat en die beeld is nou perfek.

.

Voorheen hier gemonteer, maar die beeld was swak :-

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/12/2022 - 09:49

Wat die koppeling na die sleepvoertuig betref, het ek 'n gewone, tweede krag-koppeling-sok gebruik.

.

0
Pretoria

Geert

Thu, 22/12/2022 - 13:28

Dankie vir almal se idees. Ek hou van Willem se idee om nie gate in karavaan te maak nie. Ek gaan ChrisB se roete volg en die draadlose weergawe probeer. Dis miskien idee om nommerplaat hoogte te installeer en dan 12v vanaf nommerplaat liggie te trek....sal dan met ligte aan moet ry. Alternatief kan ek vanaf mover battery trek.

Weet iemand hoeveel krag so n draadlose kamera trek? ....hoe lank sal hy op n 7amp hekmotor battery kan werk?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/12/2022 - 13:34

My kamera trek sy krag vanaf die battery wat my movers en karavaanligte van krag voorsien.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 22/12/2022 - 17:43

Kamera se drade...........volg dieselfde roete van onder die wa as die nommerplaat lig. Sien geen drade nie en geen gate geboor nie.Kamera

0
Pretoria

Geert

Wed, 28/12/2022 - 10:40

Ek het die naweek ook vir Willem gewys wat my probleem is om kamera by nommerplaat te installeer....omdat hy wireless is, het hy antenna agter wat in pad is as mens vertikaal wil installeer. 

Willem, ek het kamera gister vir 12 ure op 7amp battery gesit....daarna battery op charger gesit. Battery was binne paar minute weer vol gelaai gewees. Soos jy gesê het....hy gebruik bittermin krag. 

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 28/12/2022 - 11:49

👍🏻 So gedink.

Ek het weer gedink, miskien moet jy eerder die kamera agter op daai strips sitmet 'n 90° bracket waar die kamera bo op hom monteer dan is hy oop agter vir die antena.  Die rede dink ek sal beter wees want dan is daar 'n dwars balk waar teen die kamera heg en is hy nie net op die dun body vas nie.  M.w. dis 'n "L" teen die karavaan en dan die "U" van die kamera bo op hom. 

Jy wil hom seker op hê as julle see toe gaan ?

0
Pretoria

Geert

Wed, 28/12/2022 - 14:27

Ek het kamera nou onder by onderstel gehou en lyk heel okay, maar voel dit mag te laag wees. Ek het sommer op facebook gevra hoe lyk ander se idees.....miskien kom daar iets nuuts op

0
Pretoria

Geert

Wed, 28/12/2022 - 21:17

Willem, ek het kamera toe aan dak vasgemaak. Met dit kon ek ekstra bracket agter vasmaak en met bolt & nuts vasmaak. Sou gate lek, maak dit nie saak nie want dis bo op karavaan waar dit geen skade kan maak nie. Drade gaan deur skirting opening na 7amp battery op pelmet

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 29/12/2022 - 09:19

..............net werk by 'n oplig-dak se oorhang.

Geert, hoe word die battery gelaai  -  moet jy dit afhaal van die gordynkap om gelaai te word ?

Die kamera-plasing behoort vir jou 'n perfekte beeld te gee.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus