Ek gaan die draad begin en baie van die ander forum se inligting van my draad daar oor bring.
Hier is die inligting van die een wat ek opgesit het.
Ek het ‘n fout gemaak en gedink die wireless sal goed werk maar in en om die stede is daar te veel storings toe haal ek die transmitter uit en koppel die kamera regstreeks na die monitor toe en daar is al my probleme opgelos. Ek het die 7” skerm gevat want ek wil nie sukkel om te sien nie. Ek het ook die spaar draad op die plug gebruik vir krag na agter vir die karavaan se kamera. Ek sal graag 'n 2de kamera wil opsit wat vêrder kan sien (met so 60-90° hoek) Die koppelings wat ek gebruik is die gewone RCA koppelings, ek het 'n 10m RCA draad gekoop (twin) dikkerig en hulle van mekaar los getrek, een van die kamera tot voor en dan een van agter die kar tor voor by die monitor.
Ek het met Nicole gedeel rearviewcam@gmail.com
R282.00 Slimline low lux day/night car camera Can be used for any of the LCDs for rearview or normal view
R694.00 7" LCD
R100.00 vir 10m RCA draad wat ek gesplit het een onder die karavaan en een vir die kar.
TOP CCTV - Security & Surveillance
No.2, Builder's Warehouse Centre,
Nobel Street, The Interchange,
Somerset West,
Cape Town.
Tel: 021-851 0353, 021-852 6680, 083-691 3188
Fax: 021-852 6680
Email: sales@topcctv.co.za
Website: www.topcctv.co.za
Ja beslis die beste een,…
Ja beslis die beste een, werk lekker op die oop pad, die wye hoek een is nog in gebruik sou die ander een iets oorkom. Hy is ook lekker om terug te stoot.
Dankie Willem. Noel, jou…
Dankie Willem.
Noel, jou instalering is ook baie netjies gedoen, selfs die movers, wat jy ook self ingesit het.
Kamera ...
Geert, kan jy hom nie eerder so vas sit nie ? Dan het jy nie nodig om gate in die dak te maak nie.

Hy hak net daar vas.

Myne is langs my nommerplaat…
Myne is langs my nommerplaat lig. Werk goed vir my en kan vêr agter my sien. Sien geen drade nie.
My kamera is...............
..............permanent gemonteer onder die raam van my lugversorger op die stert van my Exclusive. Geen drade is sigbaar nie en loop onderdeur die wa tot voor by die A-raam. Ek het eers my kamera heel onder by die geel "reflective"-strook gehad, maar die beeld was nie duidelik nie. Waar hy nou is op die aircon se raam is dit min of meer net bo die hoogte van die nommerplaat en die beeld is nou perfek.
Voorheen hier gemonteer, maar die beeld was swak :-
Draadloos
Dankie vir almal se idees. Ek hou van Willem se idee om nie gate in karavaan te maak nie. Ek gaan ChrisB se roete volg en die draadlose weergawe probeer. Dis miskien idee om nommerplaat hoogte te installeer en dan 12v vanaf nommerplaat liggie te trek....sal dan met ligte aan moet ry. Alternatief kan ek vanaf mover battery trek.
Weet iemand hoeveel krag so n draadlose kamera trek? ....hoe lank sal hy op n 7amp hekmotor battery kan werk?
Kamera se drade…
Kamera se drade...........volg dieselfde roete van onder die wa as die nommerplaat lig. Sien geen drade nie en geen gate geboor nie.
7amp battery
Ek het die naweek ook vir Willem gewys wat my probleem is om kamera by nommerplaat te installeer....omdat hy wireless is, het hy antenna agter wat in pad is as mens vertikaal wil installeer.
Willem, ek het kamera gister vir 12 ure op 7amp battery gesit....daarna battery op charger gesit. Battery was binne paar minute weer vol gelaai gewees. Soos jy gesê het....hy gebruik bittermin krag.
Geert se kamera ...
👍🏻 So gedink.
Ek het weer gedink, miskien moet jy eerder die kamera agter op daai strips sitmet 'n 90° bracket waar die kamera bo op hom monteer dan is hy oop agter vir die antena. Die rede dink ek sal beter wees want dan is daar 'n dwars balk waar teen die kamera heg en is hy nie net op die dun body vas nie. M.w. dis 'n "L" teen die karavaan en dan die "U" van die kamera bo op hom.
Jy wil hom seker op hê as julle see toe gaan ?
Weet nou nie
Ek het kamera nou onder by onderstel gehou en lyk heel okay, maar voel dit mag te laag wees. Ek het sommer op facebook gevra hoe lyk ander se idees.....miskien kom daar iets nuuts op
Teen dak vasgemaak
Willem, ek het kamera toe aan dak vasgemaak. Met dit kon ek ekstra bracket agter vasmaak en met bolt & nuts vasmaak. Sou gate lek, maak dit nie saak nie want dis bo op karavaan waar dit geen skade kan maak nie. Drade gaan deur skirting opening na 7amp battery op pelmet
Geert se kamera ...
Klink goed. 👍🏻
Sal jy fot's plaas dat ek mooi kan sien asb.
Dit kan natuurlik..............
..............net werk by 'n oplig-dak se oorhang.
Geert, hoe word die battery gelaai - moet jy dit afhaal van die gordynkap om gelaai te word ?
Die kamera-plasing behoort vir jou 'n perfekte beeld te gee.





En Willem, hoe werk die…
En Willem, hoe werk die laaste kamera toe, is hy die beste van almal?