Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rock view lodge ??? Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 minutes ago
Nat Kalahari Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 minutes ago
Baie dankie almal... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -3 hours ago
Goeie nuus Rona Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Prado 4l v6

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê, het die 2003 model Prado 4l v6 van my dogter gekoop. Sy wou inruil op VW en inruil geoffer was R30k onder boekinruilwaarde en R45k onder handelaars retail.

Pragtige voertuig, kilos 280 000km, dalk hoog, maar loop soos n horlosie. Ek het R115k betaal en sal vir dieselfde laat gaan. Of ek hou dit vir dalk eendag Kunene mond toe ry.

Prado

Prado

Prado

Prado

Vaalpark

Johann L

Fri, 16/12/2022 - 08:38

More Chris, soos ek dit vertsaan, is die kolletjies aan weerskante van "D" en "4" sê vir my die een bedoel "D" en die een aan die regter kant beteken auto in sport mode,  met 5de uit gesluit?

As ek vergelyk met my kar, is dit hoe dit werk, met die verskil dat ek kan met hefboom op en af kies tot 4de.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/12/2022 - 06:56

Môre Chris S

Jou opmerking onder die gesprek, "Hakaf by Dwarswegstrand" verdien reaksie.

Jy is nou weer besig om allerhande sensuele idees in my kop aan te wakker. Ek het amper vrede gemaak met Grompie en nou plant jy weer Prado saadjies. 

Ek word tog so maklik in versoeking gelei, die verlokking van Wes Kaap verhuising spook ook nog by my. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 29/12/2022 - 07:57

Dit hang natuurlik af hoe ver mens ry elke jaar, maar die ekstra uitgawe aan brandstof kan jou lus maklik blus. ‘n Ekstra voertuig kos ook ekstra versekering en registrasie. Ek is besig om lief te raak vir die Prado, maar is nog nie reg om te besluit watter een om te hou nie. Oor net meer as drie maande ry ons Kgalagadi toe, en ek vermoed die Prado se vertoning in die sand mag die deurslag gee. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 10/01/2023 - 16:12

Ek voel al skuldig dat die ou kar wat ek gekoop het so baie inbraak maak op ander, meer interessante gesprekslyne. Dus kom ek maar weer hierheen. 
 

Ek het gelees dat indien een van die vensters nie meer wil werk van die knoppie op die bestuurder se deur nie, dit reset kan word deur dit by die betrokke deur se knoppie halfpad oop te maak, dan al die pad toe en die knoppie ‘n paar sekondes in te hou. Die voorste passasier venster in myne wil nie lekker werk met sy knoppie op die bestuurder se deur nie, so ek moet dit nog probeer. Dis moontlik dat dit gebeur het na ek die battery ontkoppel het om ‘n koplig gloeilamp te vervang voor ek dit deur die toets gesit het. 
 

‘n Ander interessante ding van die Prado, is dat dit nie ‘n alarm het wat jou waarsku dat jy die ligte aan vergeet het nie. Ek het eers gedink myne se alarm het gebreek, toe lees ek dat die ligte eenvoudig afskakel as jy dit aan los en die sleutel uittrek na jy die enjin afgeskakel het. As jy dan weer aansluit skakel hulle aan. Jy kan dus basies die ligte maar net permanent aan los, sonder dat die battery pap word. As jy die parkeer ligte wil aanskakel, moet jy eers die ligte afskakel voor of na die kar afgeskakel is en dit dan weer aanskakel. 
 

Nog ‘n handige ding, is dat daar net ‘n liggie flikker as die voorste sitplek/ke se gordel/s nie vas is nie. Daar is geen gebiep nie. Dit gaan lekker werk in Kgalagadi en die Kruger wildtuin. 
 

‘n Laaste woord oor vastrapbeheer. Die ouens op die Aussie forum reken dit werk heel goed - selfs 95% so goed as ewenaarslotte. Hulle reken die modelle wat ‘n limited slip diff gehad het se LSD is taamlik nutteloos. Hulle woorde was dat Toyota se LSD useless is, maar die vastrapbeheer baie goed is. Ek moet sê, my Everest se LSD is ook maar power.
 

Verder sê hulle dat hulle nog nooit gehoor het van vastrapbeheer op ‘n Prado wat onklaar geraak het nie, maar dat LSD wat faal op die Prados wat dit het taamlik algemeen is. Interessant genoeg is die 3l diesel turbo baie meer gewild en algemeen in Australië as hier. Hier is die petrol baie meer gewild. Ek ken iemand wat ‘n diesel gehad het, en dit was baie lui. Ek kan dit glo, want die kar weeg droog 2 035kg. Ek glo in die 150 reeks is die diesels meer gewild. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 12/01/2023 - 13:11

Ek het die Prado vir ‘n inspeksie gevat van die remme, aandrywing (dryfaste, CV’s) en vering. Die spiraalvere het al bietjie gesak, maar ‘n volle Old Man Emu stel vere en skokbrekers kos R30 000! Verder is alles reg, net die busse van die control arms moet vervang word. Die koste daarvan is R4 441,36

Volgende moet die ander meganiese goed op my lys nagegaan word, dan is die Prado gereed vir Kgalagadi. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/01/2023 - 15:47

Middag Chris

Vind bietjie uit, daar is dalk spesialiste op dorp, of Kaap omgewing wat spiraal vere kan vervaardig. Dit gaan jou moontlik baie goedkoper kos as OME stelsel. 

Vier nuwe skokbrekers mag natuurlik ook help.

Met daardie kilometers het die "busse" goeie diens gegee. Ek vermoed jy voel al baie beter oor jou aankoop.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 12/01/2023 - 17:53

Wat jy dalk kan oorweeg vir voorkomende onderhoud.

Die "voorselle" het ek by N1 4x4 gekry waar komponente aangekoop is vir handrem wat effe treurig was teen baie styl hellings. Terloops, blykbaar moet jy nooit die "Park" as handrem gebruik nie, sal glo ratkas skade doen.

Die remvloeistof is vervang. Nie n duur prosedure nie, maar die manne by N1 noem dat effe vuil remvloeistof die sensors in die sisteem beinvloed en dan werk die abs, hdc, vsc en wat ook al nie lekker nie. Verder sal die vuil vloeistof ook die Abs eenheid se komponente beskadig. Om die eenheid te vervang is nie n goedkoop nie.

Dan het ek ook die automatiese ratkas olie als utgepomp en met nuut vervang. nogals ingewikkeld om die hele sisteem, saam die olieverkoeler deeglik te doen. Nie vir die wat wiele opjack om te kyk of die traction  werk nie! Maar dit is net so belangrik vir die ratkas se onderhoud en gladde werkverrrigting. Na die ruil van die olie was daar n merkbare smoothness in die ratwisseling, kon dit skaars waarneem. Die olie is nogal duur, ek onthou ongeveer 12l nodig om dit mooi skoon te kry.

Die "radiator" is vervang. Gegewe die ouderdom van die voertuig, en daar was 2 pienk vlekkies, het ek dit vir gemoesrus vervang. Die hoof waterpype is ook vervang. Aanvanklik wou ek al die rubber pype vervang, het almal bestel. maar sommiges is nie toeganklik sonder om n magdom goed onnodig af te haal nie. Daar is n hele klomp pype in die enjin!

Die ewenaars en oordragratkas olies is vervang.

Ek het net genuine Toyota olies, verkoelervloeistof en pype gebruik, dit is n moet. Die verkoelerwater is hiper belangrik omrede van die aluminium silinderkoppe. Dit is pienk in kleur, en kom in n toyota kannetjie.

Die filters is vervang, petrol, lug olie. Die vonkproppe het ek laat ruil by agente, die het spesiale gereedskap en kundigheid nodig.

As ek reg onthou was die totaal spandeer op die sowatR30k+ Die controll arm buste is ook vervang.

 Soos destyds genoem. Wat my koue voete gegee het, is toe my buurman sy 2de v6 verkoop,  Hy noem dat albei het op nagenoeg 280k km silinderkoppe gekraak. Die herstelwek kostes is oor die R100k. My Prado het presies op 280k gestaan!

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 12/01/2023 - 18:45

Ek is nou nie 'n Toyota aanhanger nie maar as ek nou ietsanders moet koop sal ek dalk kyk na die Fortuner 🤷🏼‍♂️ 🤫.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/01/2023 - 19:14

Naand Willem

Bedoel jy enige Fortuner of slegs die 4l V6??

Jy sal moet gou spring, ek het so 'n vermoede dat die lekker ou groot petrol masjiene uitsterf. Kry nou ene met lae kilo's en jou kop is deur vir 'n lang ruk.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 12/01/2023 - 19:40

Soos ek op ander gesprekke al gesê het hou ek meer van petrol as diesel en dit is volgens my die enigste SUV met 'n redelikke petrol masjien.

Maar dit is eers wanneer die ST sy asem uitblaas en ek hom nie meer kan help nie.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 13/01/2023 - 06:40

Terwyl Propshaft & CV Services (wat die deeglike inspeksie vir R200 gedoen het, wat wielsporing na die tyd insluit) besig was het ek na Toyota oorkant die pad gestap en ‘n kwotasie vir vere aangevra. Die vrou wat my gehelp het sê toe dit gaan duur wees, en gee my haar man se kaartjie. Hy doen allerhande 4x4 installasies. Ek sal kwotasies inwin en besluit, maar OME gaan dit nie wees nie. Dis totaal oorbodig. Die skokbrekers is almal kurkdroog buite, dis net die vere wat bietjie pap is. Lugsakke agter kos terloops R13 000. Ook te veel. En ja, ek voel tevrede met my aankoop. Hoe meer ek oplees en video’s kyk op YouTube en met mense praat, hoe duideliker raak dit dat die voertuie kanniedoods is. En die een lyk of dit goed versorg is.

Ek het min of meer dieselfde lysie as Oom Neef van voorkomende onderhoud. Myne se verkoeler is een of ander tyd vervang. Geen pienk merkies nie, en nog redelik blink en skoon. Al die regte vloeistowwe is gebruik want dis deur agente gediens die meerderheid van die dienste, insluitende die laaste twee.  

Die busse moet vervang word op die beheer arms en stabiliseer staaf - gister se inspeksie het dit bevestig. Ek wil ook die ratkas en ewenaars laat spoel met nuwe olie. Die enjin se oliebak afhaal en kyk of die olie pickup skoon is. Die rubberpyp wat die agterste brandstoftenk voer nagaan. Die petrol maak dit hard oor tyd en dit kan kraak. Die pulleys voor op die enjin vervang met egte Toyota onderdele. Die petrolenjin se toere is twee keer soveel as ‘n diesel, so hulle het nou al baie gedraai. Die waterpomp, alternator en starter nagaan en vervang indien nodig. Pieter-Steph het gesê hy het al gesukkel met die aansitter, en daaraan laat werk. Dit het my ook al ‘n paar keer laat twyfel. Ek het ook geraam dat ek so R30k gaan spandeer, maar daarna gaan ek gemoedsrus hê, en heerlik toer. 

0
Irene

Grootwind

Fri, 13/01/2023 - 08:06

Terwyl jy in alle geval alles nagaan doen jouself 'n groot guns en laat van die olie tans in die enjin analiseer by een van die olie analise firmas. Dit gee vir jou 'n baie goeie aanduiding van verhoogde slytasie agv onderdele soos laers wat op pad uit is. As dit skoon is behoort jy OK te wees. Te oordeel aan twee hoë km (ca. 400 000km) Camry's in die familie is Toyota's wat al 'n paar keer om die blok is geneig om probleme te begin gee met verkoeler wat skielik meegee, CV's asook oliepomp wat ingee. CV's het jy reeds laat nagaan en is maklik om te inspekteer, verkoeler ook. Oliepomp en ander enjin meganiese goed sal die olie analise vinnig verifieer. Hou ook in gedagte dat 4x4 voertuie oor die algemeen maar ook erens in hulle lewe effe misbruik word deur mense wat in sand en so aan wil speel (dis nou behalwe die wat regtig deur ou tannies gebruik was om Sondae kerk toe te gaan!). Sterkte, en geniet daai duur volmaak (ons oud-Territory manne ken daai ene!)

0
Worcester

Wildehont

Fri, 13/01/2023 - 08:37

Dankie vir die wenk oor olie analise. Ek gaan uitvind waar ek dit kan laat doen. Die voertuig was ‘n plaasboer naby Riebeeck Kasteel s’n so het seker heelwat grondpaaie gery. Ek kan egter sien dit het getoer en dalk 4x4 gery ook. Daar is ‘n National Luna smart solenoid en plek vir die tweede battery wat dit gelaai het, asook ‘n BH prop agter in die “kattebak” wat krag van die tweede battery af bring. Dis hoe ek weet dit het getoer. Die enigste teken van 4x4 is skade aan ‘n roostertjie oor ‘n luggat op die maagplaat wat oa die oliebak beskerm. Dit kon wel op die plaas deur ‘n tak of klip veroorsaak gewees het ook.

In teendeel met wat baie mense dink is die Prado nie so wilde 4x4 nie. Die running boards aan die kante vat baie grondvryhoogte weg, en die gebrek aan ewenaarslotte word nie heeltemal voor opgemaak deur vastrapbeheer nie. Ek het geen probleem daarmee nie. Ek gaan nie hindernisse aandurf nie, ek wil net nie in sand vassit in Botswana nie. 
 

Wat die probleem met die head gasket wat blaas rondom 200 000km betref wat Oom Neef afgeskrik het; dit was ‘n swak onderdeel wat van 2006 af vervang is en die probleem opgelos het. Die pre-2006 modelle het ook ‘n geneigdheid gehad dat die dash gekraak het. 
 

Die duur volmaak moet ek maar mee vrede maak. Die 2de tenk is tans driekwart. Ek is half lus om nou vol te maak sodat dit nie so duur is as wanneer die tenk ook leeg is nie, maar dan sit ek met ou brandstof teen die tyd wat ons weer gaan toer einde Maart. Twee en ‘n half maande is seker darem nie regtig oud nie, ek stel eintlik net die onafwendbare uit.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 13/01/2023 - 09:18

Maat van My het die d4d 3 Diesel Prado. het dit gechip en getune want hy het gesukkel met sy boswa se sleep van die pad af, sand en off-road , so groterige boswa. Op n onlangse toer deur Namibie se duine was sy diesel verbruik so by 4km/l Hy noem van n man met n v6 wat ook waentjie deur die duine gesleep het, se verbruik was net so bokant die 2km/l. Eish....

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 13/01/2023 - 09:26

2km/l. Eish....

 Klink vir my hier gaan dit oor spog wie die meeste geld vir brandstof het?

0
Worcester

Wildehont

Fri, 13/01/2023 - 11:50

man met n v6 wat ook waentjie deur die duine gesleep het, se verbruik was net so bokant die 2km/l

Deur die duine sleep kan ek dit goed glo. Gelukkig het die Prado 180l aan boord as dit vol is, so hy sou darem amper 400km kon ry.
 

Ek glo ek sal my gemiddelde verbruik net-net noord van 5km/l kan hou, want ek gaan nie duine toe nie. Die naaste wat ons daaraan mag kom is om eendag Mabuasehube toe te gaan, en dis darem net so paar lae duine wat mens hoef oor te steek.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/01/2023 - 14:58

Middag Chris S

Terwyl jy nou daai spogwa laat oorbou en vernuwe, kyk tog na die spasie tussen die verkoelers. Ek het na 8 jaar dit laat skoonmaak van allerhande sade, stof en derglike aanpaksel. 

Sodoende gaan jy baie beter lugvloei kry deur beide verkoelers.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/01/2023 - 15:04

Middag Herman en ander lesers

Onthou net, sommige mense se "groterige boswaens" kan dalk 'n Ventertjie wees.laugh

Nagedagte; as ek nou lekker weggetrek het met my Territory, sonder woonwa, het ek ook so 2km/l gehaal. Daai stasiewa kon sy litte roer by 'n verkeerslig. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 13/01/2023 - 22:59

kyk tog na die spasie tussen die verkoelers. Ek het na 8 jaar dit laat skoonmaak van allerhande sade, stof en derglike aanpaksel. 

Daar sit ‘n paar gras sade, maar dit belemmer darem nie lugvloei nie. Ek wil dit egter verwyder, moet net uitwerk hoe. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/01/2023 - 05:42

Môre Chris S

Die maklikste en die veiligste is seker maar om een van die verkoelers te verwyder en dan met water of druklug skoon te spuit. Dit is hoe my werktuigkundige dit gedoen het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus