Dagsê, het die 2003 model Prado 4l v6 van my dogter gekoop. Sy wou inruil op VW en inruil geoffer was R30k onder boekinruilwaarde en R45k onder handelaars retail.
Pragtige voertuig, kilos 280 000km, dalk hoog, maar loop soos n horlosie. Ek het R115k betaal en sal vir dieselfde laat gaan. Of ek hou dit vir dalk eendag Kunene mond toe ry.




Pierre Nolte
Nee Mnr Boucher, dis toevallig dat hy dieselfde naam en van as die sanger Valiant Swart het. Ek ken toevallig vir lg, en dit was vir my nogal snaaks toe iemand my na die plaaslike Pierre Nolte verwys het.
Min ouens ...
.... wat seker twee Pierre Nolte's persoonlik ken.
Die nuwe Prado - voorskou
In hierdie artikel word gespekuleer dat die nuwe Prado soos die nuwe Lexus gaan lyk. Dit lyk vir my meer soos die nuwe Landrover Defender. Bra lelik.






Spoel
My Prado is gevorder in jare. Ek wil nie die enjin laat spoel nie, maar die ratkas en diffs. Dit mag dalk oorbodig wees, maar dan weet ek daar is skoon olie in. Die oliebak se pickup wil ek laat nagaan. Ek glo dit gaan skoon wees, want daar is nie aanpaksels in die vuller pyp nie. Maar as ek weet dis skoon dan gaan dit skoon bly omdat ek gereeld die olie gaan vervang. Ek het maar op die internet gekyk waarvoor moet mens uitkyk op die petrol Prado 120, en laat dit alles nagaan.