Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Prado 4l v6

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê, het die 2003 model Prado 4l v6 van my dogter gekoop. Sy wou inruil op VW en inruil geoffer was R30k onder boekinruilwaarde en R45k onder handelaars retail.

Pragtige voertuig, kilos 280 000km, dalk hoog, maar loop soos n horlosie. Ek het R115k betaal en sal vir dieselfde laat gaan. Of ek hou dit vir dalk eendag Kunene mond toe ry.

Prado

Prado

Prado

Prado

Worcester

Wildehont

Tue, 13/12/2022 - 06:36

Dankie vir die goeie insette Wessel. My makelaar het bevestig dat die Ford se waarde tans R140k is, en die Prado R229 400. Beide met die km afgelê en jaarmodel in ag geneem. Die Prado was dus ‘n winskoop. 
 

Ek is dit eens dat die Prado ‘n ver beter 4x4 is. Kgalagadi sal die deurslag bied in April. Ek moet net die Prado se veronderstelde betroubaarheid bevestig deur gebruik. En uitvind presies hoe swaar sy brandstofverbruik is met my bestuur styl. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 13/12/2022 - 15:01

Gelukkig was daar nog 50l in die een tenk. 
 

A

Ek het sommer by die plaaslike Toyota handelaar volgemaak en gaan vra na die voertuig se geskiedenis. Daar is nog geen groot werk gedoen nie. Dis of ‘n teken van betroubaarheid of dat iets groots een of ander tyd gaan kom. Nou moet ek gaan regmaak vir Dwarswegstrand môre. Darem vanoggend die kar deur die toets gesit en geregistreer. Interessant genoeg moes hulle dit op die pad toets. Hulle masjiene verstaan nie permanente 4x4 nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/12/2022 - 15:13

Hello Chris S

Los nou jou negatiewe ingesteldheid, dis 'n Toyota daai. Gaan met vertroue vorentoe, vergeet die gepostuleerde negatiewe wat mens raaklees op die internet. Volgens die internet het alle voertuie blykbaar kenmerklike foute. Die Hilux 2.4 modelle het glo van nature ongeduldige eienaars.laugh 

Onthou net dat jy steeds dieselfde prys per liter betaal. Jy gooi net soms meer op 'n slag in. Die groot voordeel is dat jy minder tyd op die langpad by pompe deurbring.  

Gaan maak nou lekker reg vir julle Dwarsweg seevakansie. Onthou ons wil graag saam reis en vakansie hou.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 14/12/2022 - 23:20

Die haak is in die boonste twee gate. Die Everest s’n is in die onderste twee. Na die wa gehaak is, is die twee se balle binne 5mm van mekaar op dieselfde hoogte. Die Prado sak 4cm met die wa aan. Dis voor daar iets in die kattebak is. Die nadeel is dat die agterdeur nie kan oopmaak verby die haak nie. Die Everest s’n kan tot teen die wa oopmaak omdat dit in die laer gate is. 
 

Wat pak betref is die Prado se kattebak effe wyer maar heelwat korter. Ek het egter genoeg plek gehad, maar het voor ons gery het baie wyn en bier in die wa op of agter die as gepak. Dit klink erg, maar ons is met vakansie en beplan nie om hier drank te koop nie. 
 

Wat sleep betref is die Prado nie die Everest nie. Dis my eerste sleep met ‘n petrol enjin. Ook met enigiets anders as die Everest. Lg het ek nie mee terug gehou tot op 95km/h GPS spoed nie. Dit het beperk gebly tot 4de rat (overdrive af - wat met ‘n knoppie langs die rat hefboom skakel) en kon dieselfde roete as vandag se steil bulte (en daar is ‘n hele paar) darem so 80 handhaaf. 
 

Aanvanklik was ek ligvoets met die Prado, maar ek het gou agtergekom dit werk nie. Ek het ook probeer om teen 95 GPS spoed te sleep, maar dan sit die rpm onder 2000 en buite die kragband - selfs in 4 (overdrive af - wat gekies word deur die hefboom regs te druk uit D uit). Tref jy dan ‘n opdraende; sak die spoed vinnig na 80 en moet jy die petrol diep trap sodat die kas terugskakel 3de toe om weer spoed op te tel. So het ‘n Isuzu met ‘n Tourer op sleeptou my verbygesteek teen die bult na Graham Beck net voor Robertson. Ek was teleurgesteld. 
 

Later het ek gedruk na 106 GPS spoed (ongeveer 110 op die klok), en dit het beter gewerk. Voor ‘n bult begin het ek na 4 geskuif en kon dan meestal bo 90 bly. Op minder steil bulte op die N2 selfs op 100 (alle snelhede GPS). Maar volgens die Prado se rekenaar styg verbruik dan tot oor 50l/100km. Op die afdraendes daarna het ek terug geskakel D toe, dan val dit na 0.0l/100km. 
 

Uiteraard is die Prado se ry gerief baie beter as die Everest s’n. Of dit 37% meer is moet ek nog oor besluit. Dis hoeveel beter die Everest se brandstofverbruik is. En met wringkrag teen laer revolusies. Ek besin nog. Maar dis ‘n mooi voertuig, en in Kgalagadi gaan dit stof in die Everest se oë skop. Of dalk nie teen die lae spoed nie?

A

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 15/12/2022 - 06:51

Ek tel so tikkie teleurstelling op by Chris.

Ja, daar is 'n groot verskil tussen diesel sleep en petrol. My skoonseun sê ook dat hy nie sy "trok" Everest sal verruil vir iets anders. Hy het nou wel net die handrat soos Chris s'n.

Julle moet egter julle vakansie geniet.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/12/2022 - 06:58

Môre Chris S

Moenie te gou moedeloos word nie, dit gaan meer as 300km se sleep verg om die resep te kry.

Ten opsigte van jou inligting hierbo, sommer 'n paar los gedagtes;

1] dalk kan jy die sleepbal laat sak sonder om stabiliteit in te boet. 

2] dalk sal nuwe skokbrekers agter die 4cm sak verminder. Het die Prado bladvere of spiraalvere agter. Mens behoort selfs vir laasgenoemde progressiewes te kry. Met bladvere is die oplossing maklik, mens kan 'n vrag-bladveer laat bysit. Hierdie is slegs idees indien dit 'n groot kopseer vir jou is.

3] Dalk was my raad verkeerd. Ek vermoed die wringkrag kurwe is redelik plat tussen 2000 en 3800rpm. Natuurlik is die kilowatt kurwe nie. As jy met spoed, seg 100+km/hr teen 'n bult wil opgaan, het jy ongelukkig ook meer kilowatte nodig.

Ek vermoed dat jy 'n lang bult, van onder af, eerder sal moet aanpak in 4de, en stoot omwentelinge op na 3500. Dit gaan effe meer petrol vreet, maar jy gaan moontlik gemaklik in 4de bo uitkom. Bo 3800 rpm gaan jy egter net petrol brand, en moet vermy word.

4] Moenie te veel teen 'n bult op na die "current" verbruik kyk nie. Dit veroorsaak dat mens te huiwerig is om die kole te gooi. Besparing kom teen afdraendes en platpad sleep. 

5] Wringkrag uit die masjien word bepaal deur die omwentelinge. Ratkeuse kan slegs vermenigvuldig wat die masjien lewer. Dit beteken dat jy te alle tye die omwentelinge bokant 2000 moet hou.

Ek sê gistermiddag vir my miesies, jou eerste sleep is 'n moeilike ene Dwarswegstrand toe. Vanaf Asthon tot op Mosselbaai is die pad vol steil bulte. Ek het maar lang ente in 4de, teen maks 3000rpm gesleep.   

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 15/12/2022 - 07:38

Dit is wazr die verskil van die ST inkom.  Ek het die reaksie tyd (response time) van die petrol masjien en ek het die lae toere (low RPM) van 'n diesel met hoë wring krag.

Ek kyk nou die dag hierdie week se Laatwiel program waar hulle die R1.5m nuwe Jeep wys, my ST het meer krag as daai ding met sy nuwe V6 en al.

ST 👏🏻👍🏻

0
Worcester

Wildehont

Thu, 15/12/2022 - 07:59

Hennie, aanvanklik was ek effe teleurgesteld, maar dis omdat ek katvoet wou ry om verbruik af te hou. My Everest is ook automaties, en ‘n 4x4 maar nie permanent nie. 

Wessel:

1) die wa hang tans parallel aan die grond. As die sleepbal sak sal dit neus af hang en behoort steeds stabiel te wees  

2) Prado het spiraalvere, dis hoekom dit meer gemaklik ry. Vir nou pla dit my nie, ek sal besluit oor aanpassings as ek besluit om te hou. Die Everest het ek helpervere vir die bladvere laat insit so dit kan die vrag dra, maar ry uiteraard harder

3) Ek het dalk verkeerd verduidelik. Ek het voor elke bult na 4 geskakel. Die kas skakel dan eers af na 3 as mens voet neersit, en die krag is daar. Die “geheim” is om nie te stadig te probeer sleep nie, want dan is die revolusies te laag. Soos ek vir Salomien sê, die enjins gebruik baie petrol. Teen 9000km ‘n jaar, die huidige prys en die verbruik rondom 5,5km/l beteken dit dat ek R3 200/maand sal moet wegsit vir vakansie brandstof. Dis R700/maand meer as wat ek vir die Everest sou moes wegsit. Die premie is niks in vergelyking met die paaiement vir ‘n nuwe of selfs nuwer ryding met ‘n meer ekonomiese diesel enjin nie. Ek glo 5,5km/l is haalbaar op gemiddeld, want gister se pad is vol lang, steil bulte. 
 

4) Nee wat, soos ek ook vir Salomien gesê het - as jy gaan bekommer oor die swaar verbruik teen ‘n bult op en probeer terughou gaan jy gefrustreerd raak en ander padverbruikers ook frustreer want jy gaan nie wegkom nie. 
 

5) op gelyk pad daal die omwentelinge uiteraard onder 2000 en verbeter die ekonomie, maar teen ‘n bult het ek gevind jy wil nie onder 2000 begin nie. Dan verloor jy spoed, moet voet neersit om uit te kom en jaag die omwentelinge op na 3500 (en gebruik in elk geval baie petrol).

Ek gaan verder uittoets oppad terug, en sal dan besluit of die Prado bly of gly.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/12/2022 - 08:17

Chris S,

Nou moet jy weet hoe ek [ge]sukkel het om na 25 jaar se sleep met petrolmasjiene, oor te slaan na 'n 2.4TD masjientjie. In die periode ook met 'n Territory gesleep, en dit was gelukkig in die dae van goedkoper petrol.

Ongelukkig kom krag, gerief en luukses ten koste van verbruik. Onthou net vir 'n oomblik die groot[?] verskil net in lisensiegewig van die Prado teenoor die Everest.

Moenie na 'n verdere 300km terug, te gou 'n verkeerde besluit maak nie. Vir eers, geniet die vakansie, die gesin en die see. Moenie worry oor die branders nie, hulle breek vanself.   

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/12/2022 - 08:25

Ek het vergeet, en blykbaar jy ook, ek is seker jy kan die ratte handrat wissel, sodra jy uit Drive mode is. Druk net hefboom vorentoe of agtertoe om ratte te wissel.  

0
Worcester

Wildehont

Thu, 15/12/2022 - 12:15

Willem, daai ST klink bobaas!

Wessel, nee - die Prado se boks is nie so gevorderd nie. Ek kan wel afskakel na 3 of 2, maar dis nie ‘n paddle funksie waarmee jy net op of af verwissel nie. Die outo boks werk vir my reg, ek wissel net tussen D en 4. Eg gaan tot 5 en lg tot 4. Verder laat ek dit self die rat kies. In D kan dit soms teen opdraendes bietjie soek vir die regte rat (wat ongesond is) en ek hou dit in elk geval in 4 voor opdraendes begin. Die Everest het ek sommer permanent met OD af gery (beperk tot net by 4) en dit het nie die brandstofverbruik negatief beïnvloed nie. Ek het gister ‘n lang ent op die N2 agter die ouer model Prado (dink dit was die 100) sonder ‘n wa agter dit gery en dit was opvallend hoe ek kon bybly teen opdraendes met die Kavango op sleeptou. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 15/12/2022 - 15:59

Chris, ek het nou wel nie die Prado lank gery nie, maar onthou dat jy die rathefboom net na regs druk dan gaan dit na die vorige rat.  Ek het dit gebruik waneer ek wou verbygaan met hoger toere  sonder om die lepel so diep  in te trap dat dit self wissel.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/12/2022 - 16:50

Middag,

"nie die Prado lank gery nie"

Het jy die Prado verkoop, of het jy bloot net te veel ander lekker speelgoed?laugh

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 15/12/2022 - 17:13

Wessel, die Prado is n hele paar maande al weg.  Land Cruiser is eintlik ons dorp en vakansiekar. Von wou bokkerol weet van Prado. Ek het nog my Landrover bakkie, en die klein nissan bakkie. Het aan we Buy cars verkoop, en het effe van n knock gevat, maar  was nie lus vir sheisters nie, hulle quote, inspekteur, en betaal oor.Pynloos.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 15/12/2022 - 18:29

maar onthou dat jy die rathefboom net na regs druk dan gaan dit na die vorige rat.

As ek reg onthou was die 120 Prado voor 2007/8 rond 4-spoed. Daarna het die 5-spoed outo kas uitgekom. Hier onder is myne se diagram. As ek dit regs druk uit D uit skakel dit net die sg overdrive af, en skakel dit nie oor na 5de rat nie. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/12/2022 - 20:03

Naand Chris S

Wat sê die boekie? As ek so na daai diagram kyk, en die feit dat jy 'n 2008 model het, is ek oortuig dat jy;

1]van D na 4 kan skakel, wat 5de uitskakel

2] van 4 na 3 kan beweeg met kierie beweeg na 3

3] van 3 na 2 kan skakel met kierie

Die oprat teenoorgestelde] volgens daai gleufie behoort ook moontlik te wees.

Maak egter net seker hoekom daar 2 merkies links en regs van L2 is. Ek VERMOED dat jy ook gewone 2 [high] kan skakel, deur kierie van 3 af te trek na 2. Druk jy dan daai kierie na die "L" kant, gaan jy moontlik oorskakel van 2 high na 2 low. 

Let mooi op daar is ook weerskante van D4 kolletjies, wat beteken jy kan die kierie na enige kant daar druk. By die 3 nie, maar by 2 het jy weer twee opsies. 

Ek is seker daar is 'n Toyota garage in George om te gaan uitvind volgende week. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 15/12/2022 - 21:40

Wessel, jy moet met meer aandag lees - of ek moet beter verduidelik:

Die outo boks werk vir my reg, ek wissel net tussen D en 4. Eg gaan tot 5 en lg tot 4.

Ek kan wel afskakel na 3 of 2, maar dis nie ‘n paddle funksie waarmee jy net op of af verwissel nie. 

Ek het die boekie, en het dit bestudeer terwyl ek eergister sit en wag het vir hulle om die padwaardigheid toets af te handel.  
 

Laat ek byvoeg; as die hefboom in D is en jy druk dit regs skakel OD (5de rat) af. As dit in 2 is en jy druk links gaan die na 1 toe. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/12/2022 - 06:34

Môre Chris

Saak is reg, die geskrewe woordeskat wat ons gebruik, sluit soms nie mooi  bymekaar aan nie. 

Ek was bekommerd dat jy die afrat doen via die intrap van die petrolpedaal.

Jy is gelukkig om nog die boekie ook te hê, soms is dit lankal asblik toe met die aankoop van 'n gebruikte voertuig. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 16/12/2022 - 07:35

Die een se boekie is nog netjies in sy omslag, tesame met die radio se handleiding en die diensrekord. Die voertuig is by Audensberg Toyota in Worcester gekoop in Maart 2008 en meestal in Malmesbury gediens, afgesien van die laaste twee dienste in Worcester. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 16/12/2022 - 07:38

Laat ek byvoeg; as die hefboom in D is en jy druk dit regs skakel OD (5de rat) af. As dit in 2 is en jy druk links gaan die na 1 toe. 

4 beteken nie die voertuig bly in 4de rat nie. Net dat dit nie hoër as 4de rat wissel nie - dit bly egter outomaties.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus