Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Prado 4l v6

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê, het die 2003 model Prado 4l v6 van my dogter gekoop. Sy wou inruil op VW en inruil geoffer was R30k onder boekinruilwaarde en R45k onder handelaars retail.

Pragtige voertuig, kilos 280 000km, dalk hoog, maar loop soos n horlosie. Ek het R115k betaal en sal vir dieselfde laat gaan. Of ek hou dit vir dalk eendag Kunene mond toe ry.

Prado

Prado

Prado

Prado

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 04/08/2021 - 18:52

Herman, miskien moet ek jou ruil voor jy hom verander in 'n hoenderhok. 😉

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/08/2021 - 07:41

Is die Prado ‘n handrat of outomaties? Seker eersgenoemde as dit 8km/l gee. 

0

Môre Chris S

Ek is onder die indruk dat alle Prado's slegs outomaties kaste het, maar neef Herman sal bevestig.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 05/08/2021 - 09:05

Outomaties. Ek reken moderne outomatiese ratkaste is baie goed en nie meer soos die ouer generasie ratkaste wat baie gly en so pluk waneer dit oorsit nie. Prado ratkas is so glad, jy is nie bewus van oorskakeling nie, en besluit beslis beter as meeste bestuurders waneer om te wissel, bv my ouma is traag om te wissel. 

Die hedendaagse klein enjins met 9 ratte ,is juis om die enjin in sy "sweet spot" te hou.

Groot kapasiteit enjins is nie noodwendig swaar op brandstof nie.  So paar jaar gelede was daar n padtoets om n baan waar n Toyota Pruis volspoed jaag. n BMW M3 het dit agtervolg teen n baie gemaklike pas.  En...die BMW was meer ekonomies.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/08/2021 - 10:11

Maar ek sal maar hou by die duiwel wat ek ken. Die Everest is nie naastenby so luuks soos ‘n Prado nie, en die enjin is ‘n donkie in vergelyking. Die brandstofverbruik is ook nie veel beter nie, maar ek het die voertuig nou al sewe jaar en dit pas ons behoeftes goed. 280 000 km is nie regtig so baie vir ‘n Prado nie en dis ‘n baie goeie prys, maar my Fordjie het amper helfte soveel op.
 

Teen die hoeveelheid km wat ek per jaar daarmee ry behoort dit tot kort duskant aftrede te hou. Teen daardie tyd sal ek maar kyk of ek ‘n goeie tweedehandse Prado kan kry vir gebruik na aftrede. 

0

daai Prado gaan maklik neef se werf verlaat nie. Ek lees so tussen die lyne dat dit alreeds onder sy vel en afdakke ingekruip het.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/08/2021 - 15:11

Ek lees op die 4x4 forum dat daardie enjins van modelle voor Nov 2005 ‘n geneigdheid gehad het om die top te blaas, oor die algemeen tussen die vyfde en sesde silinder. Dit het met ‘n vriend van my se 2005 model gebeur en R45k gekos om te herstel. Van November 2005 af het Toyota die gasket verander, wat klaarblyklik die probleem opgelos het.
 

Almal raai aan dat die verkoelingstelsel (waterpomp, verkoeler en viscous clutch van die waaier) vervang word op die pre-November 2005 modelle en net Toyota antifreeze gebruik word om oorverhitting te voorkom. Dit blyk egter dat die probleem meestal so rondom 200 000km voorkom, en die een is darem al ver verby dit. Ek deel maar net die inligting vir wat dit werd is. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 05/08/2021 - 17:45

Die Prado gaan hier staan en oud word Wessel, net soos jy seg. In my leeftyd wil ek nog die Namib se duine gaan ry van Walvis tot by die Kunene, en al kos die brandstof my n paar rand, maak dit nie saak nie.

Wildehont, neef is mos n regte "anal" persoon. sedert ek die Prado gekry het, het ek n nuwe raidiator, met Toyota  antifreeze  instaleer. Ek was nogal gatvol nadat Silverton die verkoeler met groen anifreeze volgemaak het nadat ek op Toyota antifreeze aangedring het, tydens die kwotasie proses. Die man het toe vervang, ek het geweier om die werk so te aanvaar. Dan wil jy nie weet wat ek nog als gedoen het as voorkomende onderhoud nie, ek wil nie gaan loer op die pakkie kwetansies nie, maar seker meer ad R30k.

Die enjin is nog puik. Sedert dit op die werf gekom het 7000km gelede,, is dit gediens , en die olie is nog so skoon dat dit amper moeilik op die dipstok lees.  Kan maar net duim vashou dat die een nie n kwaal op n verkeerde tyd ontwikkel nie.

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/08/2021 - 20:11

Gaan ry die duine so gou as moontlik, maar wag dalk dat die brandstofprys ‘n paar sent daal (as dit weer gebeur). Dit klink asof daardie voertuig deeglik hersien is, en Oom Neef ken die vorige eienaar so ek glo nie dit gaan julle in die steek laat nie. 

0
pretoria

pieterc

Thu, 05/08/2021 - 20:41

Ongelukkig kan ek nie dieselfde van die outomatiese ratkas in die diesel prado sê nie. Tensy ek hom baie mooi / sag ry kan die ratwisseling maar rukkerig wees, maar dit is darem gladder wanneer ek iets sleep. As hy eers terugskop en die toere opjaag kom daai diesel nerens!

Herman, ek moes op 150 000 km die radiator en waterpomp vervang agv lekkasie en Toyota het gesê dit is omdat nie ek die Toyota anti-freeze gebruik het nie. Baie duur skoolgeld gewees!

Die 4l V6 behoort daai Namib duine maklik baas te raak. Man dit klink sommer lekker.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 06/08/2021 - 06:48

Pieter,  die een se ratwisseling was ook nie perfek nie, en na bietjie oplees besluit om die ratkasolie te ruil. Dit is n baie versigtige proses waar jy voor by die ratkasoliverkoeler die inlaatpyp losmaak, enjin start en dan opvang in n maatbeker sowat 1 liter, die ou olie was nogal vuil. Gooi presies dieselfde hoeveelheid vars olie in.  Die is ook spesiale olie van Toyota, uit Japan, en peperduur.  So hou jy aan totdat die nuwe olie skoon uitkom by jou opvangpunt, sowat 12 liter later. Op die manier weet jy dat jou olievlak baie naby aan reg is. Die ratwisselingis is nou  seepglad.

Ek het op dieselfde stadium die remvloeistof en kragstuurolies ook vervang. Die mense van N14x4  wat vir my onderdele gestuur het, het die remvloeistof aanbeveel. Die man se dat vuil remvloeistof affekteer die Abs en stability sencors, en die eenheid kos sowat R35k as dit foutief raak.

Die Namib trip wil ek doen saam met die "Jakkals" man wat op tv die toer gedoen het vir die " Hier gaan ons al weer"man, wat so lekker visvang en Petrie van 4x4 iets met hulle Amarol v6e. Ek kry net nerens sy inligting nie. Hy het n basiskamp daar bo naby die Kunene mond.

0
pretoria

pieterc

Fri, 06/08/2021 - 18:26

My plan is om die Prado te ry tot sy wiele afval, en dan nuwe wiele op te sit en verder te ry. Ek het nie die finansies om hom te vervang nie, dus sal ek seker een of ander tyd die ratkasolie moet vervang. Ek is maar skrikkerig om dit self te doen maar op jou manier kan daar seker nie eintlik iets fout gaan nie. Die ideaal is seker om die filter ook te vervang maar het iewers gelees of gehoor van n "air-lock" gevaar as dit nie reg gedoen word nie? Die olie lyk darem nog mooi rooi op die peilstok volgens Toyota wat maar die dienste doen.

Gelukkig is myne se remvloeistof ook op 150 000 km geruil saam met die ewenaar olie. Ek het ook gehoor dat die sensors en servos kan skade kry as jy die voertuig moet "jump start" maar kan nie sien wat die gevaar is as jy dit reg doen nie.

Ek onthou Andre en Petrie se trip saam met Jakkals, hoop jy kom reg met Willem se inligting.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 09/08/2021 - 17:02

Effe ontnugter. So doen ek so bietjie huiswerk, om te bepaal wat so Kunene trippie n man uit die sak gaan jaag.

Die begelyde roete, met gids, en 2 etes per dag vir n 7 dae trip R26 000,00 vir twee persone.  Vir brandstof beveel hulle aan 3km/l vir die swaar sand, en jy moet brandstof dra vir 1000km nagenoeg R6500.00.

Nou moet ek toelaat vir n  5000km heen en weer teen 8km/l  R12 000.  Dan se maar 6 aande vir heen en weer akkomodasie teen R3000/aand dus R18000. Ons ry nie toegerus vir kamp nie, so moet in goedkoper lodges bly.

Laat toe vir "drinks & snaks & lunches" se maar R500/dag  R7000

Neef is heeltemal te armgat on R70 000,00 vir n twee weke duine "trippie" te hoes.  Eish....

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 09/08/2021 - 19:22

Alhoewel ek geensins toegerus is om só 'n trippie te doen (by gebrek aan 'n 4x4), kan ek waaragtig ook nie so-iets bekostig teen daardie prys nie.

Ek het ook daardie program gereeld gekyk en gedink dit moet darem maar fantasties wees om so-iets te beleef. Ek het maar aanvaar dat ek 'n leunstoel-reisiger sal bly vir daardie avonture.

Ek's dankbaar dat ek wel sulke dinge as leunstoel-reisiger kan meemaak - soos sommige van Gerrie Pretorius se toere ook.

0
pretoria

pieterc

Mon, 09/08/2021 - 19:42

Ek's dankbaar dat ek wel sulke dinge as leunstoel-reisiger kan meemaak - soos sommige van Gerrie Pretorius se toere ook.

Maar dit is ook nie reg om n kind na die lekkergoedwinkel te vat maar hy mag niks koop nie? crying  crying  crying

Maar nou ja, ek is self ook n leunstoel reisiger op toer saam met hulle. Intussen geniet ons wat ons kan bekostig.

0

...in die versoeking nie.

Juis vir die rede het ek besluit om nie 'n 4x4 te koop nie. Ek gaan dit dalk nooit gebruik nie, en dus is die verleiding weggeneem.

Sal maar daar neffens julle op die rusbank plaasneem.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 11/12/2022 - 17:58

Ek het vanmiddag Pieter-Steph du Toit se 2008 Prado gekoop. Hy is tans in Japan, en het dit uiteraard nie nou nodig nie. Dit het 362 000km en het voor hy dit in Mei gekoop het aan die boer op die buurplaas buite Riebeek-Kasteel behoort. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus