Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -56 minutes ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -1 hour ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/10/2023 - 08:35

Môre,  jy moet weer my inset van 18/10/23 lees. Ek ondersteun eintlik geen rugbyspan nie.  Wen die bokke, is dit goed. Verloor die bokke, gaan die lewe ook maar voort.

  My saam grappe maak hier het moontlik my 'n paar vriende gekos, wat eintlik jammer is. Rugby is dit nie werd nie.

Hierdie is dan my laaste inset op hierdie gesprek.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 26/10/2023 - 08:51

Skerpioen, nee man, ek gaan tot die vlak van daai kla kouse daal nie, hulle weet wie hulle is......ek het nooit op skool na die juffrou gehardloop en gaan kla oor Jannie wat my toebroodtjie gevat het nie, self uit gesorteerlaugh

Mense sonder sin vir humor moet maar voort ploeter deur die lewe sonder 'n laggie op hul gesiggies😂

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 26/10/2023 - 09:05

My saam grappe maak hier het moontlik my 'n paar vriende gekos, wat eintlik jammer is. Rugby is dit nie werd nie.

Ek stem 100% saam.  Dis nie lekker nie.  Rugby bly 'n game van wen en verloor.

As ek vir een oomklik kan ernstig wees.  Regte vriende staan by mekaar al verskil hulle oor iets soos sport in hierdie geval rugby.  Ek braai en kuier weer saam my Bok vriende as ons Saterdag se game kyk.  Die gees en admosveer is wonderlik want elkeen leef hom 100% uit.

Wen of verloor ons is en bly vriende na die tyd.  Persone wat iemand ernstig oordeel omdat hy vir 'n ander span skreeu is nie waardig om 'n vriend genoem te wees nie.  Dis pateties in my oe.  Die lewe gaan nie oor Rugby nie maar ware vriendskappe wat by jou sal staan deur reg en verkeerd.  Die lewe is soms moeilik en vol stuikelblokke.  Een vriend het so drie maande terug selfmoord gepleeg sonder dat ons enige uitskieter opgetel het want ons sal hom gehelp het want hy is DEEL van ons vriendekring.  Al wat oorbly is vrae sonder antwoorde.  Dis hier  waar waar ware vriende saamstaan.  Opregte vriende is kosbaar. 

Ek kry die idee dat sommige lede op hierdie forum verwag dat ALMAL moet dink en saamstem met hulle anders is jy uit.  Hier loop genoeg gekwesde lede rond wat getuig hiervan.  Ek as lid van amper ses jaar het dit al opgetel toe ek nog 'n roofleser was.  Eers word daar 'n vloermoer gegooi deur 'n selferkende hooflid om te bepaal wie ondersteun hom en dan word hy ook soos 'n stout seuntjie n roofkyker as hy nie genoeg lede het wat hom back nie.   Dis seker ook een van die redes waarom daar so min deelnemende lede is. En nou is ek klaar ernstig gewees.

 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 26/10/2023 - 09:09

Mense sonder sin vir humor moet maar voort ploeter deur die lewe sonder 'n laggie op hul gesiggies😂

Daar moet maar 'n klompie mense weer wat van suurlemoene hou. cheeky  Die goeie reel van die lewe is "Mense verskil" en ons moet dit aanvaar. 

Die ander goeie reel is jy het nie net Een Lewe om te geniet nie.  Jy het elke dag 'n "Nuwe Lewe" om te geniet.  Gebruik dit ten volle elke dag.  Die nadeel of ander kant van die bal is jy gaan net eenkeer dood.  

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 26/10/2023 - 14:58

Mense sonder sin vir humor

Jan, jy vat seker vir Johann aan want hy het die genoem.  Hy het reeds genoem hy kla nie oor sy gesteelde toebroodtjie nie. 

Ek antwoord jou op die onderste gedeelte.  Jy kan my naam maar noem as dit op jou tong is of jy te skaam is om dit te noem.  Ek sal hierdie skoentjie aantrek met 'n smile as dit jou sou vreugde gee. 

Ek val jou nie aan nie maar hier is 'n paar goed om oor te besin.  Hoekom wil jy namens my besluit om die streep te trek? Jy en ander het die opsie gehad om verby te lees as julle 'n swak sin vir humor of hart het.  Tog besluit julle om deel te neem. Hierdie draad het amper 20 blaaie.  Kies 'n ander draad en gaan aan daar.  As dit julle bloeddruk opjaag en julle verstreur moet nie deel neem of dit lees nie.  Dis 'n maklike sommetjie.  

Hie hele draad gaan oor lede wat nie kan aanvaar daar is ander lede wat 'n ander span ondersteun nie.  Hoekom weet ek nie?  Rugby is net 'n game met 'n wenner en n verloorder, Niks ernstig nie.  Ek was eerste name genoem en mee gespot.  Niemand het toe gese dat daar 'n streep getrek moet word of gestop moet word nie.  Lees terug.  Tot nou toe het ek nie gekla nie en ek sal nie.  Ek vat die houe.  Ek stem soms het dit te ver gegaan maar dan kry die draad weer lewe en dis lekker vir my.  Terugstaan vir my span sal ek beslis nie en ek verwag dit ook nie van die ander nie.  Weer sê ek, mag die Beste Span wen. 

Gelukkig is dit amper tyd vir die finals.  Dankie tog dis net elke 4 jaar.  Die trane word baie.  As jy 'n dun velletjie het bly heeltemal van die draad af al wen die Bokke.  Ek sal nog steeds hier wees om die Bok ondersteuners geluk te sê as hulle so gelukkig sal wees om te wen.  Dit word verwag van goeie sportmanne of ondersteuners.  Ek hoop julle kan dieselfde doen met my span die All Blacks.   

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 26/10/2023 - 16:42

Skerpioen.

 

 

"Jan, jy vat seker vir Johann aan want hy het die genoem. "

Beslis nie vir Johann of iemand AANGEVAT nie.

Dit kom voor of jy 'n manie het oor aanvat.

 

 

​

 

 

 

 

 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 26/10/2023 - 17:36

Ek kan net dink hoe lekker sou ons saam gekuier het in die Spoorweg klub se kroeg !! Bliksem dit sou n fees gewees het, en al die geskille op n gevatte manier uitgesorteer het. Hierdie agter die tikmasjien skouers sit en rol is sommer lawwigheid.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 26/10/2023 - 20:39

Ek hoop werklik nie die lawwigheid veroorsaak dat van die lede so aanstoot geneem het dat hulle besluit om nie verder deel te neem aan die forum nie. 
 

Ek kan dit soos water van ‘n eend se rug laat afrol, maar mens moet in ag neem dat sommige lede meer sensitief kan wees en/of ander standpunte kan huldig. 
 

Ek gaan nou uit die heup skiet, maar ek wil asb nie hê dat Skerpioen moet voel ek val hom nou aan nie. Ek deel net my standpunt. 
 

Die meerderheid deelnemers aan hierdie gesprekslyn ondersteun die Springbokke. Wessel sit op die draad/gee nie regtig om wie wen nie, en Skerpioen is ‘n vurige All Black ondersteuner. Dit is sy keuse en hy het sy redes daarvoor. 
 

Persoonlik is dit vir my wonderbaarlik dat ons ou landjie, waarin rugby maar in relatief min skole gespeel word, en waarin politiek inmeng met sport, so vrek goed vaar in rugby. Dit is ook wonderbaarlik dat veral sedert Rassie betrokke geraak het, die sport suksesvol getransformeer het om spelers van die verskillende groot rasse groepe in te sluit. En lg gebeur nie op ‘n kwota stelsel nie. Wys vir my een speler (behalwe moontlik Willie le Roux op huidige vorm) wat nie verdien om in die groep te wees nie. Ek weet Siya is nie almal se gunsteling nie, en daar is beter flanke (o.a in die groep in Frankryk), maar hy is ‘n goeie kaptein. Vergelyk bv sy manier van praat met die skeidsregter met die van Owen Farrel. 
 

Maar ek dwaal af. Afgesien daarvan dat die Springbokke vrek goed vaar, en oormôre in hulle vierde finaal speel ten spyte daarvan dat hulle die moeilikste paadjie van die top ses spanne gehad het daarheen, verrig hulle wondere om Suid-Afrikaners saam te snoer, hoop te gee en iets te gee om op trots te wees en te geniet. Natuurlik is daar mense wat sal uitwys dat dit vals hoop is wat ons aandag net aflei van al die gemors in ons land. Beteken dit dan dat ons dit moet miskyk en eerder fokus op alles wat verkeerd is?

 

Die lewe bestaan uit keuses, en mens kan kies waarop om jou energie en aandag te fokus. As jy fokus op alles wat negatief is, gaan jy ‘n swartgallige persoon word. Dan moet jy liewer verhuis na Nieu-Seeland of iewers anders wat jy dink beter as SA is. Daar moet jy net seker maak jy fokus op die positiewe van daardie land. Anders stap jy dieselfde paadjie as hier, al kan jy jouself oortuig dis beter daar want dis veilig. Iemand het bv iewers iets genoem van geloof. Nieu-Seeland is een van die mees sekulêre lande in die wêreld.
 

Maar ek wil nie ‘n debat ontketen oor watter land die beste is nie. Die wêreld is ‘n gebroke plek. Kyk maar wat het gister weer in Amerika gebeur en wat gaan aan in Gaza en Oekraïne. As mense en veral as medeburgers dink ek net ons moet mekaar met respek hanteer. Ons leef ongelukkig in die era van wokeness en daar is bv verwys na “knie knakkers”. Ek glo dit was tong in die kies bedoel, maar omdat lede van ‘n sport span dit gedoen het beteken dit nie dat ek as ondersteuner daarmee saamstem nie. Daar gaan altyd dinge wees in enige groep mense waarmee nie almal saamstem nie. Ek stem bv nie daarmee saam dat Willie le Roux op huidige vorm Saterdag op die bank moet wees nie. Dit gaan egter nie maak dat ek Saterdag vir die ander span gaan skree nie. 
 

Kom ons maak vrede, geniet die rugby (wat amper verby is) en stoot aan met die eintlike besigheid van die forum eerder as om aanstoot te neem. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 26/10/2023 - 21:30

Wildehont, jy mag maar n paar woorde agtermekaar sit. Waardeer.

Na al die wat gebeur het.... dink terug aan met die opwarmingswedstryd, die Mighty olielappe stert tussen die bene kamer toe. 

Al kom my span terug met die silwer, sal ek hulle ondersteun en terug verwelkom as wenners. My mense daai.

Miskien kry die Argentyne dalk die Brons.... moet erken ek sal nie maklik die Empire se kant kies nie. Viva Majuba, viva.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 26/10/2023 - 21:45

En neem geen aanstoot nie Wildehont.  Net een ding.  Ons All Blacks is hier om te bly.  Ons trek nerens heen nie.  Aanvaar dit.  Ek begin jou nou verstaan.  Jy sal n goeie All Black maak.

Neef Herman ek like jou skrewe en stem saam.  Mense kruip weg agter keyboards tot jy se bel my of kom kuier dat ek jou neus kan toedruk vir 10 tellings.  Dan verdwyn hulle soos mis want hulle is te bang om dit in persoon te se.  Staan op vir wat jy glo.  Op skool het ons n bokskruit gehad waar verskille uitgesorteer is.  Dis n voorreg om te se ons is nog steeds vriende na al die verskille.  

 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 27/10/2023 - 07:42

Nee hel wat gaan aan?   Vanoggend het ek al 'n oorpyn van al die Bok liedjies op die radio.  Kon sweer 'n plaat hak vas want dis dieselfde vervelige songs oor en oor. 

My vriende wat nog werk is almal lekker by die huis.  Hulle baas het gese hulle moet met 'n Bok trui kom werk.  Van 12h00 af begin hulle sielkundig voorberei vir more se groot game.  Glo my hulle gaan alles swart verf.  Die bok buurman moet maar sy toyotatjie verweg gaan stop.  

0
Pretoria

Geert

Fri, 27/10/2023 - 07:57

Net vir interesantheid.....het AB ook sulke liedjies wat hul land maak vir hul rugby span soos die SAners vir hul bokspan maak? As hul het, sal nice wees as jy link kan stuur van hul top treffer.....sal like om dit te hoor.

 

Ns: Wat noem jy n Engelsman in die finals?

.....n skeidsregterwink

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 27/10/2023 - 08:07

Geert om eerlik te wees sal ek moet uitvind.  Maar ek dink nie so nie.

Suid Afrikaners is maar wereldwyd bekend vir hulle vinnige slim humor met grappe en liedtjies.  Dis uniek aan Suid Afrika nes braaivleis.  Al die Afrikaanse sangers maak sulke Bok liedjies wat dis wat die mense wil hoor.  Dis amper so lekker dat 'n All Black wil saamsing cheeky

0
Pretoria

Geert

Fri, 27/10/2023 - 08:18

Glo my hulle gaan alles swart verf.  Die bok buurman moet maar sy toyotatjie verweg gaan stop.  

Al die Afrikaanse sangers maak sulke Bok liedjies wat dis wat die mense wil hoor.  Dis amper so lekker dat 'n All Black wil saamsing cheeky

Julle mag gerus saamsing....maar los dan my kar uit.wink

Ek hoop ons kan na die game daai bekende lied van Queen sing uit volle bors. Julle mag dan weer saamsing.....vervang net die woorde "We are the champions...." na "They are the champions..."devil

0
Worcester

Wildehont

Fri, 27/10/2023 - 08:24

Hulle praat sopas met Dr Piet Robbertse op RSG. Hy is ‘n oud-skeidsregter, 93 jaar oud. Hy klink glashelder, en vertel hy is nog aktief en hulle was vir twee maande in die wildtuin met hulle karavaan. Dit wil gedoen wees!

Hy noem toe ook dat nie veel werklik verander het aan rugby se reëls sedert hy geblaas het nie. Dis nou afgesien van die ingooi by die skrum. Indien die bal meer as die helfte van die lengte van die bal van die middel van die skrum af ingegooi is was dit ‘n strafskop. Ek kan dit onthou. Deesdae gooi hulle die bal mos sommer verby die haker se voete. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 27/10/2023 - 08:25

Geert ek het gou 'n vriend gekontak. 

Hy is al so 4-5  jaar daar.  Volgens hom is daar nie juis iets noemswaardig wat sing betref nie. Sy woorde is maar dat hulle in Auckland 'n treurige klomp as dit by sing kom.  As Bok ondersteuner is hy maar alleen in sy nuwe vriende kring.  Tog word hy aanvaar deur hulle met sy groen trui. 

Een ding volgens hom wat die All Blacks sterk oor voel is hulle Haka's.  Verskillende Haka's vir elke geleentheid.    

Dit alles in 'n snapshell

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 27/10/2023 - 09:06

Nieu-Seeland se Aaron Smith sal sy 125ste en laaste toets vir die All Blacks in die Wêreldbeker-eindstryd teen die Springbokke speel.

“Hulle gaan probeer om dinge so stadig as moontlik vir ons by die afbreekpunte te maak, terwyl ek weer sal wil verseker dat ons flinke rugby speel. Ek wil hul groot ouens op die veld rondjaag en hulle moeg maak sodat hul skrums en rolmaalbewegings nie so goed is nie.”

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus