Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

Baie bly Anton…
Baie bly Anton....................................................,dat julle gehelp is en baie sterkte met die bevalling vir julle en glo dat dit goed sal gaan.
Mediese fonds?
Dankbaar vir julle Anton. Wat vir my bekommerd maak is, en laat wonder oor; Die mediese fonds wat jy aan behoort,..het?.. klink eienaardig te wees. Dat vrou se hospitalisasie nie gedek word nie? En selfs die kinders ook nie ? Wat se soort medies is dit, en wat dek dit dan.
As my vraag te persoonlik raak, ignoreer dit dan asb.
Sterkte daar vir julle Anton…
Sterkte daar vir julle Anton vandag met al die verwikkelinge en tweelinge, ons glo saam julle dat alles goed sal gaan.
Baie geluk julle, mag hulle…
Baie geluk julle, mag hulle net vreugde bring vir julle
Pragtig, daai tweetjies gaan…
Pragtig, daai tweetjies gaan vir julle nog baie plesier bring, sterkte vir Jonika, ek en Bennanta bid vir julle as gesin🙏
Baie geluk Anton en Jonika!…
Baie geluk Anton en Jonika! Beide my twee kleinkinders het 2-3 weke in NICU deurgebring (Unitas Hospitaal). NICU spesialiste weet wat hulle doen, glo jou tweeling sal vinnig hierdeur kom.
Ai vader maar hulle is so…
Ai vader maar hulle is so pragtig, en só klein ! Mag hulle groot en gesonde kinders word.
Is daar al op name besluit.
Baie geluk Anton. My vrou…
Baie geluk Anton.
My vrou se seun is ook op 32 weke gebôre. Vandag is hy 2.0m lank en weeg 105kg 🤏😁
Hulle name is Jana en Anja,…
Hulle name is Jana en Anja, 1.1kg en 1.5 kg.
Manna en babas lyk goed!
Geluk Anton en Joniks
Baie geluk Anton en Jonika. Sjoe, nou skielik ouers van n gesin van 4 kinders! Boeties seker ook baie oogewonde.
Baie geluk Anton en Jonika…
Baie geluk Anton en Jonika. Ons hoop. glo en vertrou dat Mamma spoedig sal beter word en dat die 2 kleintjies gesond is. Hierdie volgende maand gaan krities wees vir hulle groei en verdere ontwikkeling. Baie sterkte vir julle as gesin met die pad vorentoe.
Baie geluk julle. Jonika se…
Baie geluk julle. Jonika se probleme sal dadelik oor wees en die tweetjies sal vinnig groei en huis toe kom.
Ons seun is 36 jaar gelede (Hel dis lank terug) gebore en het slegs 1.5kg geweeg. Nes joune het hy maar dadelik in die neonatale ICU beland en vandag is hy `n uitgevrete lummel. Sy eerste voeding was maar 5ml melk en teen die tyd dat hy 8 weke later ontslaan is het hy 2.2 kg geweeg.
Intussen het die tegnologie en medikasie so verbeter dat ek geensins twyfel dat hulle wonderlike en die beste sorg moontlik gaan ontvang nie.
Sterkte met die doekparade wanneer hulle huis toe kom
Groetnis
Hulle is so klein…
…hulle ogies is nog nie eers oop nie. Dis wat Kara nou die dag oor ‘n klein babatjie in die kerk gesê het. Veels geluk en sterkte.
Hoe gaan dit met vroulief en…
Hoe gaan dit met vroulief en die 2 dogtertjies?







Ons het vandag 'n uitweg…
Ons het vandag 'n uitweg gekry en deur die hulp van 'n paar mense wat weet hoe, kon hulle vir my alleen op 'n mediese fonds sit met geen beperkinge nie. Dit beteken dat die tweeling onmiddelik met geboorte gedek sal wees onder my naam. Die bevalling en Jonika se behandeling vir PreEclampsia moet ons nog uit die sak betaal, maar dit is gelukkig makliker breikbaar en die fondse kon ons bymekaar maak.
Die babatjies word môre so teen 12uur uitgehaal om te verhoed dat Jonika nie meer ernstig siek word nie. Hulle sal dan volgens beraming vir 4 weke in NICU wees.
Vannaand is ons almal verlig en rustig en kan ons nou fokus om opgewonde te wees oor die 2 se aankoms.