Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -27 minutes ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -35 minutes ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -47 minutes ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -51 minutes ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Daar is twee!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

2

Centurion

Voortrekker

Mon, 01/01/2024 - 21:28

Ons het vandag 'n uitweg gekry en deur die hulp van 'n paar mense wat weet hoe, kon hulle vir my alleen op 'n mediese fonds sit met geen beperkinge nie.  Dit beteken dat die tweeling onmiddelik met geboorte gedek sal wees onder my naam.  Die bevalling en Jonika se behandeling vir PreEclampsia moet ons nog uit die sak betaal, maar dit is gelukkig makliker breikbaar en die fondse kon ons bymekaar maak.

Die babatjies word môre so teen 12uur uitgehaal om te verhoed dat Jonika nie meer ernstig siek word nie.   Hulle sal dan volgens beraming vir 4 weke in NICU wees.

Vannaand is ons almal verlig en rustig en kan ons nou fokus om opgewonde te wees oor die 2 se aankoms.  

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 01/01/2024 - 21:34

Baie bly Anton....................................................,dat julle gehelp is en baie sterkte met die bevalling vir julle en glo dat dit goed sal gaan.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 02/01/2024 - 06:03

Dankbaar vir julle Anton. Wat vir my bekommerd maak is, en laat  wonder oor; Die mediese fonds wat jy aan behoort,..het?..  klink eienaardig te wees. Dat vrou se hospitalisasie nie gedek word nie? En selfs die kinders ook nie ? Wat se soort medies is dit, en wat dek dit dan. 

As my vraag te persoonlik raak, ignoreer dit dan asb.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/01/2024 - 16:40

....baie geluk met die tweeling dogtertjies. Ek glo hulle is normaal, alles is OK, net piepklein. Hoop die Ma is sommer gougou 100%.

Die eerste paar weke kan julle die 2 dogtertjies sommer in skoendose laat doedoe.laugh

0
Irene

Grootwind

Tue, 02/01/2024 - 17:08

Baie geluk Anton en Jonika! Beide my twee kleinkinders het  2-3 weke in NICU deurgebring (Unitas Hospitaal). NICU spesialiste weet wat hulle doen, glo jou tweeling sal vinnig hierdeur kom.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/01/2024 - 19:59

Baie geluk Anton en Jonika met die geboorte van julle tweeling !

0
Pretoria

Geert

Wed, 03/01/2024 - 06:36

Baie geluk Anton en Jonika. Sjoe, nou skielik ouers van n gesin van 4 kinders! Boeties seker ook baie oogewonde. 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 03/01/2024 - 06:40

Baie geluk Anton en Jonika. Ons hoop. glo en vertrou dat Mamma spoedig sal beter word en dat die 2 kleintjies gesond is. Hierdie volgende maand gaan krities wees vir hulle groei en verdere ontwikkeling. Baie sterkte vir julle as gesin met die pad vorentoe.

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 03/01/2024 - 08:36

Baie geluk julle. Jonika se probleme sal dadelik oor wees en die tweetjies sal vinnig groei en huis toe kom.

Ons seun is 36 jaar gelede (Hel dis lank terug) gebore en het slegs 1.5kg geweeg. Nes joune het hy maar dadelik in die neonatale ICU beland en vandag is hy `n uitgevrete lummel. Sy eerste voeding was maar 5ml melk en teen die tyd dat hy 8 weke later ontslaan is het hy 2.2 kg geweeg.


Intussen het die tegnologie en medikasie so verbeter dat ek geensins twyfel dat hulle wonderlike en die beste sorg moontlik gaan ontvang nie.

Sterkte met die doekparade wanneer hulle huis toe kom

Groetnis

0
Worcester

Wildehont

Wed, 03/01/2024 - 09:14

…hulle ogies is nog nie eers oop nie. Dis wat Kara nou die dag oor ‘n klein babatjie in die kerk gesê het. Veels geluk en sterkte. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus