Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie......... Verskoning Len Loader -19 minutes ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -54 minutes ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -1 hour ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -1 hour ago
Jan Meyer Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -2 hours ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 10/01/2024 - 07:12

Montegu Karavaan Park..............................word  baie goed versorg en kamp ons baie lekker. 

Twee warm water onderdak en twee oop koue water swembaddens. Een warmwater slegs vir mense bo 20jaar. Lekker stil en ons geniet dit. 

Die park was vol maar raak nou bietjie stiller maar mense kom en gaan nog daagliks. 

Gister bietjie gaan wyn proe en koop by Aston se ou treinstasie Platform62. 

Paar fotos.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/01/2024 - 07:32

Môre Jan

....eers 'n guns vra asb. Sal jy die totale hoogte vir my meet wat bykom weens die dakrak op die kappie. Meet dit sê van die bokant van die gleuf van die kappie.

Ek aanvaar dat jy 'n Rhino dakrak op die Rhino kappie gesit het. Is die dakrak plat bo, of het dit voor/agter en links/regs 'n tipe verhewe deel wat keer dat goed kan afgly?? Ek oorweeg dit om ook 'n dakrak te koop, maar kry dit nie te siene nie.

Julle het op die oog af 'n lekker skadu ryke staanplek gekry, dit lyk sommer net lekker en privaat.

Dis seker nie meer veilig om te stop en na die fort op die tonneltjie te stap nie? 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 07:58

Dis seker nie meer veilig om te stop en na die fort op die tonneltjie te stap nie? 

Darem sleg dat mens daaroor moet wonder. Oor die algemeen is dit nog redelik veilig langs die R-roetes in die Wes-Kaap maar daar is natuurlik geen waarborge nie. Die R-roetes in die Wes-Kaap word ook baie goed onderhou, en selfs opgegradeer.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 10/01/2024 - 10:37

Baie dankie vir die mooi beskrywende fotos.  Ons ken hierdie oord en kamp altyd baie lekker daar.  Hoop mevrou Hitler was darem nie te onvriendelik met julle nie  -  maar dat die oord goed bestuur word is nou maar wors !

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 11/01/2024 - 08:48

Wessel........................................................my kappie is 'n Wind Cheetah Front runner wat ek 2de hands gekoop het. Het hom laat verander dat hy mooi op die kappie pas en nie oorsteek aan die kante nie. 

Gelukkig 'n vriend van my het 'n sweis leerskool en hy het dit gedoen want dit is aluminium. My kappie is ook die een wat dieselfde hoogte as die kajuit is. Jy kry een wat so 40mm hoër is. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 11/01/2024 - 09:06

Môre  Len.....................................................mooi beskrywing van haarlaugh

"Hoop mevrou Hitler was darem nie te onvriendelik met julle nie"

Het op resensies gelees van klagte of twee maar ons ondervinding is net positief. Hier is geen reël wat nie ook by ander kampe is nie die verskil is hier word dit streng toegepas wat ons pas. 

Gister was dit koel hier en net Elmarie en ek was in die "oumense" soos die kinders hier praat,  se warm swembad toe 'n oupa en sy kleinkind inkom. Ons raak toe aan die gesels en hulle twee klim in die water. Was nie 3minute nie toe kom kantoor personeel en word hulle aanspreek. 

Lekker gelag vir vriende van ons wat die oord ken toe hulle hoor ons kamp hier. Ons toe gewaarsku om nie te snork in die nag nie want ons sal moet oppak. 

Neewat "waar is dit lekker  - hier is dit lekker."

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 11/01/2024 - 10:11

Ons was een keer by Badenklub, net Noord van Montagu. Ons het nie enige probleme gehad nie, want ons het by die reëls gehou. Ons vriende wat gereeld daar gaan kampeer sê egter hulle is ook baie streng, en mens word vinnig aangespreek en soms selfs gevra om op te pak as jy enige reëls oortree. 
 

Reëls is reëls en as dit nie toegepas word nie kom die wiele soms af. Soos my ma egter altyd gesê het; enigiets met ‘n “te” aan is nie goed nie. Totale nie-toepassing van reëls beteken daar kon net sowel nie reëls gewees het nie. As mens egter heeltyd dopgehou word en oor die vingers getik word is dit ‘n ander storie.

Ek dink dis ‘n moeilike balans om te handhaaf. My mening is dat mense met inboek pertinent bewus gemaak moet word van die reëls, en dat indien dit nie nagekom word nie daar gevolge mag wees. Die beginsel is dat ignorance of the law nie ‘n verskoning is nie, maar ek dink mense in SA het só gewoond geraak daaraan dat hulle wegkom met oortredings dat dit ‘n kultuur geraak het.
 

As eienaar van ‘n oord (en eiendom) is dit jou volste reg om die reëls te maak wat jy glo nodig is vir die beskerming van jou belegging en die genieting van jou gaste. Maak net seker almal weet wat die reëls en die gevolge vir oortreding daarvan is. Moenie wag tot hulle ‘n reël oortree en hulle dan voor ander gaste kom uittrap of wegjaag nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/01/2024 - 10:19

Baie bly julle kuier lekker  -  ons hou ook baie van hierdie oord.  Ek is ook 'n voorstaander van reëls en die feit dat dit nagekom moet word.  Ek hou daarvan dat dit afgedwing word wanneer kampeerders dit ignoreer. MAAR, vriendelikheid en taktvolle optrede kos niks nie en dit ontbreek soms by bestuur en die personeel  -  net 'n klein aanpassing in hul optrede sal 'n verdere, wonderlike verskil in hierdie oord maak.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/01/2024 - 14:00

Baie dankie Jan vir die mooi foto's wat die hoogtes mooi tegnies een-eenduidig aantoon. dis mos nou lekker, geen verwarring nie.

Ek sal nou kan gaan meet, moet net eers bakkie so parkeer onder die garage deure dat ek nie 'n fout maak nie. ek het ongelukkig 'n deurry garage met deure voor en agter. 

Grompie en Corolla wissel gedurig plekke tussen die staanplekke.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 13/01/2024 - 10:36

Vrugte stalletjies................................................se gebrek aan stel my baie teleur hier in die omgewing. Ons is baie lief vir vrugte en het al die paaie hier rond gery en daar is geen stalletjies nie. Praat nie van Cape Fruit se droë vrugte nie maar vars vrugte. 

Vrugte is volop en sien vragte vol wat na die Koo pakhuis aangery word. Enigste padstal is buite Robertson Affie Plaas maar het ook maar omtrent geen vrugte nie. 

Baie mooi vrugteboorde en landskap veral na Bonnivale toe. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/01/2024 - 10:49

...ek is bly julle hou van daai omgewing. Julle sal oplet, dat tussen Asthon en Bonnievale, weg van rivier af, is dit semi Karoo. Hoe nader mens aan die Breërivier beweeg, hoe groener word die omgewing, en boerdery slaan oor na wingerd en sagte vrugte.

Dalk moet julle op R62 in rigting van Barrydale gaan verken vir padstalletjies. Wat van die Koo pad, die R318?? 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 13/01/2024 - 11:36

Dis ver van waar julle nou is, maar moet nooit druiwe by die smouse langs die N1 koop in De Doorns nie. Jy gaan of beroof word, of ‘n doos met bakstene in kry wat met ‘n lagie druiwe bedek is. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 13/01/2024 - 12:55

KOO  R318......................................................is net 'n pakhuis en verpak net een soort vrugte op 'n keer wat huidiglik geelperskes is. Verkoop niks. 

Wil Maandag Barrydale se rigting verken. 

Chris ,  dankie vir die waarskuwing. Het al gehoor hoe gevaarlik die pad smouse is. 

Nounet in die kamp gehoor hier is 'n klein winkeltjie in die dorp wat vrugte van Calitzdorp af baie goedkoop verkoop. R15.00 vir 'n spanspek. Wil gaan kyk as dit bietjie koeler is.

Daar is 'n stalletjie in Knysna net soos jy inkom van George se kant af wat Calitzdorp se vrugte verkoop. Het Desember daar lekker vrugte gekoop. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 19/01/2024 - 08:27

Vandag gaan dit..........................................volgens die voorspelling 39grade wees in Montagu. Gelukkig vroeg vanoggend gaan fietsry. 

Dit is vir ons 'n manier om die plekke wat ons besoek te verken met of stap of fietsry. Gister skerp kontras van huise met die nuwe moderne uitbreiding teen die berg en die ou dorp gesien. Vooruitgang moet daar wees maar die goed versorgde ou huise bly maar mooi. 

Ons bure vir een aand se ouers het 'n vrugteplaas op die pad na Touwsrivier en het vir ons 'n kissie appelkose gegee. Hy vertel vir my dat al die vrugte in die omgewing slegs vir uitvoer is. Boere sukkel egter met die Kaapse hawe en lees gister dat Durban se hawe sê hulle sal dit kan behartig. 

Sovêr gaan die tyd vir ons nogal vinnig verby. Nog nie eendag verveeld gewees nie. Appelkose

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/01/2024 - 09:25

Môre Jan, ek raai/vermoed daai pilare toon die hoogte wat die vloedwater bereik het. Ek vermoed die foto is geneem in die kloof waar die hotel en piekniekterrein is. In my kinderjare was dit 'n lieflike dagbesoekers terrein, en mens kon selfs stap/klim/swem in die kloof tot by 'n grot.

Volgens oorlewering het daar 'n baie ongelukkige insident in Coggmanskloof gebeur. 'n Kind het daar hoog in die berg geval, in een van daai vreeslike nou skeure in. Hulle kon daai dae nie by die kind kom om hom te red nie. Sy Pa moes die kind maar self uit sy lyding verlos, deur hom te skiet van vêr af. Onthou dit het gebeur nog voor ek 'n kind was, en dis al amper 60 jaar gelede. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 23/01/2024 - 21:08

Vandag my niggie............................................. 75 jaar oud van Paarl wat ek nog nooit gesien het nie gaan ontmoet by Wocester. Sy het van Paarl af gery en ons van Montegu af. Het so 6km voor Worcester af by 'n wynplaas en restaurant Nuy ontmoet. Baie lekker kos en goeie pryse reg langs die R60 en jy kyk uit oor die mooi vallei. 

Sy het my opgespoor deur sosiale media en gesien ons is nou in Montegu en wou ons graag ontmoet. Lekker oor die familie gepraat en uitgevra. 

Weereens gesien hoe klein die wêreld is. Terwyl ons in die kamp braai stap een van my maats van Durban af wat saam vir die Duzi geoefen het by die kamp verby. Hoor dat hy in Oktober 2023 hierheen verhuis het. Het 'n ou verwaarlose huis gekoop en is besig om dit op te knap. Sal saam 'n bier gaan drink. 

So ons laaste paar dae in Montegu het aangebreek en sien ons uit na die volgende bestemming. Wocester

​​​Wocester ​Nuy

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 23/01/2024 - 21:57

Dankie dat jy ons tuisblyers op hoogte bring met julle gekuier.  Waar is die volgende bestemming ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 24/01/2024 - 06:04

Vandat Nuy kelder ‘n paar jaar gelede daardie kompleks gebou het, het hulle besoekers aantal binne ‘n maand iets soos 80% vermeerder. Wynverkope uiteraard ook. Die uitsig van die koppie af is lieflik. Hulle kelder is ‘n hele ent verder in, amper teen die naaste berge.
 

Julle moes laat weet het julle kom die kant toe. Daar is ‘n hele aantal ander lekker plekke om te besoek, aan al die kante van Worcester. En alhoewel nie meer so goedkoop soos voorheen nie, is die wyn steeds baie billik in vergelyking met anderkant die tonnel. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus