Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -4 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -5 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -9 hours ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 04/02/2024 - 06:44

Maurits.

 

"of jy het n jong vrou gevat."

​​​​​​Ongelukkig het Elmarie oor my skouer geloer toe ek hier lees en nou sal ek dit vir lank moet aa​​​​nhoor. laugh 

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 04/02/2024 - 06:54

Môre Johann.........................................................,..................dit is mooi hier en die kamp is baie gewild veral oor naweke. Soos ChrisB genoem het baie voëls en veral die loeries is baie mooi. 

Die mense wat naby bly het die kamp amper vol gemaak die naweek. Van hulle het Vrydag oggend net na sewe kom tent opslaan en gaan werk. Na werk met kinders kom kamp. 

Almal geniet die rivier en die water is verbasend warm om in te swem.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/02/2024 - 07:10

Môre Jan

Hoe vorder die papierwerk?? Julle is seker al haastig om in te trek, nes te skrop en magnetiese Noord te bepaal. laugh

Dis darem erg dat ons tevrede moet wees met so 'n voetslepende administrasie. Daar is geen haas om 'n taak af te handel nie.

    

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 08/02/2024 - 08:06

Môre  Wessel............................Registrasie is gister gedoen en sal vandag amptelike dokumente en sleutels ontvang. Trek is gereël vir Dinsdag. 

Sit met gemengde gevoelens want ons geniet die kamp nog elke dag en sou graag wou voortgaan daarmee. Behalwe vir Kruger en Karoo het ons die afgelope 4 maande in kampe gebly waar ons nog nooit tevore was nie. Dit was die hele idee van ons toer om soveel moontlike plekke te sien. Twyfel het wel opgekom of ons nie te gou gekoop het nie maar glo dit was so vir ons bestem. Tot vandag toe  bly dat ons dit gedoen het en sou kon voortgaan vir 'n jaar. Kan nou verstaan hoekom ouer mense dit permanent doen. Dit is baie ontspanne en koste is laag. 

Nuwe uitdaging om huis in te rig soos dit ons pas maar het mekaar klaar belowe dat ons sal voortgaan met die toer voordat ons miskien nie meer kan nie. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/02/2024 - 08:16

nou moet jy 'n spitbraai hou, nooi vir Herman spesiaal. Terwyl hy en die ander gaste gou jou tuin skoonspit, braai jy vir jullelaugh

Geniet die nuwe fase. niks verhoed julle om nou op te hou kampeer nie. Julle kan steeds die langpad vat en vakansie hou, die nuwe huis is mos in sekuriteits kompleks?? 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 08/02/2024 - 10:05

Registrasie is gister gedoen en sal vandag amptelike dokumente en sleutels ontvang. Trek is gereël vir Dinsdag. 

Baie geluk Jan en Elmarie. Ja, dit het dalk vinniger gebeur as wat julle gedink het, maar dit was so bestem.

Kan jy my dalk sê hoe lank die transaksie in die Akte kantoor was? Dit sal my ook help met ons beplanning.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 08/02/2024 - 10:09

Baie geluk met julle nuwe huis....glo julle gaan gelukkig daar wees. Julle bly nou sommer naby n klompie lekker oorde!

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 08/02/2024 - 12:53

Hennie...................................

"Kan jy my dalk sê hoe lank die transaksie in die Akte kantoor was? Dit sal my ook help met ons beplanning."

​​​Dit was 4 werks dae vandat dit ingehandig is by Akte kantoor tot en met registrasie.  Baie gou gewees. 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 08/02/2024 - 13:20

Dit was 4 werks dae vandat dit ingehandig is by Akte kantoor tot en met registrasie.

Baie dankie. Die gemiddeld hierbo is so 8 - 10 werksdae.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 08/02/2024 - 21:11

vir julle met die nuwe huis, Jan. Dit is darem ook n opgewondenheid van sy eie.

Sedgefield was/is? bekend as n slow-go town. So, val daarby in en geniet die rustigheidlaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 13/04/2024 - 15:45

Ek kan nou nie meer wag vir 'n "Meyer's se droom toer vervolg..." nie. 

Jy het gepraat van 'n kaggel bou (of so iets) en dan is alles klaar....maar dit was lank, lank gelede. Enige planne vir kampering vorentoe?

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 13/04/2024 - 17:24

Hallo Rona.................................................dit is een ding van die Weskaap dat jy nie haastig moet wees nie. Pas nog swaar daarby aan maar dit is nou maar so.

Jy het gepraat van 'n kaggel bou (of so iets) en dan is alles klaar....maar dit was lank, lank gelede. Enige planne vir kampering vorentoe?

 

Die braai sal volgende week klaar wees en dan volg die skuifdeure vir die stoep. 

Ons brand om die toer te voltooi en Augustus moet ons in Namibië  wees. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/04/2024 - 17:33

....moet in Augustus in Namibië wees???? Wat jaag jou, het julle al besprekings gemaak.

Buite braai, beteken sluit huis toe, en val in die pad, einde Julie..

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 13/04/2024 - 18:05

Wessel.........................................................ons bou 'n binnebraai op die stoep wat ons ook met skuifdeure gaan toemaak. Ons het 'n lekker groot stoep van 9mx 3.5m wat op 'n groot tuin met fontein uitkyk. Gaan die braai ook gebruik as 'n kaggel en het dit bietjie laer ingebou. 

Ons dogter vier haar 40ste verjaarsdag in Augustus en ons wil dit by ons toer insluit. Die Namibië  gedeelte van die toer sal ons tente gebruik. Soos met ons toer wat tydelik onderbreek is bespreek ons nie vooruit nie. Sal besluit waarheen ons wil gaan en dan blyplek soek Dit het baie goed vir ons gewerk tot nou toe. 

Soos jy noem tyd jaag ons nie maar wil die bouery nou klaar kry. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 13/04/2024 - 19:02

Ek sien as jy iets hier in die Kaap nou gedoen wil hê, moet jy dit maar self doen. Veral hier na die ooste se kant toe, te moeg om te werk en môre is mos nog 'n dag. Klink my dit gaan daar in Sidgefield ook so.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 13/04/2024 - 19:22

Jou bouwerk is darem al oor die ergste (nader aan klaar), gaan mooi lyk en lekker werk. Ek sien baie plekke hier wat die braai laer bou sodat dit sommer as kaggel ook kan dien - goeie idee.

Sien uit daarna om meer gereeld van jou te hoor wanneer julle weer in die pad val. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/04/2024 - 20:06

...ek het braai so bekyk, en gedink;

Jy is 'n konsidererende man, jou vrou is seker kort, daarom die lae braai sodat sy maklik kan braai en bak laughlaugh

Ek sal ernstig met jou moet praat, jy het die luukse van 'n Classique, en jy wil met tente kamp.!!! Nee ou maat, dink aan jou beterhelfte, en hoe sy jou gaan bederf as jy daai lekker wa saamsleep. Koffie in die bed ensovoortswink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus