Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -33 minutes ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -1 hour ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -4 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -5 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago

One Drive Memories

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Is daar nog forum-gebruikers wat al hulle foto's op Microsoft se One Drive gestoor het? My dogter het my aangemoedig om dit te doen. Sou jou rekenaar se hardeskyf skielik besluit om die gees te gee - en die inhoud kan nie herwin word nie - het jy 'n rugsteun van al jou foto's op One Drive.

Maar wat ek nogal van hou is die feit dat One Drive elke dag (waarop jy foto's geneem het op daardie spesifieke datum) vir jou 'n herinnering stuur van die betrokke dag se foto's. Ekself gaan selde loer op al die lêers waarop my ou foto's is - behalwe wanneer ek dalk 'n spesifieke foto soek. Dan skielik, uit die bloute, kry jy 'n e-pos met die foto's wat jy op die betrokke dag geneem het. En dit bring meestal 'n klomp aangename herinneringe terug.

Vandag het ek o.a. die volgende foto's ontvang wat geneem is op 1 Feb 2019 tydens ons verblyf in Shingwedzi (tydens een van my vele wegbreke wildtuin toe as ek in die noorde moes gaan werk).

Shingwedzi

Dit was ons chalet waar Ralie amper die dikstert skerpioen, aangesien vir een of ander gogga, in die toilet wou optel. Genadiglik het sy my geroep om dit te kom doen - waarna ek toe sien dat sy met 'n lelike kalant "speel".

Die volgende foto het ek op die S56 (Mphongolo Loop) geneem toe dié ou "dagha boy" pas 'n lekker modderbad geneem het.

Shingwedzi

Tussen gister se foto's is ek weer herinner aan die muskeljaatkat wat ons met verlangende oë sit en aanstaar het toe ons die aand van 31 Jan 2019 in Mopani gebraai het.

Mopani

Aag - en so kan ek aangaan met foto's waarvan ek al amper vergeet het. As jy (ook) nog nie jou foto's op One Drive stoor nie, is dit dalk raadsaam om dit ernstig te oorweeg.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 23/02/2024 - 16:21

Ons het oor die jare baie lief geraak vir Matjulu-suiping. Ons gaan sit graag namiddae daar vir lang tye. Ons was al by meer as een geleentheid letterlik omring deur olifante. Dan voel jy maar klein, maar nog nooit het ons moeilike kalante daar ervaar nie. Tydens 23 Feb 2018 se besoek het ons dié trop gekry wat die pad oorsteek net nadat hulle klaar gedrink het.

Wildtuin

Vroeër, voor die slagting begin plaasvind het, was die gedeelte van die S110 tussen Berg-&-Dal en die pad na Matjulu een van die beste areas om witrenosters te sien. Deesdae sien jy beswaarlik witrenosters. Dit is ook 'n pad waar ons al leeus aangetref het.

Die S110 tussen die Matjulu-aansluiting en S120 (Steilbergpad) is uitstekende wildehond- en kameelperd-omgewing. Ons het jare gelede o.a. 'n ernstige nekgeveg tussen twee kameelperdbulle vir 'n lang tyd dopgehou totdat een besluit het genoeg is genoeg.

Wildtuin

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/02/2024 - 17:03

Hoop nie jy gee om nie, maar sommer 'n foto op H3 tussen S122 en S110. Amper laat gekom, want iemand se kar het gevrek voor ons op laagwaterbruggie by James se watergat. 

wilde hon

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 23/02/2024 - 18:27

... ons het ook al wildehonde op daardie stuk pad gekry.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 24/02/2024 - 16:16

Steeds herinner One Drive my getrou van my foto's en videos van 'n spesifeke datum. Almal wat hier volg is op 24 Feb 2018 geneem - ons laaste dag in Berg-&-Dal voordat die werkgedeelte, waarvoor ek eintlik noorde toe gery het, aanbreek. 

Dit is vir my altyd fassinerend om miskruiers dop te hou soos hierdie lotjie in vars renostermis.

 

video
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 24/02/2024 - 16:18

Dit lyk my ek kan net een video clip per inset aanheg. Hier volg 'n "glimpse" van Berg-&-Dal se kampeerarea.

 

video
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 24/02/2024 - 16:24

Hierdie ou het ons knap langs die S110 teerpad gekry pas nadat hy 'n heerlike modderbad gevat het.

video
0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 26/02/2024 - 07:49

Dit lyk na ‘n lekker kampterrein, lekker baie bome waaruit die voëls jou tent kan bedinges laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 13:52

Hennie - jou inset laat my darem die idee kry hier is enkelinge wat hier lees en kyk. En ja Chris WH, B&D se kampeerarea is beslis 'n lekker kampeerterrein. Ek kan nie "brag" oor die ablusie-fasiliteite nie (onprakties beplan), maar die omgewing maak op daarvoor.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/02/2024 - 14:09

Ons lees en geniet!!!! Ek moet my net weerhou om kommentare by te voeg. Wel, dis nou by Kruger verhale, die ander lees ek maar met groot verwondering. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 14:12

Soos boontoe genoem, het die paar dae van rondhang in die wildtuin tot 'n end gekom en was dit tyd om weer 'n slag 'n bietjie brood en botter ook te verdien. Op hierdie dag (2018) het ons verskuif na ATKV Buffelspoort ten einde naby my kliënte te wees. Ek en Ralie is baie lief vir Buffelspoort en het al verskeie kere daar gekamp asook in die rondawels gebly. Dit is sonder twyfel een van ATKV se vlagskip oorde.

Die ingang na die oord (van binne die oord afgeneem):

Buffelspoort

Die netjies versorgde grasperke.

Buffelspoort

En die wooneenhede is keurig toegerus.

Buffelspoort

Buffelspoort

Buffelspoort

En 'n lekker braai-kuierarea buite.

Buffelspoort

Beide van ons se hartspunte lê egter in die kampeerterrein.

 

 

video
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 14:26

... jy kan maar met groot vrymoedigheid byvoeg. Ek laaik van ander se wildtuinverhale.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 26/02/2024 - 14:27

Toe ek ‘n tjokkertjie was het ek ‘n paar keer saam met my ouers Skukuza toe gegaan. My pa het ‘n 8mm video geneem van hoe ‘n vlakvarkbeer my omstamp by die oop stuk net onder die vulstasie in die kamp (as dit nog daar is) toe ek te naby daaraan gekom het. Met wat ek nou weet was ek gelukkig om nie lelik seer te kry in die proses nie.

Ons was ook by Laer-Sabie. My pa het altyd kwaad geword as mens dit Onder-Sabie genoem het. Die naam verwys na die laer gedeelte van die Sabierivier, die kamp is mos nie onder die rivier se water nie!

Later het ons net Satara toe gegaan. Ek vermoed my pa was, soos ek, allergies vir te veel ander mense. Die soetveld rondom Satara bied ook habitat vir baie vlaktewild en gevolglik roofdiere wat oor die algemeen maklik sigbaar is. 
 

Ek het aanvanklik dus nie die mopaiegordel besoek nie, maar het intussen baie lief geraak daarvoor, alhoewel nie vir die groot lappe mopanie self nie maar eerder vir die alluviale vloedpleine langs die riviere. 
 

Tog verlang ek na die Suide. Ons was laas daar voor Covid. Chris Jnr is egter 2021 Gr R toe, en sedertdien is ons gebonde aan skoolvakansies. Ek was al tydens skoolvakansie in die Suide, en dit is nie vir my lekker nie. Soveel so dat dit my sal afsit van die Kruger wildtuin. Dus moet ek maar hier herinner word hoe dit lyk in die Suide., en ek geniet Mnr Boucher se plasings.

Ek het al in al die hoof ruskampe en satelliet kampies in die Kruger wildtuin tuisgegaan behalwe Mopani en die twee by hekke; Krokodilbrug en Orpen. Shingwedzi bly my gunsteling met Tsendze nie ver agter nie. Ek hou van Letaba en Pretoriuskop ook. Skukuza sal ek nie sommer weer heen gaan nie, maar Laer-Sabie wel. En Satara, maar liewers nie vir kampeer nie. Dit sal egter alles moet wag tot ons weer eendag buite seisoen kan gaan. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 26/02/2024 - 14:28

Hennie - jou inset laat my darem die idee kry hier is enkelinge wat hier lees en kyk.

Waarvan ek wel hou, is die feit dat jy jouself weer herleef in die herrineringe. Kan sien dat julle julle "kamplewe" nog altyd geniet het . Hetsy met die Old lady of in vaste akkomodasie.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 26/02/2024 - 14:36

Onsself het so 3 jaar terug vir 2 weke gekamp daar by die staanplek vanwaar jy die video geneem het. (Buffelspoort)

2 jaar terug, met Doreen se 60ste, het ons in 'n opgegradeerde chalet gebly vir die naweek. Wat 'n telleurstelling. Ek het alles wat verkeerd was onder die bestuur se aandag gebring. Tot vandag nog nie eers 'n apologie gekry nie. Vrot bloed water in oondpan, lekkende opwas pype, lekkende badkamer wasbak pype, afstandbeheer van tv of dekodeerder gladnie gewerk, yskas rakkies stukkend.

Tog het ek al vele ander kere daar lekker gekamp.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 14:57

Tydens my werkende lewe was ek besonder bevoorreg om bykans jaarliks 'n streeksvergadering van my maatskappy iewers (hoofsaaklik in Europa) by te woon. Ek is een van daardie ouens wat kan sê ek het die wye wêreld gesien, maar eintlik het ek niks gesien nie. Jy't arriveer by jou bestemmings-lughawe en is afgehaal met 'n taxi en na jou hotel geneem waar jy vir 'n week lank besig gehou was. Gewoonlik het ons darem so 'n halfdag afgehad waartydens ons op 'n begeleide toer van die betrokke omgewing geneem is. Só het ek o.a. darem 'n paar besienswaardighede ook kon sien. So hier en daar was ons streeksverdadering by 'n interessante plek, soos die een in 2007 op een van die Kanariese Eilande, te wete Lanzarote.

Op hierdie datum het ek in Lanzarote arriveer en het 'n kamer met 'n lekker uitsig oor die seiljaghawe.

Lanzarote

Soos wat die datums aanstap, ontvang ek dalk nog 'n paar herinneringe van Lanzarote via One Drive.

Ek plaas nou-eers gister se foto's, want ons het gister 'n familie-braai by my jonger suster in Bellville gehad. Intussen het ek ook 26 Feb se herinneringe ontvang en moet nog daarna kyk.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 15:12

... se herinneringe is alles net van Lanzarote in 2007. Ons vergadering het eers daardie namiddag afgeskop en ons het dus die geleentheid gehad om die seiljaghawe met sy restaurante en kroeë te gaan beproef.

So 'n "glimpse" van ons hotel.

Lanzarote

In die seiljaghawe.

Lanzarote

Die hele week wat ons daar was het ons die wonderlikste weer beleef. Ek het gewens ek was eerder met vakansie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 15:23

2 jaar terug, met Doreen se 60ste, het ons in 'n opgegradeerde chalet gebly vir die naweek. Wat 'n telleurstelling.

... of julle het dit ongelukkig getref. Ek onthou van een voorval waartydens die een (van twee) induksieplate nie gewerk het nie, maar dit is spoedig herstel nadat ons dit by Ontvangs gerapporteer het. Persoonlik het ons nog net aangename herinneringe van Buffelspoort. As ons naby gewoon het sou dit 'n baie gereelde kampeerplek vir ons gewees het. Net nie oor naweke nie - dan is dit té bedrywig. Ek was al eenkeer "vasgekamp" tussen twee verskillende woonwaklubs. Ek gun die ouens wat van sulke klubs hou hulle voorkeure, maar daar't ek besluit (alhoewel ek nooit oorweging aan sulke lidmaatskap gegee het nie) dat dit nie my koppie tee is. Maar mid-week het ek dit nog altyd uitstekend beleef.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 26/02/2024 - 15:42

As ek so na die Berg en Dal video kyk wonder of ek nie maar van volgende jaar maar in die warmer maande KNP toe moet gaan nie. Daai stiller kampe lyk baie aantreklik. Ook laasweek n video gesien by Satara waar dit so stil is...ek ken dit nie so nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus