Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -6 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -6 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

One Drive Memories

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Is daar nog forum-gebruikers wat al hulle foto's op Microsoft se One Drive gestoor het? My dogter het my aangemoedig om dit te doen. Sou jou rekenaar se hardeskyf skielik besluit om die gees te gee - en die inhoud kan nie herwin word nie - het jy 'n rugsteun van al jou foto's op One Drive.

Maar wat ek nogal van hou is die feit dat One Drive elke dag (waarop jy foto's geneem het op daardie spesifieke datum) vir jou 'n herinnering stuur van die betrokke dag se foto's. Ekself gaan selde loer op al die lêers waarop my ou foto's is - behalwe wanneer ek dalk 'n spesifieke foto soek. Dan skielik, uit die bloute, kry jy 'n e-pos met die foto's wat jy op die betrokke dag geneem het. En dit bring meestal 'n klomp aangename herinneringe terug.

Vandag het ek o.a. die volgende foto's ontvang wat geneem is op 1 Feb 2019 tydens ons verblyf in Shingwedzi (tydens een van my vele wegbreke wildtuin toe as ek in die noorde moes gaan werk).

Shingwedzi

Dit was ons chalet waar Ralie amper die dikstert skerpioen, aangesien vir een of ander gogga, in die toilet wou optel. Genadiglik het sy my geroep om dit te kom doen - waarna ek toe sien dat sy met 'n lelike kalant "speel".

Die volgende foto het ek op die S56 (Mphongolo Loop) geneem toe dié ou "dagha boy" pas 'n lekker modderbad geneem het.

Shingwedzi

Tussen gister se foto's is ek weer herinner aan die muskeljaatkat wat ons met verlangende oë sit en aanstaar het toe ons die aand van 31 Jan 2019 in Mopani gebraai het.

Mopani

Aag - en so kan ek aangaan met foto's waarvan ek al amper vergeet het. As jy (ook) nog nie jou foto's op One Drive stoor nie, is dit dalk raadsaam om dit ernstig te oorweeg.

Worcester

Wildehont

Fri, 08/03/2024 - 12:07

Die Victoria waterval is omtrent ‘n gesig. Ek was die eerste keer amper 30 jaar gelede daar in Desember 1994. Intussen het ek vir 12 jaar in toerisme gewerk en omtrent alle toere deur Suidelike Afrika doen aan by die waterval. Ek het ophou tel toe ek 48 keer daar was.
 

Dit was elke keer ‘n belewenis, maar julle is gelukkig dat dit in vloed was. Dit droog van die Zambië kant af op totdat net die permanente deel van die waterval aan die Zimbabwe kant vloei. Dan sien mens net ‘n droeë krans van Zambië af.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 08/03/2024 - 12:51

Ons was enkele maande later weer daar vir 'n maatskappy beplanningsvergadering (weer aan die Zambië kant). Toe was dit, soos jy sê, so te sê heeltemal droog aan daardie kant. Ons het sommer oor die brug gestap (natuurlik deur die grensposte) en aan die Zimbabwe kant na die bietjie (nog steeds baie, maar nie in vloed) water oor die valle gaan kyk. One Drive sal seker een of ander tyd daardie "memories" ook stuur.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 08/03/2024 - 13:04

Ons was ook al 4 keer daar, altyd as die eindbestemming van ń bosvakansie in Botswanna. Ongelooglike plek. Die hoogtepunt was die White water rafting onder die valle. Hele dag se rowwe versnellings wat n groot rubber boot soos n kurkprop rondgooi. En... jy sal ñ paar keer soos n vrot vel  deur die lug vlieg en water sluk. Ongelooflik lekker. 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/03/2024 - 22:05

.............ek het vir 7 jaar in Zimbabwe gewoon en gewerk en "Vic Falls" is maar die bymekaarkom plek vir konferensies en belangrike gebeure.  Ons het altyd reënjasse gehuur om 'n beter uitsig van die valle te kry want jy reën behoorlik papnat.  Maar dit bly 'n natuur-wonder gesig om te sien.

0
Pretoria

Geert

Sat, 09/03/2024 - 23:17

Maar dit bly 'n natuur-wonder gesig om te sien.

Wat is die beste tyd om te gaan? Ek verstaan die waterval prag is sekere tye van die jaar aan droeë kant?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 10/03/2024 - 09:46

....sou sê Maart/April, maar dan moes dit 'n goeie reënjaar gewees het, andersins is die waterval nie so indrukwekkend nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 07/04/2024 - 11:42

Ek het heelwat "One Drive Memories" kennisgewings ontvang in die tyd wat ons in die wildtuin was. Ek het dit egter nie genoem nie. Maar gister kry ek weer foto's waarvan ek bykans vergeet het.

My beter-helfte is (soos baie reeds weet) 'n Karoo-blom. Danksy haar het ek 'n baie groot liefde vir hierdie deel van ons land gekry. Daar is egter 'n paar plekke in die Karoo wat ek en sy nog nooit gesien het nie - en vir etlike jare het ons daarvan gepraat om van hierdie Karoodorpe te besoek. Gedurende die Paasnaweek van 2007 het ons toe só 'n toertjie aangepak. Ons roete het ons deur dele van die Ceres-Karoo tot Sutherland geneem en vandaar via Middelpos, Williston, Carnarvon en Loxton na Fraserburg. Vandaar het ons eers Merweville toe gery en via Prins Albertweg en Leeu-Gamka na Prins Albert (met die gruispad). Die volgende dag is ons oor die Swartbergpas, verby Neef se huidige blyplek en verby Kruisrivier al teen die voetheuwels van die Swartberg tot Calitzdorp, oor Rooibergpas na Vanwyksdorp en langs die Gouritzrivier na Herbertsdale en toe langs die Langeberg se voetheuwels met die gruispad tot Riversdal. Die volgende dag het ons eers in Witsand gaan draai en toe met die pont by Malgas die Breederivier gekruis om via Bredasdorp, Elim, Baardskeerdersbos en Stanford terug te keer huistoe.

Ons mikpunt vir die eerste aand was Sutherland. Ons het so selfversorgend moontlik gereis en sommer langs die pad stilgehou vir iets te ete. In die Ceres-Karoo was die pad só stil dat ons sommer in die pad kon stilhou (by gebrek aan 'n aftrekplek).

Karoo-toer

In Sutherland aangekom, het daar amper 'n onaangename verrassing op ons gewag deurdat ons bykans nie slaapplek kon kry nie. Gelukkig het Jupiter gastehuis darem nog 'n kamer beskikbaar gehad.

Karoo-toer

Karoo-toer

Alhoewel hulle 'n lekker afgeskermde braaiplek in 'n ou waterreservoir gehad het, wat Ralie teen die verniepsige wind gebruik het, het ons die aand 'n heerlike ete in hulle baie besige restaurant geniet.

Karoo-toer

Die volgende dag (Saterdag) het ons verder noordwaarts gery en die klein plekkie Middelpos (ek dink nie jy kan dit 'n dorpie noem nie) vlugtig gaan verken. Vandaar na Williston en toe na Carnarvon. In die dorp is daar dié replika van 'n korbeeldehuisie wat deur eertydse veeboere in die omgewing as woonplekke gebruik is.

Karoo-toer

Ons is vort na Loxton, waar ons weereens nie slaapplek kon kry nie - al's was volbespreek tydens die Paasnaweek. Maar daarnatoe wil ek teruggaan. Dit is een van die Karoo se pragdorpies. Ons kon uiteindelik in Fraserburg (waar Ralie darem al as skoolkind was toe hulle daar gaan netbal speel het) geholpe raak. Ek het nie 'n foto van ons blyplek daar nie, maar ek kan onthou dat ek vleis gebraai het voor ons kamerdeur (in my Smokey Joe) tydens 'n snerpende koue wind.

Die Sondag is ons voort, maar ek wag om verder te hoor van One Drive.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 07/04/2024 - 13:27

Chris. Gaan bly op Jakhalsdans net buite Loxton. Ons het al 3 keer daar gebly en dit baie geniet. Pragtige ou familieplaas en geboue. Glo die grootste privaat dam in die Karoo. Jy kan waterski daarop. Seker net na goeie reen? 

Middelpos is ons oornagstop as ons grondpad vat Namibië toe. Daar het ons al baie oorgeslaap. Jy moet Loeriesfontein en Platbakkies gaan opsoek. Lekker pad is die een van Laingsburg na Sutherland deur die moordenaars Karoo. Toe ons dit begin ry het sowat 25 jaar gelede, was daar nêrens ń heiningdraad of kragdraad in sig nie. Baie spesiaal. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 07/04/2024 - 14:57

Het gou daar gaan kuier op die internet. Wat 'n prag plek.!!!

Ek haal my hoed af vir sulke mense wat op kreatiewe wyse 'n Karoo-plaas omskep in 'n winsgewende aktiewe besigheid. 

As ek so lees aan Chris B en Herman se insette, dan word ek sommer 'n voltydse swerwer. Om die land se uithoeke te deurkruis en sulke juwele te besoek, is besonders. Ek vermoed dit verg ook 'n liefde vir die afgeleë vergete [?] plekkies.

Wel, Sutherland is lankal nie meer 'n vergete plek nie, en ek vermoed Jakhalsdans is nie goedkoop nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 16/04/2024 - 14:03

... die volgende herinneringe. Die eerstes is van ons kort vakansie in Karoo Nas Park gedurende April 2021.

Karoo

Karoo

Karoo

Karoo

Min het ek kon dink dat ek op dag en datum (16 April) 'n jaar later weer op dieselfde staanplek sou staan - en op daardie stadium nog gewag vir die res van die Herfsblaar-bende.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/04/2024 - 15:24

....dis soos gister wat ek daar ingesleep het, so 'n grou klam dag. Tog so in die nattigheid, lekker gekuier en gesels onder Len se afdak.

Dit was ons 1ste besoek aan KarooNP, en komende Meimaand sleep ons weer daarin, vir die 4de keer. Hopenlik gaan ons en Herman so 'n paar droë dae saam kuier. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 16/04/2024 - 20:24

ChrisB, op die eerste foto merk ek op jy span die onderste deel van die sykante na buite.  Wat is die rede daarvoor ?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/04/2024 - 05:10

...natuurlik het ek na die klimaat verwys aangaande die "droë dae" Jy is heeltemal korrek, ons en Herman sal beslis iets gebruik en geniet om die kele nat te hou. Mens kan net baie gesels as die kele benat bly.laugh

Onder andere sal van my kant af 'n spesiale bottel PinotNoir van Muratie landgoed, in doeke saam geneem word. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 17/04/2024 - 05:48

.............. hoekom "in doeke" ?  Lek die bottel dan ?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/04/2024 - 06:46

...in doeke om te voorkom dat dit breek. Kavango se kaste is rof en ons gaan ent grondpad sleep Mokala NP toe.

Vir dieselfde rede verkies ek ook bier en koeldrank in blikkies, dan breek dit nie. Eiers word ook net in aparte koelhouer vervoer, as dit breek tap mens dit by die kraantjie uit, in die pan vir roereier ontbytlaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/04/2024 - 07:19

... die sykante van my stoeptent is waarskynlik 'n bietjie lank (bo na onder). Ek span dit uit na buitekant om te verhoed dat dit flap in die wind.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus