Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -1 hour ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -4 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -4 hours ago

Daar is twee!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

2

Centurion

Voortrekker

Tue, 02/04/2024 - 10:18

Môre Hennie.  Dankie dat jy uitvra.  Die 2 kwêvoëls is gesond en vol streke (en winde).  Laasweek geweeg het hulle op 2.7 en 3.4 kg gestaan.

Die 2 is vandag al 3 maande oud!  Drink elkeen elke 3 ure 65ml melk en hulle laat mens goed weet dat dit melktyd is . smiley

Maar dit gaan rof.  Ons het probeer voorberei vir die tweeling se koms, maar het nie die kolon / stoma verwag nie.   Dit is 'n depresseiwe gemors wat ons sakke leegmaak.  Ons het môre weer 'n afspraak by die stoma kliniek om te kyk na alternatiewe of beter metodes om dit te beheer.   My arme vrou.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 02/04/2024 - 11:07

Hallo Anton, bly om te hoor dat die 2 kleintjies mooi gewig optel.

Daar sal altyd 'n belangstelling van my kant wees aangesien ek maar 'n sensitiewe kant het met die vroeë geboortes van kindertjies. Die nagevolge en moontlike probleme met so iets kan nie ge-ignoreer word nie. Ek glo en vertrou dat dit egter klop disselboom sal gaan.

Baie sterkte vir julle.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/04/2024 - 11:21

Lekker om weer van jou / julle te hoor.  Die stoma storie, gaan dit permanent wees of kan die chirurg later die proses omdraa ? Soos jy weet het ek ook nie meer 'n kolon nie, maar gelukkig het ek ook nie 'n stoma nie, die dokter kon 'n plan maak om 'n piep-klein stukkie kolon te behou waar my dunderm aan gekoppel is. My chirurg het ook aan my verduidelik as dit nie sou werk nie, kan hy nog altyd 'n "loop" by die dunderm maak wat kan dien as 'n soort kolon en dan is 'n stoma nie nodig nie.  Baie sterkte vir julle.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 02/04/2024 - 11:39

Ons dogter se omswaai was gedoen toe sy 9 maande oud was. Daarna het ons nog verskriklik gesukkel aangesien die boudjies nie gewoond was aan die liggaams sure nie. Ons het wel daardeur gekom en vandag funksioneer sy 100%.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 02/04/2024 - 11:54

Ek dink Jana is besig om te poef want sy lê hier naby my en kreun vreeslik.

Len, ja die stoma kan omgedraai word.    Ek sien egter nie dat dit hierdie jaar gaan gebeur  nie aangesien Jonika eers 100% moet herstel en dit neem 6 tot 12 maande.     

Hennie die kleintjies doen goed.  Klein Jana is so bietjie agter haar sussie, maar hulle het gelukkig geen probleme nie.    Al wat hulle nodig gehad het in Neonatal was bietjie suurstof aan die begin en daarna om tot op gewig te kom en te kan melk drink.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 02/04/2024 - 18:17

Sterkte vir julle almal, ons is bly die tweeling vorder goed.🙏

Groete vir Jonika.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 02/04/2024 - 19:49

Anton, die nuwe "normaal" is maar rof, dit kan ek glo. Bly dit gaan goed met die dogtertjies, hulle sal ook groot word, jy bietjie ouer.

Jammer oor vroulief se probleme, immers is sy nog hier. 50 jaar gelede was dit nie so nie. Ek leef nou al 18 maande met my stoma, en die, kan nie reverse word nie. Skud elke dag my kop, kan nie glo dat my oorgekom het nie. Maar dankbaar vir die " bonus tyd " wat ek gekry het met nog ń rukkie hier rond te hang.

Jy sal die steunpilaar vir die familie wees vir ń goeie stukkie tyd. Sterk staan. Groete.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 21/05/2024 - 08:50

Ek verstaan Jonika is weer in die hospitaal, Anton baie sterkte vir julle ons bid dat die Heer sal ingryp en spoedige herstel sal bewerkstellig🙏

0
Pretoria

Geert

Tue, 21/05/2024 - 10:41

ja, shame, hulle vang teespoed, Ook sterkte in hierdie moeilike tyd met die verlies van familie lid.....mag julle vertroosting by Hom vind

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 21/05/2024 - 15:25

Slegte nuus is nooit lekker nie, maar hou net moed - julle is nie alleen nie. Baie van ons dink ook aan julle en glo dat dit weer goed sal gaan. 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 22/05/2024 - 07:58

Dankie dat julle aan ons dink en uitryk.     Dit gaan rof.  Jonika se gestel gaan agteruit en sy sukkel om enige infeksie of verkoue ens teen te veg.     Sy is is nou 2de keer in 'n week opgeneem vir behandeling.

Ek is alleen by die huis met die 4 kinders waar elke dag 'n uitdaging is vir ons om te oorleef.

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 22/05/2024 - 08:21

Sjoe, jy moet uitgeput wees Anton! Ek hoop en bid vir ‘n ommeswaai in jou vrou se gesondheid en dat sy gou sal kan huis toe kom. Hopelik gaan dit darem goed met die tweeling?

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 22/05/2024 - 08:40

Dankie Wildehont.  Nogals uitgeput en uitgestress.    Ek moet na die babas kyk, elke 3 ure melk en dan winde en sukkel om hulle aan die slaap te kry.  Wasgoed was, ophang, afhaal en opvou, huis skoonmaak, kinders by skool kry en naskool sport.   

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 22/05/2024 - 09:17

...............dis rof.  Ek het gedink ek het uitdagings met ons Wildtuin-vakansie en Annatjie se gesondheid, maar dis 'n vulletjie teen joune.  Baie sterkte vir jou en ek bid vir Jonika se herstel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus