Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

Anton, hoe gaan dit nou met…
Anton, hoe gaan dit nou met julle 2 dogtertjies?
Môre Hennie. Dankie dat jy…
Môre Hennie. Dankie dat jy uitvra. Die 2 kwêvoëls is gesond en vol streke (en winde). Laasweek geweeg het hulle op 2.7 en 3.4 kg gestaan.
Die 2 is vandag al 3 maande oud! Drink elkeen elke 3 ure 65ml melk en hulle laat mens goed weet dat dit melktyd is . ![]()
Maar dit gaan rof. Ons het probeer voorberei vir die tweeling se koms, maar het nie die kolon / stoma verwag nie. Dit is 'n depresseiwe gemors wat ons sakke leegmaak. Ons het môre weer 'n afspraak by die stoma kliniek om te kyk na alternatiewe of beter metodes om dit te beheer. My arme vrou.
Hallo Anton, bly om te hoor…
Hallo Anton, bly om te hoor dat die 2 kleintjies mooi gewig optel.
Daar sal altyd 'n belangstelling van my kant wees aangesien ek maar 'n sensitiewe kant het met die vroeë geboortes van kindertjies. Die nagevolge en moontlike probleme met so iets kan nie ge-ignoreer word nie. Ek glo en vertrou dat dit egter klop disselboom sal gaan.
Baie sterkte vir julle.
Hallo Anton
Lekker om weer van jou / julle te hoor. Die stoma storie, gaan dit permanent wees of kan die chirurg later die proses omdraa ? Soos jy weet het ek ook nie meer 'n kolon nie, maar gelukkig het ek ook nie 'n stoma nie, die dokter kon 'n plan maak om 'n piep-klein stukkie kolon te behou waar my dunderm aan gekoppel is. My chirurg het ook aan my verduidelik as dit nie sou werk nie, kan hy nog altyd 'n "loop" by die dunderm maak wat kan dien as 'n soort kolon en dan is 'n stoma nie nodig nie. Baie sterkte vir julle.
Ons dogter se omswaai was…
Ons dogter se omswaai was gedoen toe sy 9 maande oud was. Daarna het ons nog verskriklik gesukkel aangesien die boudjies nie gewoond was aan die liggaams sure nie. Ons het wel daardeur gekom en vandag funksioneer sy 100%.
Ek dink Jana is besig om te…
Ek dink Jana is besig om te poef want sy lê hier naby my en kreun vreeslik.
Len, ja die stoma kan omgedraai word. Ek sien egter nie dat dit hierdie jaar gaan gebeur nie aangesien Jonika eers 100% moet herstel en dit neem 6 tot 12 maande.
Hennie die kleintjies doen goed. Klein Jana is so bietjie agter haar sussie, maar hulle het gelukkig geen probleme nie. Al wat hulle nodig gehad het in Neonatal was bietjie suurstof aan die begin en daarna om tot op gewig te kom en te kan melk drink.
Anton, die nuwe "normaal" is…
Anton, die nuwe "normaal" is maar rof, dit kan ek glo. Bly dit gaan goed met die dogtertjies, hulle sal ook groot word, jy bietjie ouer.
Jammer oor vroulief se probleme, immers is sy nog hier. 50 jaar gelede was dit nie so nie. Ek leef nou al 18 maande met my stoma, en die, kan nie reverse word nie. Skud elke dag my kop, kan nie glo dat my oorgekom het nie. Maar dankbaar vir die " bonus tyd " wat ek gekry het met nog ń rukkie hier rond te hang.
Jy sal die steunpilaar vir die familie wees vir ń goeie stukkie tyd. Sterk staan. Groete.
Sterkte Anton Jonika
Dink aan julle sterkte en word gesond Jonika
Voortrekker
Slegte nuus is nooit lekker nie, maar hou net moed - julle is nie alleen nie. Baie van ons dink ook aan julle en glo dat dit weer goed sal gaan.
Dankie dat julle aan ons…
Dankie dat julle aan ons dink en uitryk. Dit gaan rof. Jonika se gestel gaan agteruit en sy sukkel om enige infeksie of verkoue ens teen te veg. Sy is is nou 2de keer in 'n week opgeneem vir behandeling.
Ek is alleen by die huis met die 4 kinders waar elke dag 'n uitdaging is vir ons om te oorleef.
Sterkte Anton
Sjoe, jy moet uitgeput wees Anton! Ek hoop en bid vir ‘n ommeswaai in jou vrou se gesondheid en dat sy gou sal kan huis toe kom. Hopelik gaan dit darem goed met die tweeling?
Dankie Wildehont. Nogals…
Dankie Wildehont. Nogals uitgeput en uitgestress. Ek moet na die babas kyk, elke 3 ure melk en dan winde en sukkel om hulle aan die slaap te kry. Wasgoed was, ophang, afhaal en opvou, huis skoonmaak, kinders by skool kry en naskool sport.
Wow Anton.............
...............dis rof. Ek het gedink ek het uitdagings met ons Wildtuin-vakansie en Annatjie se gesondheid, maar dis 'n vulletjie teen joune. Baie sterkte vir jou en ek bid vir Jonika se herstel.
Sterkte daar Anton, hou…
Sterkte daar Anton, hou julle in ons gebede





Kwêvoels
Klink sois Kwêvoels... te pragtig.