Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -50 minutes ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -5 hours ago

One Drive Memories

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Is daar nog forum-gebruikers wat al hulle foto's op Microsoft se One Drive gestoor het? My dogter het my aangemoedig om dit te doen. Sou jou rekenaar se hardeskyf skielik besluit om die gees te gee - en die inhoud kan nie herwin word nie - het jy 'n rugsteun van al jou foto's op One Drive.

Maar wat ek nogal van hou is die feit dat One Drive elke dag (waarop jy foto's geneem het op daardie spesifieke datum) vir jou 'n herinnering stuur van die betrokke dag se foto's. Ekself gaan selde loer op al die lêers waarop my ou foto's is - behalwe wanneer ek dalk 'n spesifieke foto soek. Dan skielik, uit die bloute, kry jy 'n e-pos met die foto's wat jy op die betrokke dag geneem het. En dit bring meestal 'n klomp aangename herinneringe terug.

Vandag het ek o.a. die volgende foto's ontvang wat geneem is op 1 Feb 2019 tydens ons verblyf in Shingwedzi (tydens een van my vele wegbreke wildtuin toe as ek in die noorde moes gaan werk).

Shingwedzi

Dit was ons chalet waar Ralie amper die dikstert skerpioen, aangesien vir een of ander gogga, in die toilet wou optel. Genadiglik het sy my geroep om dit te kom doen - waarna ek toe sien dat sy met 'n lelike kalant "speel".

Die volgende foto het ek op die S56 (Mphongolo Loop) geneem toe dié ou "dagha boy" pas 'n lekker modderbad geneem het.

Shingwedzi

Tussen gister se foto's is ek weer herinner aan die muskeljaatkat wat ons met verlangende oë sit en aanstaar het toe ons die aand van 31 Jan 2019 in Mopani gebraai het.

Mopani

Aag - en so kan ek aangaan met foto's waarvan ek al amper vergeet het. As jy (ook) nog nie jou foto's op One Drive stoor nie, is dit dalk raadsaam om dit ernstig te oorweeg.

Pretoria

Geert

Tue, 07/05/2024 - 11:29

Daai sighting van Wildehonde is besonders. Lyk my nie vir daai bakkie aan ander kant nie....hy draai sommer om en ry weg

0
Worcester

Wildehont

Tue, 07/05/2024 - 14:49

My kinders het nog nooit wildehonde gesien nie, en julle sien hulle sommer twee dae na mekaar! Dalk is dit hierdie jaar ons gelukkige jaar vir wildehonde. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 13/05/2024 - 15:43

... dat ek gedurende onlangse jare só baie rondgeloop het op 13 Mei. In 2006 was ek op hierdie datum vir die eerste keer by Pafuri piekniekplek. Na my mening is dit die mooiste piekniekplek in die Krugerwildtuin.

Pafuri

Op pad Pafuri toe was ek ook vir die eerste keer by Klopperfontein - op 'n prentjiemooi dag.

Klopperfontein

'n Jaar later was ek bevoorreg om in Grootkolk in Kgalagadi aan te kom. Dit is sonder twyfel my hart se punt van al die kampe in Kgalagadi.

Grootkolk

Net daardie lae muurtjie was jou skans teen ongediertes aan die anderkant. Die braaiplek was in die muur ingebou.

Grootkolk

En saans is dit stiknag-donker - en jy weet nie wat lê anderkant die muurtjie vir jou en loer nie.

Grootkolk

Die kombuis is ook buite op die stoepie.

Grootkolk

In 2011 was ons bevoorreg om by ons ver kinders in Roemenie te gaam kuier. Op 13 Mei was ons by 'n ski-oord (sonder sneeu want dit was vroeg-somer) in die pragtige omgewing van Lupenne.

Roemenië

Roemenië

Roemenië

In 2012 kamp ons met ons tent en gazebo in Shingwedzi. Watter wonderlike belewenis toe twee groepe leeus ons van verskillende rigtings vir 'n lang tyd wakker gehou het met hulle gebrul.

Shingwedzi

In 2013 kamp ons op ons destydse gunsteling staanplek in Karoo Nas Park - die eerste een aan regterkant as jy die kampeerterrein anti-kloksgewys inry. Ons is so spyt dat die staanplek na ons mening verkeerd geplavei is - sodanig dat ons glad nie meer daar staan nie.

Karoo

En ons sien hierdie outjie agter ons karavaan - 'n Karoo verkleurmannetjie (en nog nooit weer gesien nie).

Karoo

In 2021 kamp ons in Shingwedzi.

Shingwedzi

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 15/05/2024 - 09:32

Danksy One Drive word ek weer herinner aan 'n klompie foto's wat op hierdie datum geneem is.

2007: Toe ons in Grootkolk (Kgalagadi) was, maak ons gereed om na Unie-End, die mees noordelike punt aan die Suid-Afrikaanse kant te ry. Terwyl ek ons mandjie met eet- en drinkgoed pak, roep Ralie my. Sowat 150 - 200 meter vanaf ons tenthuis was 'n watergat (sekerlik nou nog) langs 'n kameeldoringboom. Drie leeuwyfies en 'n opgeskote welpie is toe by die watergat.

Kgalagadi

Ek verstaan dat daar deesdae 'n hoë draadheining om elk van die vier tenthuise is, want die leeus het te "hans" begin raak. Die gedagtes wat ek die vorige aand gehad het toe ek in die donker moes instaar terwyl ek braai by die ingeboude braaiplek in die lae muurtjie was dus nie ongehoord nie. Toe ons die oggend van ons vertrek oppak, vra my buurman my of die leeus ons ook so gepla het in die nag. Hy wys my toe waar hulle agter sy tenthuis kerjakker het en sê hulle is wakker gehou met hul skuurdery teen die tenthuispale. Ons het egter van niks geweet nie.

Nietemin - ons het Unie-End toe gery - en o.a. 'n albino bleeksingvalk op daardie dag gesien by die mees noordelike piekniekplek. Terwyl ons daar was, kom die bekende wildlewe-fotograaf, Hannes Lochner, daar aan om juis die besondere voël (wat toe weer verdwyn het) te kom afneem. Hy't gehoor van dié voël wat in daardie omgewing "hou".

Kgalagadi

Kgalagadi

Op hierdie datum, in 2008, het ek en Ralie vir die eerste en enigste keer The Pointer, die bekende spits Karookop wat bokant die Karoo Nas Park se kampeerterrein uittroon, gaan klim. Dit was voor die dae dat daar leeus in die park losgelaat is. Deesdae kan jy dit nie meer doen nie. Maar die uitsigte van daar bo-af is pragtig.

Karoo

Op hierdie datum (2011) het ons ook pragtige natuurtonele in Roemenië beleef toe ons op pad terug was na my kinders se huis in Calarasi. Hierdie pragtige land is nie 'n bekende toerisme-bestemming vir Suid-Afrikaners nie, maar ons wat reeds verskeie kere daar was om ons kinders te besoek, het oor die jare al groot dele van dié land verken. En ek moedig Suid-Afrikaners aan om Roemenië te besoek - dit is 'n pragtige (en vir Suid-Afrikaners 'n bekostigbare) toerisme-bestemming.

Roemenië

In 2016 was ons ook op hierdie datum in Shingwedzi. Toe het die Kanniedooddam in die Shingwedzirivier nog bestaan - watter wonderlike plek was dit nie. Die dam het intussen wel doodgegaan, ten spyte van die naam, toe die wal beskadig is tydens 'n groot vloed (was dit 2020?) en daar besluit is om dit nie te herstel nie. Op 14 Mei 2016 het ons hierdie ou grote in die dam afgeneem waar hy besig was om homself gate uit te geniet.

 

video
0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 15/05/2024 - 11:38

na die mooi Exclusive in die agtergrond, sê ek ook dankie vir die Kameeldoringboom - leeus is bysaaklaugh

Dit is net nie moontlik om kommentaar te lewer op al jou interessante herinneringe nie, maar baie dankie vir die deel daarvan - sommige bekende plekke, en laat mens met daardie gevoel van "wens ek was nou daar". Onbekende plekke: daar is nog baie om te besoek.

Vir my tiende verjaardag het ek 'n gedigte-boekie van Khalil Gibran as geskenk gekry en elke keer wanneer ek na hierdie foto's kyk kom woorde uit een gedig by my op: "brandhout vir die oudag versamel" - nie die presiese nie, maar iets in dier voege. Jy gaan nie koud kry nie, Chrislaugh

0
Pretoria

Geert

Wed, 15/05/2024 - 11:50

Pragtige uitsig en foto van Karoo Nasionale Park....as dit maar net nader aan ons was. Maar ons Pta-ners kan seker nie kla met die ander KNP wat nader vir ons is nie 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/05/2024 - 09:54

Synde dat my ver kinders vanoggend weer wildtuin toe gevlieg het saam met Amerikaanse vriende - en vir 4 aande in Berg-&-Dal sal bly, het ek weer 'n bietjie tyd vir myself. Gevolglik kan ek my mede-forumiete verder verveel met my spesifieke datum-herinneringe soos wat One Drive dit daagliks vir my laat kry.

28 Mei 2019

Len het in sy verslag melding gemaak (en 'n foto geplaas) van N'wamanzi uitkykpunt naby Olifants. Ek het reeds genoem dat dit een van ons gunsteling uitkykpunte in die wildtuin is. Daar is verskeie waarvoor ons lief is soos Bobbejaankrans, Tshanga en Red Rocks. Nietemin, hier is 'n kort video wat ek 5 jaar gelede by N'wamanzi geneem het. Ons het oor die jare 'n groot verskeidenheid van wild daar gesien - selfs leeus.

 

video
0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/05/2024 - 10:01

Op hierdie dag en datum het ons 'n pragtige leeu "sighting" op die S41, net noord van die Gudzanidam, gehad toe ons 'n trop van 18 leeus gesien het.

 

video
0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/05/2024 - 18:54

Nou eers kans gehad om deur jou verlede-geheue te lees en kyk. ek sal sommer bemoerak word as ek so aan die lekker verlede herriner sou word.

Soos Rona seg, by 'n paar van jou plekke was ek darem ook al. Ek dink 18 leeus bymekaar is seker die rekord vir leeu besigtiging. Die beste wat ons kon doen was 11 wat in enkelgelid voor ons oor die pad paradeer het. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 02/06/2024 - 16:18

Ek dink 18 leeus bymekaar is seker die rekord vir leeu besigtiging. Die beste wat ons kon doen was 11 wat in enkelgelid voor ons oor die pad paradeer het. 

Die meeste leeus wat ons ooit bymekaar gesien het (welpies ingesluit) was 23 - by (die gewese) Duke-suiping, suid van Onder-Sabie. Dit was op 11 Junie 2016. 

0
Pretoria

Geert

Sun, 02/06/2024 - 20:02

Ons meeste was ook 11 of 12 leeus. Dit was paar jaar terug toe hulle in die teerpad afgestap het verby Nkhulu terwyl toeriste lekker besig was met brekkies maak en picnic hou 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 06/06/2024 - 17:02

Onder-Sabie bly maar een van my gunsteling kampe in die Krugerwildtuin. Naas Mopani (vir vaste akkommodasie) en Tsendze (vir kampering) is dit ongetwyfeld 'n top kamp wat ligging (op die oewer van die Sabierivier) en voorkoms van wild aanbetref. Die kampeerplekke in Onder-Sabie is dalk ietswat beknop, maar dit is eintlik netjies uitgelê.

Op 6 Junie 2021 het ek die volgende foto's geneem:

'n Gestreepte sandslang, afgeneem regoor Onder-Sabie se ontvangskantoor.

O/S

Die volgende outjie en sy familie is by meeste restaurante 'n bietjie van 'n "nuisance", maar by Onder-Sabie se Mugg & Bean is hulle nogal erg lastig - maar tog mooi.

O/S

Maar die restaurant (Mugg & Bean) by Onder-Sabie is ongetwyfeld die beste wat diens, kos en ligging aanbetref:

video
0
Worcester

Wildehont

Thu, 06/06/2024 - 17:40

Wat ‘n pragtige slangetjie. En die geluid van die spreeus is een wat ek vreeslik geniet. Ek sien vreeslik uit daarna om weer daarna te sit en luister met ‘n bier in die vuis. Dis jammer mense voer hulle en dan raak hulle ‘n oorlas, maar dis darem ook net by plekke waar klomp mense gereeld bymekaarkom en eet. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/06/2024 - 17:48

Die Julie maand gaan ons vir 1ste keer kampeer in Onder Sabie. Ek sien nogal uit daarna om "nuwe" plek te probeer.

0
Pretoria

Geert

Thu, 06/06/2024 - 18:49

Wat vir my die lekkerste is van Lower Sabie se kampeer is hoe staanplekke afgebaken is....daar is nie eintlik geleentheid vir ander kampeerders om jou staanplek oor te neem nie. Hulle is klein..maar groot genoeg vir ons. Dit is hinderlik as jy die middag terug kom van wildsbesigtiging en een of ander knaap het homself teen jou karavaan ingewurm wat nie eers n extra staanplek is nie

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/06/2024 - 09:53

Voel jy nooit effe skaam[?] om so ander mense af te neem nie? Ek het nou die dag dit probeer in dames se ablusie en het vreeslik ongemaklik gevoeldevil

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 07/06/2024 - 10:16

..., ek neem ook graag daar af, maar dit hou ek maar vir myself.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 07/06/2024 - 14:49

Dit laat my weer dink aan die jong Amerikaner wat in 2008 saam met my op ‘n toer was in Botswana. Toe ons langs ‘n luiperd in ‘n dooie boom staan in Chobe vra sy ouer suster waarom hy nie foto’s neem nie. Sy antwoord was; I’m taking pictures with my mind. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus