Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -3 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -6 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -17 hours ago

Die Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

15 Jun Hopetown by aangetroude familie

16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers 

18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)

19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)

26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)

30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)

1 Jul Potchefstroom by skoonouers 

2 Jul Victoria-Wes gastehuis 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 15/06/2024 - 12:55

... omgegee het - of liewer, ek sou graag wou - om nou op pad te wees wildtuin toe nie. Maar daardie lus sal maar tot minstens volgende April moet agterweë bly. Gevolglik ry ek in my gedagtes saam. Ek sien alte duidelik in my geestesoog die plekke waar julle vandag verbyry.

Tydens my werksdae het ek menige keer die pad gery Hopetown toe en bietjie verder tot Modderrivier. Ek kon nog nooit daarin slaag om Kambro padstal sommer net verby te ry nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 15/06/2024 - 13:07

....Truck Stop in Beaufort-wes.  Net 'n week gelede het die Pathfonder en die Exclusive by dieselfde pomp getaan om volgemaak te word.

Lekker en veilig ry ChrisS.

0
Pretoria

Geert

Sat, 15/06/2024 - 17:09

Ons het hierdie plekkie in Hopetown gedurende Desember geniet....maar was bloedig warm. Ek kan nou nie die plek se naam onthou nie. Weet jy wat die plek se naam is Wildehont?

Is daar een of ander toerisme besienswaardigheid by die popcorn plek?

0
Worcester

Wildehont

Sun, 16/06/2024 - 15:57

Nee, ek ken nie daardie plek nie Grootwind. Ons was net by Salomien se niggie-hulle. Was darem betyds daar om die Bulle te sien seevier. 
 

Ons is nou in Potch na 6 ure op die pad. Sover gaan alles goed. Hier het ons by Warrenton gestop vir ‘n PP vanoggend. 
 

A

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 16/06/2024 - 17:59

... in die wildtuin! Watter lekker vooruitsig! Persoonlik sal ek ook Sabledam-skuiling as oornagplek wou probeer. Ongelukkig deel die "government" nie my gevoel nie. Sy't te veel spinnekoppe in die skuiling gesien toe ons daar gaan inloer het.

Julle val seker maar vroegdag in die pad van Potch af?

0
Pretoria

Geert

Sun, 16/06/2024 - 18:27

Julle val seker maar vroegdag in die pad van Potch af?

Hy is by skoon ouers....tyd van vertrek gaan seker afhang hoe laat padkos gereed is?laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/06/2024 - 18:38

Naand vriende, volgens sy program kuier hulle nog môre by die familie. Die man werk met 'n plan, vroulief gaan Tsendze genot toegee, inruil om by Ma te kuier.laugh

Wel, dis baie gerieflik om familie langs die langpad Kruger toe te hê, slaan paar vliege met 1 sleep.. 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 16/06/2024 - 19:05

Hoe lyk brandstof....

verbruik?

Gister was ek haastig want ons het 50 min later weggetrek as wat ek wou en ek wou graag die Bulle se wedstryd kyk. En soos Wessel een keer gesê het; as jy dink die Karoo is plat het jy nog nie gesleep deur die Karoo nie. Ek het gister meestal 103kph werklike spoed gery. Toe ek vanoggend volmaak teen R21,70/l in Hopetown was die verbruik 7,1km:l. 

Vandag was ek minder haastig, en het teen 96kph gesleep omtrent net met spoedbeheer. Opmerklik het die Ranger vandag by 2200rpm gebly. Gister teen die 6kph vinniger het dit na ‘n hoër rat gegaan en dan het die enjin teen net 1800rpm geloop. Die werkverrigting teen 2200 is aansienlik beter wat wringkrag en krag betref. Ek glo dus ek gaan beter verbruik sien wanneer ek môre volmaak. Die pad van Hopetown af Potch toe is ook aansienlik meer gelyk as tussen Worcester en Hopetown. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/06/2024 - 07:05

....môre maat, jy het nog hele toer voor om jou nuwe geprogrameerde trokkie te bemeester.

As jy na die Nm-kurwe kyk, sal jy sien dit spring skerp op by 2200rpm. Daarom is die verrigting vandaar "op sy beste".

Ek sukkel om sin te maak [verstaan] die genoemde rpm en snelhede. Streng gesproke soos snelheid in rat verhoog, moet omwentelinge toeneem. 

Ek lei af dat met sleep teen 96km/hr, is die omwentelinge so laag in 6de rat  dat ECU besluit het om bakkie in 5de [?] rat spoedbeheer te hou om die omwentelinge nader aan 2200 rpm [optimum] te kry.

Teen 103km/hr was die omwentelinge volgens sy ECU voldoende om in 6de rat te bly en teen 1800rpm te "idle". Dit het seker egter teen die bulte gou na 5de rat teruggeskakel. 

Die resultaat in dieselverbruik sal baie interessant wees. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 17/06/2024 - 07:32

Ek lei af dat met sleep teen 96km/hr, is die omwentelinge so laag in 6de rat  dat ECU besluit het om bakkie in 5de [?] rat spoedbeheer te hou om die omwentelinge nader aan 2200 rpm [optimum] te kry.

Teen 103km/hr was die omwentelinge volgens sy ECU voldoende om in 6de rat te bly en teen 1800rpm te "idle". Dit het seker egter teen die bulte gou na 5de rat teruggeskakel. 

Dit is my afleiding ook, en dit is presies soos jy dit hier bo beskryf het wat die blikbrein die ratte hanteer het. 
 

Ek glo gister se 7kph stadiger gaan beter verbruik lewer, en sal gesonder wees vir die ratkas. Mens wil nie eintlik sleep in die hoogste rat nie. En die laer omwentelinge daarin lewer nie optimale werkverrigting nie. Teen 2200 omwentelinge is wringkrag omtrent op die bopunt van sy kurwe, krag deur die aanvanklike skerp toename en daarna geleidelik oppad daarna om af te plat. 
 

A
 

 

0
Pretoria

Geert

Mon, 17/06/2024 - 08:07

Ek kan nou nie die plek se naam onthou nie. Weet jy wat die plek se naam is Wildehont?

Ek het op Google Maps op die plek se naam afgekom....Klipkraal padstal 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/06/2024 - 08:24

...ek het gou my somme spreitabel oopgemaak.

Wat ek vind [teoreties] gebaseer op my 2013 Ranger 3.2 td ratverhoudings, is as volg;

rpm       5de        6de

1800                     98km/h

1900                     103

2200     95           119

 

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 17/06/2024 - 12:31

Die syfers maak sin. Dan bly ek liewer by 97kph. Gister se rit het ek 7,5km/l gekry en eergister 7,1km/l

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/06/2024 - 17:38

... jy sal tenminste jou omwentelinge bo 2000 moet hou om darem 500Nm te benut. Dit behoort jou so 108km/hr in 6de rat te gee. 

Dis eintlik jammer dat daai baie Nm by sulke hoë toere is, snelheid raak hoog in 5de rat.  

0
Worcester

Wildehont

Mon, 17/06/2024 - 18:31

Kara was vanoggend by die dokter. Sy kla al twee weke van hoofpyn en die laaste paar dae dat haar neus toe is en sy nie kan ruik nie. Darem net sinus infeksie en ons het medisyne vir haar gekoop. Ook die res van ons proviand en vars goed. Lg is skaars en vrek duur in die park. Ek en Salomien het die Ranger oorgepak. Môre wil ons vroeg opstaan en ek hoop om 06:00 te ry sodat ons water en hout kan kry in Phalaborwa voor ons by die hek ingaan skuiling toe. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/06/2024 - 18:56

....ry jy onder om JHb, of gaan jy Westonaria, Krugersdorp, Pretoria deur ry. 

Lekker verder sleep, kry maar voertuie wat voor jou ry vroegoggend, en hou pad oppervlak maar fyn dop vir snaakse voorwerpe. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 17/06/2024 - 20:23

Ons ry die Rysmierbultpad. Dus rigting Carletonville maar ons draai lank voor dit af na die N14 toe. Dan Tarlton en die regs links onderkant Krugersdorp en verder op die N14 tot dit N1 word. Ons behoort darem al lig te hê wanneer ons die gevaar areas nader maar sal uiters versigtig wees. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 18/06/2024 - 04:59

jy sal tenminste jou omwentelinge bo 2000 moet hou om darem 500Nm te benut. Dit behoort jou so 108km/hr in 6de rat te gee. 

Ek gaan vandag kyk watter snelheid hou dit bo 2000 sonder om te vinnig te sleep. Omdat die Ranger werklike snelheid meet met die 85 profiel bande, wil ek nie regtig teen veel vinniger as 100 sleep nie. Ek weet reeds 103 sak na 1800 toe in sesde rat. Ek kan dit in 5de hou, maar is dit regtig die ekstra 3kph werd?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus