Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -25 minutes ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -1 hour ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago

Oktober Karoo kuier

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.

Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard  het, die spesiale geleentheid hier deel. 

Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.

Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.

Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep. 

Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.

Groetnis.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 21/10/2024 - 19:31

Hier iń foto van die Karoo Leeus in die normale  Leeu wees modus. Nie baie fotogenies nie.indecision

Leeus

Ander sighting van ń African Wild Cat, was te vinnig om ń foto van te neem. Eerste keer in die Karoo N Park vir ons. Die kleur hier verkil effe van die Kgalagadi katte, meer rooibruin op plekke.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/10/2024 - 19:51

....mens noem----oop ketels lê!!!! Die ander kuise sussie lê pote bymekaar asof sy haar hande saamslaan vir die sluwe sussie

0
Worcester

Wildehont

Mon, 21/10/2024 - 20:33

…dis ‘n swart renoster daardie! Plaas asb die oorspronklike foto hier. Dit moet ‘n wenner wees.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 21/10/2024 - 21:41

is 'n prentjie Neef Herman - dalk net 'n bietjie "too close for comfort". Sjoe!

Skaamtelose leeu, ai! Party meisies het ook geen idee van hoe om die fynere kuns te hanteer nie. Hulle bly darem steeds mooi om te sien.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 21/10/2024 - 21:48

Het iemand gehoor of Len-hulle veilig tuis is? Hy is nie sommer vir so lank so stil nie. Bekommer my.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/10/2024 - 06:13

Môre Chris S, jy het nou 2 teenstrydige opmerkings oor Herman se renoster gemaak;

1] eers as wit, omrede kleintjie voor die ma draf

2] en hierbo as 'n swarte

Ek kan nie so duidelik die verskil in bolip [tuitbek] sien op Herman se foto nie.

Herman: het jy dalk by 2 geleenthede renosters gesien, dalk wittes en swartes ??

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 22/10/2024 - 06:39

Net Swart Renosters in die Park Wessel. Ons het 2 keer gesien.  Wildehont het reg vertel van die kalfie gedrag. Die jongetjie was egter spelerig, en het ń Gemsbok gepla wat toe weghol. Hy is agterna met die ma in tou.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/10/2024 - 07:17

....en so is dit opgeklaar. Ek het gou op internet gaan loer, die ander twee duidelike verskille tussen wit en swart is;

1] massa, witte kan tot 2300kg wees, en swarte hoogstens 1000kg

2] swarte het 'n baie meer prominente knak in die ruglyn  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/10/2024 - 20:59

...............sulke spoggerige besigtigings soos ons mede-kampkarnallies gehad nie, maar ons het tog die lekker rustige gekuier en geselsies baie geniet.  Met my anderhelfte se mobiliteitsprobleem kon ons ongelukkig nie te veel en te lank op 'n slag rondry nie.

Dit bly egter 'n heerlike plek om te ontspan en net rustig te wees.  Ons het gelukkig Sondagmiddag laat opgepak en gedurende die nag het dit heerlik gereën en ons is Maandag oppad huis toe kort-kort verras met reën.

My stilte op die forum : Ons het Saterdagaand die slegte nuus ontvang dat my seun en skoondogter se Lekkeslaap Selfsorghuisie in Sutherland tot op die grond afgebrand het.  Hulle het soveel liefde en geld in die plekkie ingesteek en nou dit.  Daar was huurgaste in die huisie, maar dis nog nie seker hoe die brand ontstaan het nie. Die gebeure het ongelukkig iewat van 'n demper op ons kuiertjie geplaas

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 23/10/2024 - 05:54

Len                                                           

Is bly julle is veilig tuis.

Ai dit is jammer oor die kinders se droom huisie wat nou niks van oor is nie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 24/10/2024 - 12:38

Toe ons Maandag teruggery het, wys Annatjie vir my 'n rofie tussen haar wysvinger en duim waar sy 'n snytjie veroorsaak het tydens die sny van tamaties, so het sy gedink.  Dinsdag het haar wysvingerpunt begin doodgaan en verlede nag het haar hele handpalm erg begin pyn.  Steeds kon ek die "rofie" nie afkry nie en is vanoggend vroeg, eerste afspraak, dokter toe.  Die dokter bepaal toe dis geen rofie nie, maar 'n bosluis wat al daar vir minstens 4 dae sit !  Met 'n gesukkel is die bosluis verwyder nadat dit uitmekaar gebreek het.  Die oorblyfsels is een vir een uitgegrou en Annatjie moet nou 'n kursus antibiotika drink.  Sy drink ook 'n sterk kursus pynpille om die pyn onder beheer te hou.

Sy moes iewers in Karoo die bosluis gekry het, maar tog was sy nêrens in bosse of lang gras nie.

Hoe meer dae, hoe meer dinge.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/10/2024 - 12:55

sjoe, dis erg. 

Mens is altyd onder die indruk dat mens in lang gras moes wees, om 'n bosluis te kry.

Ek weet 1 van die boere rate is om bloot die bosluis met dik vaseline te bedek. Na paar dae vrek die ding omdat dit nie lug kry nie, en val af.

Die ander ene is om pypolie aan te smeer, met dieselfde effek. 

Wat ek wel weet, is dat die kop verwyder moet word, mens trek nie net 'n bosluis af nie, dan breek die kop af.

Sulke is daar wel voordele in om pyp te rook. Skielik mis ek myne wat in garage gebêre is.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 24/10/2024 - 14:27

... aan al my Karoo-rakkermaats wat saamgekamp het. Dit was lekker om weer vir Len en Neef (met gades) van aangesig tot aangesig te sien. En natuurlik was dit ook lekker om vir Jan en Elmarie in persoon te ontmoet.

Jammer om te hoor van Annatjie se bosluis-probleem. Ekself het ook 'n bosluis van my bo-arm afgehaal (voor dit kon byt) gedurende die eerste week. Maar ek weet waar myne vandaan gekom het. Toe ek vir Bibi (die mak koedoe) 'n stukkie appel gevoer het, het sy aanhoudend aan my geskuur vir nog - en sy't heelwat bosluise op haar gehad. Ek het vir Ralie genoem dat haar bosluise op mens kan afklim - en wraggies, net 'n paar minute later kry ek die bosluis op my arm. Ek wens Annatjie spoedige beterskap toe.

0
Sandbaai

maurits

Thu, 24/10/2024 - 17:27

Chris jy wil nie dalk jou termometer by die dr. laat toets nie. Jy wag altyd vir die warmste maande om by die warm plekke te kampeer! Maurits

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 25/10/2024 - 17:25

Vandag n "card reader" aangeskaf. Nou kan neef die kamera se kaart met die katoeter aan die laptop of foon koppel. Sal so bietjie moet oefen, die foto's na foon is bietjie afgewater.

Hier is Vuka se foto soos op die laptop.

Ek sien die pixels is verminder, maar dit is seker wat die webwerf doen.

vuka

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/10/2024 - 17:38

...dit is presies wat ek ook gebruik.

Jip, die forum se webwerf verminder die pixels, maar die kwaliteit is nie opmerklik slegter nie.

As ek byvoorbeeld my watermeter afneem, en vir stadsraad maandeliks epos, vir fakturering, dan verklein ek eers self die foto. sodoende bespaar mens baie op jou databundel se verbruik.

Vuka lyk nou amper vriendelik en aantrekliklaugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/10/2024 - 19:49

Is dit algemeen bekend dat KarooNP renosters het. 

Dalk moet daar ook 'n regulasie wees op sulke inligting. Byvoorbeeld almal weet Kruger het renosters, mens mag net nie noem waar mens hulle gekry het nie.

Herman het weliswaar nie genoem waar hy Vuka raakgeskiet het nie, ek spekuleer sommer in die algemeen.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 25/10/2024 - 20:03

Ons sal nie op die " sightings" kaart dit merk nie. Inteendeel is daar nie stickers vir renosters nie.  Kampers deel inligting met mekaar oor waar jy gesien het, en dan vat jy maar ń kans. Die diere raak in ń oogwink weg in ń bos of stukkie dooie grond.

Die besoekersboek het ook nie ń plek vir Renoster sightings nie. Maar soos jy noem Wessel, almal weet daar is, en dit sluit " almal" in.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus