6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 minutes ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -27 minutes ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -34 minutes ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Kaap

Goeie Hout

Sun, 12/01/2025 - 18:09

WILDEHONT.  Mooi gese.

Maar ek verkies my ou fleetlinetjie.  Baie lief vir karavane en daai boswaens is nie vir ons.

Mooi loop.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/01/2025 - 18:29

Jis pelle, ons het seker 'n jaar of wat rondgesoek na iets om mee te kampeer. Baie gou het ons besef/besluit dat daktente op trokkies of waentjies nie vir [hierdie] ouer grootmense is nie.

My vorige Hilux het 'n baie klein lisensiegewig gehad. Dit het my soeke beperk tot waens wat wetlik gesleep mag word. So kom die gebruikte Kavango toe op ons pad, en dit pas in die skadu staanplek by ons kasteeltjie, EN in my beursie, en is ligter as my trokkie. 

Koop toe die boswa, min wetende dat behoeftes gaan verander. Nou is ons alweer 6 jaar ouer en wat vir jonger mense nie problematies is nie, begin net daai effense moeite raak. 

Om nou weer iets te koop wat by deesdae se gatkrulle pas, is net finansieel uitdagend. Byvoorbeeld, 'n 2023 Nayela word nou adverteer vir kR750. 'n Nuwe Gecko se basis prys is nou kR594. 

Dus, die lank en kort is, ons probeer nou maar kampeer met die Kavango, en pas aan by ons gatkrulle. Soms slaan ons alles oop en op, en gewoonlik vir 'n nag, lig ons net die dak op.

Ek sukkel dus met die gebod wat in [my] nuwe afrikaans sĂȘ---jy mag nie jou naaste se Land Cruiser of sy Gecko, begeer nie.laugh 

 

 

 

Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 12/01/2025 - 19:02

Is al deur alles                                                of ten minste die meeste kampgoed deur die jare. 

Eerste kamp was met tente toe Tour-A-Way opvou wa, weer tente, karavaan,  weer tente en toe met virskillende pad karavane. 

Tydens ons laaste 2jaar in Durban het ons baie saam met ons kerkgroep gekamp wat almal boswaens gehad het. Ons was die enigste padwa in die groep. Almal het baie lank geneem om op en af te slaan en altyd met ons gespot wat so gou kamp opbreek. Gelukkig het hulle kinders gehad wat kon help. 

Soos ons jare aanstap het voorkeure verander en ons was gelukkig in die posisie om te kon aanpas. Die voordeel van net awning of voltent werk vir ons baie goed. 

Met ons ouderdom en huidige wa kan ons hopelik vir nog lank kamp wat miskien nie vir ons moontlik sou wees met meeste boswaens nie. Om duur boswa nou te koop wat ons behoeftes pas sal finansieël nie slim wees nie.

Dit alles gesĂȘ gun ek almal se keuse en sou ons seker ook 'n boswa aangeskaf het as die jeug aan ons kant was. Dit gee jou net 'n ander kamp ondervinding. 

 

Worcester

Wildehont

Sun, 12/01/2025 - 20:19

Dis nie net smaak nie. Soos hier bo genoem kos ‘n nuwe boswa amper soveel as ‘n nuwe bakkie om dit mee te sleep. 

Worcester

Wildehont

Fri, 24/01/2025 - 15:13

Iemand het my Desember vertel van Jaguar boswaens. Ek het intussen vir Jacques ‘n e-pos gestuur en vinnige terugvoer gekry met sy pryslyste. Die waens is goed geprys in vergelyking met produkte soos Bushlapa, Conqueror en Echo. Hulle is ook van vlekvrye staal, en kan pasgemaak word indien jy dit verlang. 
 

Die Kovu kos R358000 en Inkwe R320000. Albei pryse BTW uitgesluit. 
 

Hier is meer inligting en die webwerf het foto’s:

‱ Under 10 minutes set up time

· Can be stored in a standard garage

· Sleeps 4 adults (2 double beds) / Sleeps 2 adults (1 double bed)

· Wing Awning 270˚

· Lots of Storage Space

· Kitchen with stainless steel kitchen top/table

· Built-in Clothing Cupboards with Canvasing in front

· Charging wiring connected to towing vehicle with 1 x battery (can fit a 2nd battery), LED lights, Anderson Fridge plug

· 140Watt Solar panel with solar regulator

· 220volt power - Inlet plug, 3 way Multi output plug outside and 2 x inside- & fridge/freezer plugs

· Heavy duty Drawer system (Fridge/freezer slider)

· Stainless water tank with pump and filler cap

· Electrical panelboard and 12volt battery monitor

· 6L Geyser with 12volt pump

· Heavy duty body and chassis - Rust resistant

· Staunless Steel Chassis, body and Nose Cone

· Powder Coated outside

· 2 x 15” Wheel rims, 6 stud, black epoxy rims & Spare Wheel included

· 2 x Stabilizers/High lift Jacks

· Removable heavy duty Jockey Wheel

· 1600kg GVM

· Overrun brake system, 1800kg Solid beam Axle with 8 Blade Leaf Springs (2000kg), 2000kg braked coupler

· Kitchen drawer system with double cast iron gas burner.

· Jerrycan with Holder

· Wood Storage roof rack on Nosecone

 

Guarantee – 1 Year (ex-factory) on material and workmanship, other items as per manufacturers guarantees

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/01/2025 - 16:06

Die ou se webblad werk nie goed nie. Ek kon darem paar fotos sien, genoeg om te besef ek kyk na 'n tipe Bush Lapa.

Daarna sien ek op die 4x4 Community forum dat BushLapa wel vir die firma gedagvaar het in die' verband. Ek wonder of Jaguar die saak gewen het, omdat hulle steeds in besigheid is.

Ek sal egter nie wakker lĂȘ oor die wa nie. Die BERG CX3 en GECKO tower steeds verleidelike finansieel-bose begeertes by my op.wink 

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 24/01/2025 - 16:33

Dis naweek, en met tyd op hande het ek ook na die twee boswaens gekyk (sommer net). Dit is ongelooflik wat die ontwerper(s) met spasie kon uitrig. Oor die voorkoms kan ek net sĂȘ "wow"! Ek sien nie 'n stort nie - miskien verkeerde bril op?

Die pryse - weet nie hoe dit met dié van kompetisie vergelyk nie, maar lyk nie te rof as mens kyk na die lang lys inligting hier bo (van Wildehont) nie. Ag! BTW. Kan hulle nie besef dat 'n kampeerwa meer noodsaaklik is as mieliemeel nie?

Kaap

Goeie Hout

Fri, 24/01/2025 - 21:02

Nuwe goed lyk so lekker.  Maar die banke raak ryk uit ons.  Die Jaquar is n Bushlapa.  Die reel is dat jy nie mag met n ander se kalwers mag ploeg.  Die Jaquar lyk baie na die Bush Lapa.

Ek het nie die geld vir hulle.

 

Lekker naweek almal,

Worcester

Wildehont

Sun, 26/01/2025 - 12:09

Bushlapa het blykbaar die geveg verloor. Wat ek daaruit leer is dat Bushlapa verskriklik overpriced is. As ‘n eenmansaak ‘n soortgelyke produk vir helfte van die prys kan verkoop, en dit boonop uit vlekvrye staal maak, dan maak Bushlapa meer as 100% wins. Met eknonomie van skaal in ag genome waarskynlik nader aan 150%

Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/01/2025 - 15:27

....moes iets verander het om te kon voortgaan, ek stem saam Chris S.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/02/2025 - 07:24

Na aanleiding van Hennie se inset elders vanoggend, kan ek net saamstem. Boswa pryse het ongelooflik duur geword. Dit lei dan natuurlik ook tot duur pryse vir gebruikte waens.

Erens gaan die mark inmekaar tuimel, aan die Rand is daar 'n magdom gebruikte waens te koop, almal jonger as hoogstens 5 jaar. 'n Ander groot faktor is die groot aantal vervaardigers wat die boswa mark bedien. Ek vermoed hulle sny mekaar se kele af. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/02/2025 - 08:21

Chris S, ek sien op hulle webblad dit word aangetoon as R593000, belasting ingesluit, MAAR dan kom al die ander goete nog by, soos National Luna, sonpanele, ekstra Li-batterye, "movers", lugreeling ens.

Die meeste vervaardigers prys hulle waens op die beginsel. Almal benodig nie al die ekstras nie, omrede mens dit reeds het [?].

As ek dink wat ek reeds het in my Kavango, net nie "movers" nie, is die keuse maklik----hou wat jy het. Ek gaan egter vinnig deur draadborsels, maar dis cheap, net pynlikcrying  

Vanoggend se webblad pryse, sonder ekstras vir;

Berg CX3    R580 000

Gecko          R594 000

Enkulu 2     R504 000

Wonder wat gaan die naweek se skou pryse wees. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/02/2025 - 13:48

Chris S, gaan kyk gerus op

caravanparks.com/classifieds

na gebruikte boswa pryse. Maak net seker jy sit stewig!!!

Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/02/2025 - 10:10

Hennie, ek is bekommerd oor die wa. Die voorkant en oopmaak vir 'n bed is amper presies dieselfde as die AFRISPOOR Caracal.

Duidelik steur boswa vervaardigers hulle nie daaraan om patenteregte uit te neem nie. Moontlik is dit die patente-koste verbonde wat hulle weerhou. 

In die algemeen word daar vreeslik baie "gekopieer" tussen rolspelers in die bedryf.  

Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/02/2025 - 10:36

Hennie, ek het gou gaan loer op hulle webblad. Daar is 'n wa, soos in titel genoem, wat dalk die nuwe is.

Uitstekende uitleg vir 2 mense;

vaste dubbelbed, volledig binne

stortkamer en aparte toilet binne

en klein sitbankie.

Die vloerplan lyk die ene Gecko, en is presies waarna ek soek in 'n wa. 

Worcester

Wildehont

Thu, 20/02/2025 - 11:25

Ek het al ‘n paar van die waens gesien by oorde en in die Krugerwildtuin. Die heldergroen naam is nie vir my te mooi nie, maar verder lyk dit na ‘n netjiese wa. Ook maar duur, maar lyk of dit meeste goed insluit. Die ekstras op die Mbada Nova 2D wat R509000 kos is net ‘n stone protector, kantpanele vir die vlermuisvlerk, porta potty, dak vir die storthokkie en ‘n 100Ah lithium battery  (loodsuur battery word ingesluit). Ek het gisteraand toevallig op die video hier onder afgekom, en toe gaan kyk wat dit kos. Dalk nog een vir jou lysie Wessel?

video
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/02/2025 - 11:58

Die tawwe katjie sal nie vir ons werk nie. Het al 'n paar keer na hom gaan kyk, dit tik nog nie al die blokkies nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus