6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -7 minutes ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -25 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Pretoria

Geert

Tue, 06/10/2026 - 17:16

Daar is maksimume op concervation fees van R300 per persoon....selfs al bly jul 10 dae. Dis R300 x 2 = R600 plus self drive maan-don R150 wat R750 is. As jy al Sondag begin rond ry R250....dan R850 totaal 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/10/2026 - 17:55

Geert, dit is dan BAIE beter as Pilansberg.  Dalk moet ek oorweeg om sommer paar aande in Almega bespreek. 

Net kyk wat seg langtermyn weervoorspelling.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 06/10/2026 - 21:58

Was dit die 1ste keer dat jou broerskind in SA en 'n wildtuin was.? hopenlik het hy dit so geniet dat hy, sy familie ook bring vir 'n volgende besoek. 

Wessel, jou vraag hierbo : Nee, die knaap was al baie hier met vakansie saam met sy gesin, maar gewoonlik besoek hulle die Kruger Wildtuin.  Hy is 'n plein Afrikaanse Suid-Afrikaner wat in Menlo Park hoërskool gematrikuleer het en is 'n vurige Bloubul ondersteuner.  Hy is 'n oor-neus-en-keel spesialis in Oostenryk, is getroud met 'n Poolse dermatoloog wat in Oostenryk grootgeword het.  Hulle het 'n 7-jarige seuntjie en sy pa, oupa en ouma praat net Afrikaans met hom. Sy ma is Duitssprekend en praat met hom Duits terwyl sy Poolse oupa en ouma Pools met hom praat. Op sy ouderdom is hy drietalig vlot magtig.  Hy is gek oor die Kruger Wildtuin. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/10/2026 - 22:12

...sjoe dit klink baie soos my kleinkind verhaal. My seun het in Pole begin werk, met 'n Poolse meisie getroud, en bly nou in Dubai. Kleindogter word blootgestel aan Afrikaans, Pools en dan Engels. 

My een dogter met gesin is in Miami en ander dogter in London. 

Soos baie ander gesinne in die land, is my kinders ook almal dus landuitsad 

Kaap

Goeie Hout

Wed, 07/10/2026 - 07:34

Hallo Wessel.

Die storte aan die mans kant was altyd koud en geen personeel op terrein nie.

Dit is wel n mooi plek, maar sal nie weer gou daar uitkom.

Mooi bly almal.

Pretoria

Geert

Wed, 07/10/2026 - 07:55

Ons het nou 2 weke terug die scooter ritte gedoen by Almega....daai groen grasperke is darem aantreklik pragtig. Miskien kamp jy vir GrootG daar raak...dink hy het al aandele daarlaugh. 

Ons kyk om volgende keer by Ngata te kampeer...lekker staanplekke teen die Big5 draad. Bushbabies lyk ook baie netjies en aantreklik, maar die grondpad is bietjie lank vir my padkaravaan 

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 08/10/2026 - 00:09

Ek het vandag kruideniers gekoop by Checkers. Eers netnou, nadat ek klaar weggepak het, val my oog op die 'till slip'. Heel onderaan staan ESKORT en dat ek 'n inskrywing ontvang het vir die Eskort Braai-Lux Kompetisie. Prys op die spel: Toyota Hilux 2.8 GD-6 4x4 Raider 6AT, waarde R1.2m. Kompetisie sluit 22 Nov.

Sjuuut! Moet vir niemand sě nie. Ek deel dit net met forum vriende. Maak gou en gaan skaf jou varkribbetjies aan.

*Ek adverteer niks - help net met die keuse van vleis vir jou volgende kampeerbraai☺️

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus