Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -2 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -2 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -3 hours ago

Musiek

Sandbaai
Submitted by maurits on

Servaas het gister by ons kerkbasaar lekker musiek gemaak. Die van julle wat hom ken en so stukkie wil hoor kan laat weet. Ek het so kort video opgeneem maar my kop weet nie om dit te plaas nie. Ek kan op n selnommer dit stuur. Maurits

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 23/03/2025 - 20:59

maar sal ook baie graag na sy musiek luister. Dankie vir die gedagte Maurits, sien uit daarna.

Is dit nie hoeka dieselfde persoon (Servaas) aan wie Wildehont gedink het toe ons gepraat het van deelname aan die ATKV musiekkompetisie nie? Indien so, Maurits, dra sommer asb. die boodskap oor - daar is nog 'n week tyd om in te skryf.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 23/03/2025 - 21:32

Dankie Maurits en Voortrekker. Dit was lekker om te sien en hoor. Servaas kan met 'n vorige era se musiek nog vir 'n hele paar van die hedendaagse musiekante "a run for their money" gee.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/03/2025 - 12:19

... jy't toe reggekom om jou videos van Servaas gelaai te kry. Ek het gesukkel om die langer video clip na my e-pos te stuur- sodat ek dit van my laptop kon laai na You Tube. Voortrekker is beslis nie so tegnies-gestremd soos ek nie.

Servaas was my eertydse bankier en sy vrou, Martie, het nog vir etlike jare na sy aftrede by Nedbank in Kleinmond gewerk. My seun se "start" van sy besigheid was moontlik danksy Servaas wat die nodige finansiering destyds bewerkstellig het. Hy is steeds, na 22 jaar, 'n lojale Nedbank-kliënt. Dankie Servaas!!!

0
Onrus

Servaas Verster

Tue, 25/03/2025 - 11:58

Ek word  elke jaar gevra om by Onrus Gemeente se bazaar te kom speel. Ons geniet dit baie en dit bring 'n lekker atmosfeer by die bazaar. Toe ek weer sien toe staan Maurits voor ons met sy kamera.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 25/03/2025 - 14:18

Dankie vir die inloer hier op die forum en ek wil sommer so voorbarig wees om te vra dat jy asseblief nooit weer moet weggaan nielaugh. Terwyl Mauritz hierdie draad geskep het, wat van so 'n klein video-bederfie af en toe?

Dan weet jy seker ook nou van die ATKV se musiekkompetisie vir 50+'ers. Ek dink darem die mans in die foto val net-net in daardie kategorie en vir die dame behoort hulle 'n uitsondering te maak.laugh. Miskien het jy reeds ingeskryf?

0
Onrus

Servaas Verster

Tue, 25/03/2025 - 17:41

Ek weet nie so lekker van die kompetisie nie maar ek sal wel probeer inskakel by musiek groepe waar ek kom. Ek moet nog 'n gaatjie kry in die karavaan of kar vir een  kitaar en een klein amplifier. Sal maar mooi praat met my vrou.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus