Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 minute ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -28 minutes ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -51 minutes ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -1 hour ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -5 hours ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 22/11/2025 - 22:43

Nie die bokke se beste vertoning nie, maar sjoe, ek is bly dat hulle die voorspelling in die media verkeerd bewys het - "Ireland by 6". Oor die skeidsregter en sy helpers - ek is beïndruk met hoe koelkop mnr Carney die wedstryd hanteer het (hy het moontlik te min geelkaarte in sy sak gehad, anders was daar meerlaugh) SFMngomezulu het my laat skrik - het 'n rooikaart verwag.

Maar nouja, 'n wen is 'n wen en meer spesiaal in Dublin.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 23/11/2025 - 09:33

... tot 'n einde - bedoelende die vinnige naweek in Hartenbos. Maar tog is dit darem nie einde van ons wegbreek nie. Ebb & Flow en Bontebokpark lê nog voor.

Synde dat ons 10:00 hier moet uit wees en eers 14:00 by Ebb & Flow kan inboek, sal ons maar so stadig aankruie en by al wat 'n strandplekkie is gaan inloer. Dan nog iewers 'n middagete geniet - net iets ligs, want vanaand is Wessel se gunsteling op die spyskaart, 'n kerrie-potjie. Ek moet sê dat die koeler weer is die ideaal vir 'n bietjie kerrie vanaand.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 23/11/2025 - 10:43

Ag nee man, ry eerder vinniger, en geniet 'n ordentlike bord boerekos iewers.

As jy so aankruie gaan almal agter jou dink jy ry met 'n 2.4 Hiluxlaughlaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 23/11/2025 - 11:43

Julle kan daar aandoen as julle tyd wil verspeel. Dis ‘n ent grondpad maar niks wat die 2.8 nie sal kan hanteer nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 23/11/2025 - 17:15

Ons was 13:30 hier nadat ons teen skilpadspoed hiernatoe gery het. Gelukkig was ons eenheid klaar gediens en kon ons dadelik "intrek" - nadat ek ingelig is dat ons Wild Card verval het. Dit kos nou-al 'n allemintige R1525 om dit te hernu (vir 'n paar).

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 23/11/2025 - 19:24

...julle sal moet help. ek sien Geert praat van 'n Noord en Suide deel.

As ek so na die bostaande fotos kyk, is die plek darem netjiese onderhou. Watter deel is hierdie fotos?

Wildekaart is effe duur, maar as mens baie aande deurbring in Sanparke, is dit tog 'n groot besparing. Met daai nuwe 4x4 gaan jy mos nou meer gereeld Namakwa 4x4, Richtersveld, Kgalagadi, en KarooNP besoek.

So ongemerk was ons met ons huidige kaart, gekoop Mei'25,  reeds 33 aande in Sanpark oorde. Ek dink ek het reeds baie gespaar.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 23/11/2025 - 21:05

... suidkamp geneem. Persoonlike voorkeure verskil. Ek weet dat Geert verkies die noordkamp, maar ek verkies weer suidkamp. Beide kampeerterreine word egter netjies onderhou. Ebb & Flow is sonder twyfel een van die netjieser Sanparke.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 24/11/2025 - 12:54

Chris B ek stem saam.  Ebb & Flow is bitter oulik en word mooi onderhou.  

Volgende keer gaan ek Geert se raad neem en Noord kamp.  Wil sien hoe dit daar is.  Seker stiller as in Suide.

Mooi week vir almal.

Ons het hulle darem dood geskrum....Ek het Sondag Irish Stew gemaak.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 24/11/2025 - 16:25

Die hoof rede hoekom ons Noord gekies het, was omdat by Sanparks se besprekings kantoor in Pretoria presies hierdie skildery/foto hang. Dit het vir my so aantreklik gelyk en vir personeel gevra waar dit is....toe sê hulle Ebb en Flow Noord....vandaar die keuse

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/11/2025 - 16:44

....bespreek mens Noord of suid, of bespreek mens net 'n plek en met aankoms, maak mens die keuse?? 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 24/11/2025 - 17:20

Hi Wessel. Mens bespreek vooraf op hul webtuiste Noord of Suid. Dan kies mens met krag of sonder krag. Dan kies mens rivier front in nie Rivier front. Mens kan nie staanplek nommers bespreek nie....vandaar is dit 1st come 1st serve basis

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/11/2025 - 07:24

Ons het omtrent 'n nat November. Tot hede het ek ongeveer 150mm gemeet in die dorp.

Sommige boere met wild-jagplase juig, en koring boere huil want hulle moet stroop. 

Was die boere toe tevrede???? hang af met wie jy praatlaugh 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 25/11/2025 - 07:58

Ons het afgelope week al 3x hael gehad. Gelukkig elke keer klein wat nie skade maak nie. Gras groei nou met n spoed

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 25/11/2025 - 09:28

Hier by ons is dit ‘n gestoei om grasperke te onderhou in die somer. Dis warm, dis droog en die wind help nie. Op die grasperk voor die huis loop Salomien en die kinders se badwater uit, so dit lyk mooi. Agter die huis kry die gras baie meer verkeer en minder water, en die kweek is besig om stelselmatig die hele grasperk oor te neem. Dit is droogtebestand maar trek gou geel as dit droog raak. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 25/11/2025 - 13:38

... van hul kanovaarte op die Touwrivier hier by Ebb & Flow. Met sy Duzi-evaring aanvaar ek dat hy in staat is om sommer 'n paar keer agtermekaar op en af te roei.

Maar as enigeen nog in staat is om 'n bietjie te roei, is dit 'n aanbeveling van my om hier te kom roei. Ek en Ralie het dit by twee geleenthede gedoen. Die eerste keer was die watervlak 'n bietjie laag en kon ons net tot by die voetgangerpont roei. Daarvandaan het ons die staproete tot by die watervalle gestap - 'n skouspelagtige staproete. Met die terugkeer (op die water) was ons gelukkig om die bosloeries te sien - werklik iets raars.

Die tweede keer toe ons 'n kano gehuur het, was 'n taamlike winderige dag. Met die "oproei" in die rivier het dit maklik gegaan met die wind van agter. Maar die terugroei was so ietswat van 'n nagmerrie-ervaring. Die wind het intussen sterker begin waai (reg van voor af). Ons kon byna nie wegkom nie. Jy roei en roei, maar as jy na die oewer kyk, kan jy sien dat jy eintlik niks vorder nie.

Hierdie keer het ons besluit dat die arms nie meer geskik is vir roei nie en het ons (soos oumense) die maklike uitweg gekies deur op 'n gemotoriseerde boot te klim. Maar dit bly 'n wonderlike ervaring om so tussen die natuurlike woud aan weerskante van die oewer op die water te gly.

Ebb & Flow is 'n top-bestemming.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 25/11/2025 - 14:46

Op die foto’s wat van die boot af geneem is op die Touwrivier het dit my opgeval hoe baie kampeerders daar op die oewer was. En dit terwyl skoolkinders nog eksamen skryf. Seker afgetredenes. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/11/2025 - 15:38

terwyl kinders moet skoolgaan ???

Ek verstom my deesdae hoeveel kere ek kinders in oorde sien. By navraag/gesels blyk dit dat baie mense deesdae tuisskool.

Met my kinders was dit 'n uitsondering, en het baie kere skewe kyke gekry, op die tuisskool antwoord. laugh  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 25/11/2025 - 16:42

My kleindogter in Roemenië was vir haar laerskooljare in 'n Roemeense privaatskool. Die kostes was baie hoog en daarom het sy haar hoërskool met privaat studies voltooi.

My plaaslike kleinkinders het pas (gister) hul eksamen voltooi. Hulle was die afgelope 3 jaar in HTS Drostdy in Worcester. Hul maandelikse skool- en koshuisfooie het sowat R15 000 beloop. Dan is daar meer as 160 km Maandagoggende asook Vrydagmiddae wat bykom - m.a.w. 320 km per naweek, oftewel sowat 1300 km per maand (in kwartaaltyd). 

Dit het my seun-hulle genoop om die besluit te neem dat hulle van volgende jaar af ook gaan tuisskool "doen".

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus