Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings.
Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.
Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.
Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.
Lekker ...
... vooruitsig Wildehont. Gaan skakel bietjie af en rus lekker uit vir 2026. Ons arriveer by Dwarswegstrand op 12 Januarie vir 2 weke se wegbreek in een van hulle strandwoonstelle.
Haelskade ????
Grootwind, het jy darem sonder skade deur gisteraand se haelstorm gekom. Ek hoop nie die Sensation het skade by handelaar opgetel nie.
Net so hoop ek dat geen forumlede in Pretoria en omgewing skade opgedoen het nie.
Strandwoonstelle
wit huisies op die see front
Dit is die wit huisies sommer neffens die karavaanpark. Dit is maar klein, maar vir twee mak oumense (wat oor minder as 3 weke reeds 50 jaar getroud is) is dit heeltemal voldoende. Dié huisies het 'n pragtige, bykans onbelemmerde uitsig oor die see.

Die straataansig met afdakkie vir jou voertuig:

Die aansig van die seekant af:

'n Lekker ruim stoep met braaiplek:


Dit is lekker ...
... om 'n bietjie weg te breek, maar dit is darem lekker om ook by die huis te wees. Na vanoggend se uitpakkery om die "saamneemgoeters" weer op hulle regte plekke te kry, is dit lekker om in jou eie tuin doenig te wees. Nou nie dat ek self baie doenig is nie, want die tweeweeklikse tuiningenieur is hier. En my SARS-stelsel het gesorg dat my tuin nie verdroog nie. Ek kon mos danksy SARS se goedhartigheid 'n tuin-besproeiingstelsel laat installeer.
Die huidige Hilux is vanoggend gou gewas om die Bontebokpark-stof af te kry. Ek wil darem nie'n vuil Rhinocab môre laat afhaal nie. Netnou sit hulle dit net so vuil terug op die nuwe een.
Dit is net ongelooflik hoe Rhinocab se prys gestyg het. Die een wat nou oorgedra gaan word het destyds kort duskant R30 000 gekos. Om dit met 'n nuwe te vervang gaan my sowat R47 000 kos. Dit is een van die hoofredes waarom ek nie 'n ander fabrikaat voertuig oorweeg het nie.
Kappie se prys
Ek het ook ongeveer R32000 vir my RhinoCab betaal. Ek het mos in goeie geloof, nadat ek my Hilux bestel het, die kappie gaan bestel, Maart 2021. Minwetende dat ek 11maande sou wag vir Grompie. Die kappieverskaffer het maar vir die hele tyd die kappie by hom geberg.
Tog interessant dat die bakkies se bak-bokante waarop die kappies monteer word, vir lang periodes presies onveranderd gelaat word. Tog verander die panele, en ligte effens van vorm.
Dwarswegstrand huisies
Ek het al een van daardie huisies van binne gesien. My suster het in een gebly terwyl ons gekamp het ‘n paar jaar gelede. Sy kom Desember weer. Met die dat sy nooit getrou en kinders van haar eie gehad het nie en my ma oorlede is toe Chris Jnr vyf maande oud was, is sy vir hulle soos ‘n ouma. Sy bederf hulle net so liederlik.
Ek dink amper die huisies is ook opgeknap met die klomp opknapping wat die oord die afgelope tyd gedoen het. Dis gaaf om te sien as ‘n oord darem die duur tariewe wat ons wat oor Desember daar bly betaal gebruik tot besoekers se voordeel.
2026 facelift
die bakkies se bak-bokante waarop die kappies monteer word, vir lang periodes presies onveranderd gelaat word. Tog verander die panele, en ligte effens van vorm.
Dit lyk of volgende jaar se Hilux ook nog die bak behou. Mnr Boucher sal sy kappie weer kan oordra wanneer die gejeuk hom weer laat inruil.
Krismisboks ????
Ek was mos toevallig vanoggend naby Toyota handelaar, en kry daar die persoon wat inruilprys bepaal. Dis iemand anders as die verkoopspersoneel.
So 'n vinnige op die oog af waardasie laat blyk dat ek darem ongeveer R450 000 vir Grompie kan kry. Die sprong na 'n 2.4 Hilux 4x4 gaan dan ongeveer R216 200 wees.
Ek las dit eerder by 'n inruil op 'n gebruikte Gecko.
Na vele oorweging, en ander dreigemente, sal ek my kous ophang vir 'n draadborsel van Marie af, EN 'n doos goedkoop rooiwyn [ala vino cartonne] vir die fynproewers.
Vakansie planne
Goeie middag almal. Lees lekker van almal se dinge.
Myne begin 11 Desember as ZuZie vir Fleetline neem vir n dans ONRUS toe. Dan gaan ek vir biekie minder as n maand kamp. Ek kan nie wag nie. Ek gaan vir ma spoil.
Ek hoop die wind bedaar. Hier waai hy al vir 2 maande. Sweer dit is die swart suid oos. Gaan sukkel om oor Sir Lowreys Pas te kom. Die kenners se altyd as hy kwaai waai in Kaap kry die noorde reen. Dit is ook so met die hael.....
Chris B - ek sien op die fotos ou smokey gaan oral saam.
Lekker week.
Goeie hout...
...as jy bekommerd is of jy oor die pas gaan kom, is dit tyd vir 'n ander bakkie met meer sleepkrag.
Bederf jouself met 'n goeie gebruikte 2.8 Hilux, te vinde by Hermanus Toyota. Ek ken die eienaar, daai trokkie is mooi ingeloop.![]()
![]()
Goeie Hout ...
... jou aanname is 100% - ou Smokey Joe is een van die heel eerste items wat ingepak word. Maak nie saal waarnatoe ek gaan nie.
Toe ons die Vrydagaand by Hartenbos braai, word daar by al wat 'n rondawel is gebraai. Die Saterdagaand was ek die enigste een in die omtrek wat gebraai het. Die manne met die houtvure kon nie droom om vuur te maak tussen daardie grasdak-rondawels nie. Diegene wat dit wel sou waag sou donners "stupid" wees in die tierende suidoos.
Só het ek al verskeie kere al een gewees wat gebraai het tydens ongure weer. In Namutoni het ek onder my chalet se afdak gebraai terwyl dit gestort-reën het. Daar was nie 'n ander vuur in sig nie.
By 'n plek soos Eiland Spa maak ek 'n staanvuur op die grond - vir hitte en atmosfeer. Maar ek braai langsaan in die Smokey Joe - WANT niks gee aan braaivleis so 'n lekker geur as jy jou vleis met die deksel op braai nie.
Ek het tans my derde Smokey Joe. En solank ek lewe wil ek nooit weer sonder een wees nie.
Julle moet lekker kuier in Onrus. My seun en vriende het die afgelope naweek daar gekamp (en die volgende foto vir my gestuur).

Gaan swaer Dirk-hulle weer saam?
Swaer Dirk-hulle
Chris B hulle kamp nou net Februarie en November. Dis vir hulle goedkoper. Ons het so 2 weke yterug by hulle gaan kamp toe hulle in Onrus was.
Nee Wessel ek het vanoggend…
Nee Wessel ek het vanoggend iets bespreek met die handelaar en alles was reg, geen haelskade nie. Moet byvoeg die storm was ook hier in Irene erg, gelukkig nie hael nie maar dit het vir meer as 'n uur geklink asof Poetin en sy artillerie besig is om die land in te val tesame met vreeslik baie reen. Juffrou Sensasie staan in elk geval onder 'n stewige skadunet by die handelaar so die kans op haelskade is klein. Ek het wel vanoggend besluit om maar die LED "adapter" vir die Ranger te koop, Ford agente (Lazarus Ford) naby my vra rondom R500 vir die gedoente, sal more 'n foto plaas. Ek dink dis 'n klein prys om te betaal vir die gemoedsrus dat ek reg is om enige gloeilampe hetsy dit die outydse filament tipe of LEDs te hanteer.
Karavaanparkuitskot
Lees Neef vanoggend die benaming. Dit glo ek verwys na mense wat so tussen Karavaanparke rondbeweeg as permanente kampers. Kom so beswaarde gevoel in my lyf. Hoe kan enigiemand ń etiket om ñ persoon se nek hang waneer omstandighede dit noodsaak.
Smokey Joe
Chris B, gooi jy kole oor in Smokey Joe of braai jy op brikette.
Langstaners, permies ens
Môre Herman, is daar tussen karavanparkuitskot, en ander verwante etikette 'n verskil???
Ons leef in 'n hardvogtige lewe, dink aan plakkerskampe, en dan woongebiede waar van ons eie spektrumgroep genoodsaak is om maar te bly.
Ek steek self hand in eie boesem oor my eie persepsie van permanente kampeerders. Nou kom daai fyn onderskeid tussen langstaners, die swerwers wat maande/jare van park na park rond beweeg, en die permanente kampeerders wat geen ander heenkome/ of huisvesting het nie.
Of ons dit wil ontken of nie, die swaarkry en hartseer is om ons. Dan raak ek so bemoerak as ek dink aan die dermiljoene Rande wat deur korrupsie en bedrog verdwyn, wat beskikbaar was vir maatskaplike verbetering vir hulpbehoewendes.
Oor drie weke is dit DV my…
Oor drie weke is dit DV my laaste volle werksdag vir die jaar.
Ja Wildehond, ons werkendes sien nog uit na ons verlof. As als goed gaan, het ek nog net 5 werksdae oor vir die jaar.





Sit ek en ouma Vonnie en…
Sit ek en ouma Vonnie en koffie drink in die bed. Haak sy af, Suid Afrikaners staan glo van die vroegste opstaners. En daar gesels Wessel al 5h45.
Ons maak reg vir komende Vrydag waneer dogter aankom. My klompie goed om te doen kry nie klaar nie. Darem nie huispligte nie, daar is plaasgoete wat net nie klaar kom nie. Dankie tog vir die 23mm reen die naweek, baie dankbaar.
Na die kinders weg is die 15de, kom ñ ou maat kamp die 20ste, weet nog nie vir hoe lank nie," sal maar sien" ,maar ek glo hy sal voor krismis in die pad val.
Daarna is dit stilte en rustigheid hier. Ek gaan by die kamp gaan intrek en vir ouma daar onthaal waneer sy kom inloer. Sy geniet dit om ons huisie net met die katte te deel. En... kry nie al 6uur soggens koffie nie.