Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -2 minutes ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -6 minutes ago
Netwerk24 Media24 se koerante en… Chris Boucher -26 minutes ago
'n Nuwe gunsteling?? Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -33 minutes ago
Hoe lekker lag ek nou Goeie hout se Noord & Oos… Goeie Hout -1 hour ago
Nes jy sê Goeie Hout. Ek kan… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago

Desember saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings. 

Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.

Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.

Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 11/12/2025 - 15:33

Kleinkinders swem, hulle ma siesta en ek en ouma sit op die stoep en pas vir Vool op

So maand gelede tel ek ñ mossiekuiken op. Amper kaal met net so paar geel wolletjies.  Kon nie die nes sien nie, toe kom dit huistoe. Ouma maak katkos sag, scramble ñ eier, druk deur ń teesiffie, sit in ń spuit en voer die dingetjie. 

Oorleef, word groter, oupa maak ñ koutjie van verfdromdeksels en sifdraad. Ouma sê dit moet darem bietjie beter lyk, toe kry dit ń bloudraad koepel. Vra ouma of het dit ñ naam gekry, sê sy nee, dit is net Voēl. Toe sê ek OK dan is dit Vool.

Vool is nou al sterk, en sy kry tyd buite om die vlerkies te oefen. Geniet die wilde mossies, pik en kou aan als, maar kom huis toe vir ń bietjie rus en bederfkossies. Slaap saans in haar koutjie binne die huis. Sy sal seker binnekort man vat en aanbeweeg. Nogal lief geraak vir Vool.

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/12/2025 - 16:20

..,..toe al op haar na matriek jol gewees, of kom dit nog.??

Ek sien paar matrieks in Pta omgewing is onder verdenking na vraestelle gelek was. Wonder hoe gaan dit hanteer word.

Dalk kry hulle nounet 30% vir daai vakke. laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 11/12/2025 - 17:24

Kleindogter verlede Saterdag klaar met die "Plett Rage". Hele week van jolyt en dit baie geniet, maar sê dit was genoeg en nie weer nie. Die kleindogter het bitter min van haar oupa geêrf waar dit kom by hande uitruk. Sy is amper droewig ernstig en het waaragtig hier by ons haar matriek Engels voorgeskrewe werk, The life of Pi, wat ons op  eksterne harde drive" boksie" , Jurgie se voorraad, gekyk.

 Gevra of sy gaan deelneem vir die Jool Koningin, haar ma was Prinses. Sy sê miskien.

Jammer oor die kullery. Wat help dit tog, jy ken jou werk of nie. Uitgevang sal jy word. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/12/2025 - 17:29

...trek na die ouma se ge-aardheid van "op haar plek"

Kans vir jool koningin----dan lyk sy ook nie na jou nielaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 11/12/2025 - 18:37

... so 'n mossiekuiken grootgemaak wat Ralie van die skool af gebring toe sy nog onderwys gegee het. Die een beentjie het seker seergekry van uit die nes uit val op 'n harde skoolstoep, sy't nietemin mooi grootgeword en was seker ook nie ver van wegvlieg af nie. So sit ons een Saterdagoggend en ontbyt eet by die eetkamertafel terwyl Mossie haar bederfies op een van die kombuiskaste eet. Maar ons het nie rekening gehou met William, die kat wa homself by ons kom tuismaak het, nie. Die volgende oomblik hoor ons net vir Mossie allerverskrikliks skree. Toe ek opvlieg spring William al, met Mossie in die bek, oor die onderdeur van die agterdeur. Ek het agterna gehardloop - maar nodeloos om te sê, dit was die laaste sien van Mossie. Bliksemse kat!!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 12/12/2025 - 08:04

Toe ons nou in Ballito was, was die Ballito rage aan die gang. Dit was nogal interesant gewees om die matrieks so dop te hou. Saterdag 29 November toe dit begin, was Corona bier nog op Black Friday aanbieding by Checkers...elke 3de ou omtrent het met n kas in n trolley geloop en Checkers het bo op dit n gratis 6-pak gegee as jy n kas koop. Elke aand so 8uur vertrek hulle met taxis na die binneland waar lyk my die groot musiek feeste gehou word. Mens hoor wel as hulle so 3 of 4uur soggens terugkom...vrolik. Seker 200-300 van hulle het in La Montagne gebly wat ook pool parties aangebied het. Ja...om 7dae agtermekaar so te  jol is seker uitputtend, maar ons almal was jonk...lekker tye. Daar is ook heelwat rustiger matrieks wat deur die dag op die strand is en saans net lekker saam braai en kuier.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 12/12/2025 - 14:48

Ek sien Japan het waarskuwings uitgestuur dat hulle binnw dae die volgende mega-aardbewing kan ervaar. 

Die Nankai-trog aan die Oostekant is nog al die jare 'n baie onstabiele tektoniese gebied. Dit blyk dat die 7.2 [of 7.5] Richter aardbewing van die week, net die begin kan wees, van 'n nog groter ene. 

Tsunami's van oor die 30m hoog word voorspel, met groot skade aan infrastruktuur. Ek hoop net nie 'n 2de kernkragreaktor ongeluk kan gebeur nie.    

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/12/2025 - 09:45

Hierdie tyd van die jaar is mos tipies Hartenbos tyd.  Baie mense haat die gewoel en gedrang, ander is vol vreugde en geniet die "vakansie vibe".  Ons gesin (veral toe die kinders nog in die huis was) het die Hartenbos vakansies in Desember en/of Januarie baie geniet.  

Soos almal weet is ons deesdae oumense en die kinders, met hulle eie gesinne, is lankal uit ons huis, maar ten spyte daarvan, geniet ons steeds Hatenbos se vakansie "vibe" hierdie tyd van die jaar.  Hierdie tyd verlede jaar, was my en Annatjie se laaste Hartenbos-vakansie en ons het dit weer eens sommer baie geniet. Wat dit besonders gemaak het, Annatjie se suster van Pretoria, en hulle kinders en kleinkinders asook ons seun en sy gesin het almal saam ge-karavaankamp 'n hanetree van mekaar.

Ons was egter skaars tuis en net na Kersfees beland Annatjie in die hospitaal met een operasie na die ander. Na omtrent 190 dae se hospitalisasie is Annatjie oorlede en ek is só bly ons kon ons Hartenbos-kampvakansies so afsluit waar sy dit saam met haar familie baie kon geniet.

Hier staan  ons Exclusive by by ons laaste kamp in Hartenbos se F-kamp :-

.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/12/2025 - 09:57

....ek dink ook baie aan Hartenbos, maar toe ek as kind in my tannie se huis, oorkant die kinderhuis gebly het.

Ek onthou weer die volgende opmerkings van my pa, as ons so na die kampeerders gekyk het. sommer so uit die beskutting van die huis en as ons daar verby strand toe gestap het. Daai 2 stelle ou hout styl trappe op/af.

1] kyk nou hoe waai daai mense se goed weg

2] kyk net hoe spook hulle om die tente te laat staan in die wind.

3] Kan mens nou 'n kar so verniel!!! Dis nou as die manne daar insleep met die karre wat se sterte in die grond sleep omtrent. Dit was die dae wat weinig met bakkies gesleep het. O ja, dubbelkajuite, behalwe die VW se halfbrood, was nog nie op die toneel nie.

Vir my as kind het dit hemels gelyk, maar my pa het net 'n teenkanting daarteen gehad.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/12/2025 - 10:38

... met nostalgie aan daardie dae toe ons nog skoolvakansie-gebonde was. Maar aag, is ek nie bly dat ek nou as't ware enige tyd van die jaar kan wegbreek.

Maar Hartenbos bly maar vir ons 'n lekker bestemming - of ons nou kamp of in vaste akkommodasie bly. Maar ek soek nie meer daardie hoogseisoen "vibe" nie. 

Daarom sien ek uit na ons 14 aande wegbreek by Dwarswegstrand (in 'n strandfront-woonstel) gedurende eerskomende Januarie net na die skoolvakansie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/12/2025 - 13:09

Ek het met ou Buks gesels so paar dae terug. Hy het te vertelle dat julle die langpad gaan aandurf.

Ek hoop julle geniet die reis, dat julle veilig gaan ry en dat die Frons ho mooi gaan gedra en julle koel hou.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/12/2025 - 14:25

Hierdie LPG-gas aangedrewe yskaste en vrieskaste (met alternatiewe 220V en 12V as hittebron) was op 'n stadium ernstige debatspunte.  Die meerderheid ouens het hulle s'n uitgegooi en vervang met allerhande grênd goeters, veral 220V kompressor gedrewe of andersins met batterye ondersteun deur sonpanele.

In my 56 jaar van karavaan-kampering het ek maar gebly by die LPG-gas/220V/12V en nooit nie yskoue ys- en vrieskaste ervaar nie.

Toe ek vanoggend soek na my foto van die Exclusive verlede Desember by Hartenbos, kom ek af op twee fotos wat ek toe geneem het in die Desember hitte.  Die een is van die Exclusive se 19 jaar oue oorspronlike Dometic yskas en die ander een die 40-jaar oue Edesa vrieskassie. Kyk net hoe het hierdie absorpsie produkte ge-perform in die Desember hitte in Hartenbos.

.

.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/12/2025 - 14:47

... dalk was jou kaste beter opgepas, maar myne het die gees gegee. Ek is toe aanbeveel om my karavaan se absorpsiekas met 'n 220v kas te vervang. Ek het die ou kas slegs met my besoeke in Tsendze gemis, waar dit ongetwyfeld handig te pas sou kom. Maar dit het ek oorkom met my MacGyver-tegniek om 'n Coleman koelhouer daagliks met ys te "laai" vir dié items wat net moet koud bly en die Snomaster vir die bevrore goed.

My seun se Penta het nog 'n absorpsiekas in. Hy't 'n ruk gelede probleme ervaar toe die yskasgedeelte nie ordentlik koud gemaak het nie (die vriesgedeelte het nog goed gewerk). Hy het dit laat "re-gas" en sedertdien werk dit weer tip-top. Sy wa staan hier by my en twee dae voordat hy kom haak skakel ek sy kas aan, want die ervaring is dat dié kaste 'n bietjie langer neem om lekker koud te word.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 15/12/2025 - 14:56

Wessel ja ons vertrek Woensdag oggend na Namibië. Ons kleindogter het gematrikuleer en bietjie vir ons kom kuier.

Sy gaan saam met ons terug plaas toe in Namibië voordat sy volgende jaar in Potchefstroom gaan studeer. 

Gaan nou Weskus om ry omdat ek nog nie verder as Saldanha gery het nie. Nuwe ondervinding vir ons en sien nogal uit na die reis. Was nogal verbaas oor die Suzuki fronx se brandstof verbruik op die lang pad nadat ek vir jare DC gery het. 

Sien nogal uit na die tyd op die plaas by die kinders. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 15/12/2025 - 14:59

So is die span  vanoggend weg see toe. Saam hulle het ń seunsvriend kom kuier, en vir hom ons getroue dome tent opgeslaan langs die gastehuisie. 

Met die afslaan moes ons nou eers die katel uithaal en ouma die vloer mop vir due wegpak. Glo my, al staan dit in die skaduwee, is dit niks lekker in so tent nie. Bledie onaangenaam. Sê ek vir ouma, amper moeilik om te glo dat ons vir jare in die tentjie gekamp het. Middel van die somer by 40°C tot by seker minus 10. Bly daai jare is agter die rug, sal nie weer lekker wees nie.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/12/2025 - 15:31

... nee man, moet nou nie 'n ou sissie wees nie. Ek sien dan hoeka so uit om weer 'n slag die tentkampding te doen noudat ek ook 'n 'for-by-for' het. Maar dalk kry ek 'n 'sirpraais' om dit na jare weer te doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/12/2025 - 16:11

....nie vir ons nie.

Ons het nog nooit getent nie, en is seker te gemaklik om met 'n tent te kamp. 

Beslis 'n sissie, wil alles droog hê as dit reën, en lekker matras onder lyf. Deesdae mos bederf met aircon in Kavango, dit maak lewe draaglik.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus