6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -6 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -7 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Worcester

Wildehont

Sat, 18/04/2026 - 07:56

Ek hou dit oop vir ingeval ‘n wonderwerk gebeur en ons tog Krugerwildtuin toe kan gaan vanjaar. Met die dat Letaba nie gereed gaan wees nie, het ek vir 30 Junie ‘n hut by Mopani bespreek (ten duurste).
 

Sou ons wel gaan, sal ons Dumela Wilderness Safaris in Mosambiek maar los. Paspoorte vir ons vier gaan amper R3000 kos en met ons land se gebroke stelsels is daar nie ‘n waarborg dat dit betyds gereed gaan wees nie. Ek het dus een aand in Shingwedzi bygevoeg, en kort nou nog twee daar (5 en 6 Julie).
 

Die geluk van die veranderinge aan ons bespreking is dat die afsnydatum vir die uitstaande bedrag aangeskuif het na 14 Mei. Hopelik is die oorlog dan al verby en het die dieselprys verbeter, maar ek dink lg is onwaarskynlik.

Pretoria

Geert

Sat, 18/04/2026 - 08:15

Watter kort jy? Weer CK6PV? Ek sien daar is n 6de oop, maar op CK6PZ

Pretoria

Geert

Sat, 18/04/2026 - 08:36

Wil jy dan nog Punda toe gaan as julle nie meer Mozambiek toe gaan nie?

Worcester

Wildehont

Sat, 18/04/2026 - 08:56

Ek het 6 Julie bespreek. Kort nou nog net 5 Julie maar selfs al kry ek dit nie voor die tyd nie glo ek hulle sal ons laat staan. Daar is altyd oop staanplekke al wys die stelsel dis vol bespreek. 2024 toe die Ranger gebreek het moes ons ‘n ekstra aand staan (boonop teen die heining) en was hulle volgens die stelsel ook vol bespreek.

Worcester

Wildehont

Sat, 18/04/2026 - 08:58

Wil jy dan nog Punda toe gaan as julle nie meer Mozambiek toe gaan nie?

Ja wat. Al sit ons net heel dag by ons staanplek en jaag apies weg. Hopelik is die watergat voor die kamp dan reg. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/04/2026 - 13:05

Geert, soos mens inkom by die  onbemande "boom", is daar so skuins regs by die 4-stop 'n ablusieblok. Dit het tot nuwe wasmasjiene gehad laasjaar.

Nee, dit is nie die laaste [nuutste]geboude ene in die hoek by die draad nie.  Dis waar die ere veldwagters en langstaners lang penne inslaan, en ander laat onwelkom voel.

Pretoria

Geert

Sat, 18/04/2026 - 13:23

Ja....daar is klompie mense wat baie lankstaan daar elke jaar. Die afgelope 5 jaar kamp ons elke keer dieselfde lankstaan mense raak daar....hulle staan ook elke jaar op dieselfde plek. Die een man het n eers n Exclusive gehad en nou n Mobi Lodge.....hulle staan die 1ste staanplek links teen die draad....daar by ablusie waar jy uitkyk bankies het vir publiek( die anderkant van paraplegiese staanplekke. En langs hom staan n man en vrou elke jaar vir 3 of 4 maande .....hulle oorwinter daar, sy vrou is blykbaar baie alergies vir koue. Maar ja, eersgenoemde word die plek vir hulle gehou.....staanplek word vooraf beset met stoele en grondseil.....eers gedink dis motorhome wat in veld is, maar later daag hy op met sy Cruiser en Mobi. 

Pretoria

Geert

Sun, 19/04/2026 - 11:41

Hierdie plasing op facebook gesien...luiperd met n dubbel vangs. Was op die S125 suid van Satara

Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/04/2026 - 18:07

Dis goeie nuus om te verneem dat die pad oop is. Ons hou baie van die pad, pragtig langs die rivier, en lewer soms katte op.

Pretoria

Geert

Sun, 19/04/2026 - 18:17

Ja, S125, en S126 en S86 is oop. Ek ry S125 altyd slakkepas maar nog nie luiperd daar gekry nie....altyd volop kameelperde vir ons. S126 al leeus gehad 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/04/2026 - 20:02

....gaan ek almal bespied. Ons het al tevore cheetahs op die S126 gekry. Die ma was sonder stert, met drie kleintjies.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/04/2026 - 11:13

Dit blyk dat Transvaal nou sy reën krylaugh Ons het wel goeie reen gehad oor Desember en Januarie. Maart nie veel nie, en skielik die afgelope naweek reën dit baie. 

Ek wil nie kla nie [Jan], maar die reen kan gerus nou skuif na die erge droë Karoo en elders. Ek weet van plekke waar die boere smag na water. 

Pretoria

Geert

Mon, 20/04/2026 - 11:51

Volgens nuutste lys vanoggend lyk dit darem nie te sleg in Satara omgewing nie.

Ek sal hom vir jou WhatsApp Wessel...sien hy kom onduidelik uit op forum

Pretoria

Geert

Mon, 20/04/2026 - 13:29

Die wat nog plek soek in wildtuin vir Julie skool vakansie....heelwat plek oopgegaan by Berg en Dal

Pretoria

Geert

Mon, 20/04/2026 - 15:44

Ek het nog 1x aand by Satara gehad op my bespreking wat nog sonder krag was, nou kon ruil met staanplek met krag

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus