Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou.
Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.
Enigiets solank dit krag het
Ek kon nie CK6PV kry nie, so enigiets met krag sal werk.
Dankie Geert
Ek het 6 Julie bespreek. Kort nou nog net 5 Julie maar selfs al kry ek dit nie voor die tyd nie glo ek hulle sal ons laat staan. Daar is altyd oop staanplekke al wys die stelsel dis vol bespreek. 2024 toe die Ranger gebreek het moes ons ‘n ekstra aand staan (boonop teen die heining) en was hulle volgens die stelsel ook vol bespreek.
Satara staanplek
Geert, soos mens inkom by die onbemande "boom", is daar so skuins regs by die 4-stop 'n ablusieblok. Dit het tot nuwe wasmasjiene gehad laasjaar.
Nee, dit is nie die laaste [nuutste]geboude ene in die hoek by die draad nie. Dis waar die ere veldwagters en langstaners lang penne inslaan, en ander laat onwelkom voel.
Lank staan
Ja....daar is klompie mense wat baie lankstaan daar elke jaar. Die afgelope 5 jaar kamp ons elke keer dieselfde lankstaan mense raak daar....hulle staan ook elke jaar op dieselfde plek. Die een man het n eers n Exclusive gehad en nou n Mobi Lodge.....hulle staan die 1ste staanplek links teen die draad....daar by ablusie waar jy uitkyk bankies het vir publiek( die anderkant van paraplegiese staanplekke. En langs hom staan n man en vrou elke jaar vir 3 of 4 maande .....hulle oorwinter daar, sy vrou is blykbaar baie alergies vir koue. Maar ja, eersgenoemde word die plek vir hulle gehou.....staanplek word vooraf beset met stoele en grondseil.....eers gedink dis motorhome wat in veld is, maar later daag hy op met sy Cruiser en Mobi.
daai grondpaaie....
....gaan ek almal bespied. Ons het al tevore cheetahs op die S126 gekry. Die ma was sonder stert, met drie kleintjies.
Transvaal word winter reenval streek
Dit blyk dat Transvaal nou sy reën kry
Ons het wel goeie reen gehad oor Desember en Januarie. Maart nie veel nie, en skielik die afgelope naweek reën dit baie.
Ek wil nie kla nie [Jan], maar die reen kan gerus nou skuif na die erge droë Karoo en elders. Ek weet van plekke waar die boere smag na water.
Satara omgewing
Volgens nuutste lys vanoggend lyk dit darem nie te sleg in Satara omgewing nie.
Ek sal hom vir jou WhatsApp Wessel...sien hy kom onduidelik uit op forum
Berg en Dal
Die wat nog plek soek in wildtuin vir Julie skool vakansie....heelwat plek oopgegaan by Berg en Dal
Staanplek met krag
Ek het nog 1x aand by Satara gehad op my bespreking wat nog sonder krag was, nou kon ruil met staanplek met krag





Agterdeur
Ek hou dit oop vir ingeval ‘n wonderwerk gebeur en ons tog Krugerwildtuin toe kan gaan vanjaar. Met die dat Letaba nie gereed gaan wees nie, het ek vir 30 Junie ‘n hut by Mopani bespreek (ten duurste).
Sou ons wel gaan, sal ons Dumela Wilderness Safaris in Mosambiek maar los. Paspoorte vir ons vier gaan amper R3000 kos en met ons land se gebroke stelsels is daar nie ‘n waarborg dat dit betyds gereed gaan wees nie. Ek het dus een aand in Shingwedzi bygevoeg, en kort nou nog twee daar (5 en 6 Julie).
Die geluk van die veranderinge aan ons bespreking is dat die afsnydatum vir die uitstaande bedrag aangeskuif het na 14 Mei. Hopelik is die oorlog dan al verby en het die dieselprys verbeter, maar ek dink lg is onwaarskynlik.