Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kan ook werk Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 minutes ago
Potjiekos Kuier maaltyd Geert -21 minutes ago
Alternatief Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Ek verskil Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago

Die onverwagte (onbeplande) Boucher-reis

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Terwyl ons in Roemenië was het my seun ons ingelig dat hul vriende nie meer die vakansie na Eiland Spa kan meemaak nie. Die vriende se staanplek was op my naam bespreek omdat hulle ATKV-lidmaatskap nie op daardie stadium betaal was nie. Die gedagte was om die bespreking later op die vriende se naam oor te dra. Laasgenoemde het egter die volle besprekingsfooi betaal. Pappa se arm is toe gedraai (hy het mos maar 'n rubberarm) om saam te gaan.

'n Voorwaarde was dat hy (seun) moes reëlings tref om my karavaan te laat diens. Ek laat diens die "Ou Lady" elke keer voor ons langpad vat - dit gee my maar net 'n bietjie gemoedsrus. Dit is vandag hier by my huis gedoen voordat ons Sondag in die pad val.

Eiland

Eiland

Môre word 'n paar inkopies gedoen en Saterdag moet die inpakwerk afgehandel word vir Sondag se beplande wegtrek om 08:00.

Pretoria

Geert

Thu, 18/06/2026 - 20:26

Sien uit....ons het lanklaas weer saam met iemand op reis gegaan. Sterkte met voorbereidings 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 18/06/2026 - 20:54

Ons vertrek eerskomende Sondag tot by Karoo Nasionale Park vir een aand se oorstaan. Synde ons die Wes-Kaapse se stormweer vroeg in Mei gemis het, is ek nie heeltemal op hoogte van al die stormskade nie. Ek weet dat die Breederivier sy walle oorstroom en baie skade aangerig het. Maar ek vind toe eers vandag uit dat die pad tussen Villiersdorp en Worcester steeds gesluit is. Dit beteken dat 'n redelike lang ompad ons voorland vir Sondag se reis Beaufort-Wes toe is.

Ons sal dus met die N2 tot Stormsvlei moet ry. Daarvandaan sal ek Wessel se grootword-dorp (Bonnievale) moet deurry na Ashton en vandaar na Montagu. Maar my goeie ou vriend kan maar gaan doppies blaas as hy dink dat ek met die karavaan tweekeer om die kerk gaan ry.

Vanaf Montagu sal ons deur die Keisievallei, die steil Burgerspas op en deur die Koo ry voordat ons uiteindelik voor Touwsrivier by die N1 aansluit. 

Dag 2 neem ons tot Forever Gariep waar ons by een van hulle sogenaamde luukse staanplekke gaan oorstaan. Dit is een van ons tradisionele oorstaanplekke tussen die suide en die noorde. Ons het nog altyd die privaat ablusie reg voor die karavaan geniet. En die badkamergeriewe is onlangs pragtig opgradeer.

Dag 3 neem ons tot by Aldam waar ons in een van hulle rondawels gaan oorbly. Ons kom al vir baie jare met Aldam aan en het al terdeë geleer dat dit 'n bitter koue plek in die winter is. Daar was my vrou al onder trane a.g.v. 'n ysige stort. My seun en skoondogter het verlede jaar besluit dat hulle is keelvol van Aldam se koue onpersoonlike kampeerterrein in die winter. Gevolglik bly hulle deesdae oor in vaste akkommodasie met die karavaan langsaan geparkeer. Ons gaan nou dieselfde doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/06/2026 - 05:01

Ek sal jou die keer vergewelaughvir die disrespek. Ek vermoed julle gaan julle verkyk aan die vloedskade wat die Breërivier aangerig het.

Die nuwe 2.4 gaan dus sy 1ste sleeptoets kry teen Burgerspas op. Onthou gratis advies is 'n oproep vêrwink

Ek ry al klaar saam so in my geestesoog, veilige reis. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/06/2026 - 08:04

Vanaf Aldam ry ons Woensdag tot Klein-Kariba vir een aand se oorstaan. En Donderdag (25 Junie) arriveer ons by Eiland Spa waar ons vir die volgende 24 aande op B160 en B161 bespreek is. Ek vertrou maar dit is lekker staanplekke, want ek onthou dat sommige van die staanplekke in daardie deel van die B-blok nogals skuins is.

Twee van die 24 aande word onderbreek met 'n kort Shingwedzi-besoek in vaste akkommodasie (10 & 11 Julie). Die tyd by Eiland sal vanjaar sommer net bestaan uit lui-lekker dae. Omdat ons saam met die kinders en kleinkinders is, sal ons maar die rolbal en jukskei laat oorstaan vir volgende jaar wanneer ek 'n 3 maande lankstaan-kuier beplan. My voorafgaande wildtuinbesoek is reeds bespreek.

19 Julie vertrek ons vanaf Eiland. Die kinders ry terug huistoe (Grabouw) en ons gaan weereend vir 5 nagte Shingwedzi toe met die "Ou Lady". 24 Julie slaap ons een aand oor by Forever Phalaborwa Safari Park en dan volg 3 aande by Klein-Kariba voordat ons die langpad terug huistoe begin aandurf.

Weer 'n enkele nag by Aldam (weer in 'n rondawel), een aand by Forever Gariep en die laaste aand by Travalia (3 Susters) omdat ons nie kan plek kry in Karoo Nas Park nie. Vir een of ander rede is die park volbespreek (kampering en vaste akkommodasie). 31 Julie is ons mikpunt om weer by die huis te arriveer.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 19/06/2026 - 08:32

en nogals onbeplan ook. Die toerprogram klink heerlik en ek sien uit na die saamkuier. Sê net asb vir ons dat jou bestelling by Joey's geplaas islaugh Verder behoort die pakkery vlot te verloop - julle was nog onlangs by Die Eiland en ken al die dril.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/06/2026 - 10:07

... die Joey's boerewors en patties is sommer Woensdag, op pad van die lughawe af, aangeskaf.

En Hennie Botha het my gou per WhatsApp laat weet ek óf in die verlede óf in die toekoms leef met die aanvanklike aankomsdatum by Eiland Spa aangedui het. Dit is nou reggestel. Ons arriveer daar 25 Junie en nié 25 Maart nie. Dankie Hennie.

Verder is ek ernstig besig met die inpakproses. Ek het vanoggend by myself gedink ek is lekker simpel om my te laat ompraat het om saam noorde toe te reis. Ek sal nou maar by Eiland gaan rus i.p.v. hier by die huis.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 19/06/2026 - 10:39

hoe my kop gewerk het. Ek het my glad nie aan die datums vorentoe gesteur nie - al wat van belang is is dat julle Sondag in die pad val, waar julle oornag en die eindbestemming. Wakker Hennielaugh Vergeet maar eers van die moegheid - opgewondenheid dra mens deur.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/06/2026 - 13:28

ek kyk so na die fotos waar hulle besig is met jou wa. Nou wonder ek, staan jy daar rond, en wys hulle prakties dat wa se remme so gestel is, dat wiele vry draai.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/06/2026 - 16:11

... die ou, Christo Prins, doen uitstekende werk. Hy was o.a. vir 9 jaar verbonde aan Cara-Camp. Hy het laasgenoemde se brouwerk t.o.v. die remme, uitgevoer deur Cara-Camp, op my seun se Penta kom regmaak. My seun het hom nou vir die derde keer gebruik. Hy neem foto's van die wa se wiellaers nadat dit skoongemaak is en weer nadat dit oorgepak is met ghries. Omdat hy bý jou huis werk, druk hy gedurig op jou nommer om dinge uit te wys wat hy gesien het - hetsy dit aandag of nie benodig. O.a. wys hy hoe hy die remme stel.

Hy't gister my remskokbreker op die sleephaak vervang. Hy't 'n nuwe mikrogolf ingebou (netjies). Hy het onder die karavaan ingekruip om vas te stel wat die oorsaak is van die kraak in die vloer het voor die yskas. Hy't dadelik gesien dat die staalbalk wat die vloer verstewig (niks te doen met die stewigheid van die onderstel nie) 'n krakie het en die rede is vir die kraak/klapgeluid as jy op die vloer voor die yskas trap. Die staalbalk sal uitgehaal moet word om te sweis en versterkings in te sit. Ongelukkig het tyd dit nie toegelaat nie en sal ek dit laat doen sodra ek teruggekeer het. 

Hy't ook vir my uitgewys watter fout gemaak is met die installering van die 'movers'. Sekere staaldele is afgesny sonder om die nodige versterkings aan te bring.

Hy't ook uitgewys die nate op die wa moet oorgeseël word. Fyn krakies is duidelik sigbaar. Dit sal ook gedoen word sodra ek terugkeer.

Ek het nogal volle vertroue in die ou.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/06/2026 - 16:14

Die pad tussen Villiersdorp en Worcester (R43) is oopgestel. Dus hoef ek nie die ompad via Bonnievale en Montagu te ry nie. Die ompad sou sowat 80 km langer wees.

0
Pretoria

Geert

Fri, 19/06/2026 - 18:09

Ek het ook gesukkel om plek te kry in Skukuza omgewing die naweek einde Julie.  Toe ek vrooer die week by Sanparks was het hul gesê dis omdat in Skukuza n jaarlikse maraton aangebied word. Miskien hou hulle dit by die ander parke ook?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/06/2026 - 19:45

....dit moet absoluut fantasties wees om jou wa deur so 'n persoon te laat diens/deurgaan.

My wa staan nou al van 9 Junie af by Echo, om Ewiks movers aan te sit. Die persoon wat ek plaaslik gebruik vir dienste[remme laers ens] is al moerig vir my sensitiwiteit oor veral remme se stel. Hy moes dit al kom losser stel by my huis.  

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 19/06/2026 - 20:07

Werk hy in Goodwood omgewing ook.

Indien wel, stuur besonderhede van sy celllll foon asb.

Welkom terug.

Ek werk nog so ons toer weer 2027.  Binnelandse toer.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 20/06/2026 - 10:14

Gewoonlik maak dié gedagte mens opgewonde. In julle geval kan dit dalk nou omgekeerd wees - "huis" voel soos die vakansiebestemming met die dat julle hierdie jaar meer weg was as tuis?laugh

Geniet die laaste pakkery en ek wens vir julle 'n veilige rit môre.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/06/2026 - 14:11

Jy's 100% reg met jou aanname dat dit dalk omgekeerd is vir ons. Ek het eintlik nog 'n paar dae nodig om net weer tot verhaal te kom. Maar ek vermoed as ons eers môre-oggend in die pad val, sal die opgewondenheid waarskynlik inskop.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/06/2026 - 18:49

Ek was gatlam gereis tussen hier en Roemenië - veral met die terugreis. Ook met beide (heen en terug) reise tussen Roemenië en Noorweë waar ons elke keer na 03:00 in die oggend by ons bestemming arriveer het, was ek blikners gereis.

Maar ek sê dit nie ligtelik nie - soos ek nou hier sit en ontspan met 'n dubbele polisiekoffie langs my, is ek behoorlik pê. Na 'n vrotterige nagrus (wat ek grootliks toeskryf aan die Bulle se lamlendige spel van gisteraand - absoluut "upsetting"), en 'n dag van harde arbeid vir 'n 72-jarige, voel ek gedaan.

Ek beplan om môre-oggend sommer vroeg-vroeg my boeretroos te geniet ten einde te poog om min of meer 08:00 hier weg te kom. En as ek eers my brekfis by Veldskoen Padstal in Hexvallei geniet het, glo ek dat ek gevul sal wees met opwinding vir die res van die reis. Hoe jammer dat dit slegs een aand in die Karoo Nas Park sal wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 20/06/2026 - 19:44

Ek wens julle toe 'n veilige voorspoedige reis en vakansie. ons gaan lekker saam toer.

0
Pretoria

Geert

Sun, 21/06/2026 - 06:34

Veilig sleep ChrisB en geniet jul onbeplande vakansie. Sien uit na n lekker saamreis met julle. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus