6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -31 minutes ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -40 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -57 minutes ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 15/07/2026 - 08:50

Baie dankie, Geert. Ek het die 4e en 5e van Pretoriuskop uitgeruil gekry vir Satara op grond van jou plasing hier bo. Die 6e steeds Pretoriuskop. Wanneer ons eers daar is kan dit moontlik weer verander. Intussen is ek baie bly vir 2 aande in Satara.

Pretoria

Geert

Wed, 15/07/2026 - 10:05

Dis n lekker trip Rona, net jammer ons gaan julle netnet miskamp....andersins gehoop op n ontmoeting by n lekker plek soos Tshokwane....maar miskien n ander dag. 

Ek dink dis n lekker trip vanaf Satara na Pretoriuskop.  Ons het Maart vir een aand oorgebly in Pretoriuskop en het dit baie geniet....lekker rustige kamp gewees so buite seisoen. En dan is die Wimpy vir ons n groooot trekpleister gewees vir n lekker ontbyt.

Geniet die voorbereidings

Pretoria

Geert

Wed, 07/10/2026 - 18:45

Ek lees dat Wimpy sy deure gesluit het by Pretoriuskop. Blykbaar kontrak wat verstreke is. Oms kom oor die algemeen nie sommer daar nie, maar het wel gedurende Maart heerlik daar ge-eet. Ons geniet hul burgers en ontbyte. Wat lekker was van Wimpy was hul lekker ontbyt teen billike pryse. Wonder wie nou die tender gekry het....hoop net nie die maatskappy wat in Letaba, Olifants kamp en BergenDal is nie....hulle doen dit nie vir my nie.

Sover ek weet was Mug en Bean se kontrak ook laasjaar verstreke en het n jaar ekstra gekry....wonder of daar ook n skuif gaan wees

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus