Ek geniet kamp in 'n denne woud baie. Daar is net iets aan die dennenaalde onder jou voete en rustigheid van sonstrale wat deur die bome breek wat my bekoor. SO is dit by Mountain Breeze karavaan park tussen Somerset Wes en Stellenbosch (nader aan Stellenbosch).

Ons het vir 3 nagte hier gekamp as hub vir ons tydjie in die Somerset Wes / Stellenbosch area. Partykeer as mens moet kies tussen bos of see, is dit gerieflik as jy 'n heerlike binnelandse kampplek kan kry wat nogsteeds naby aan die see is.


Die karavaan park bevat ook 'n paar permanente staanplekke, maar dit dring glad nie in op die vakansie of wegbreek kamp effek nie - inteendeel dink ek dit dra by tot 'n lekker atmosfeer asook meer veiligheid.

Voldoende ablusie geriewe met wasmasjien geriewe en 'n lekker speel plek vir kinders.


20 km van Strand af, sien ek Mountain Breeze as 'n ideale kampplek as basis om die Boland omgewing te verken. Na 'n lekker warm son en see dag is die ideale tipe plek om rustig onder die koelte van dennebome af te koel en om 'n heerlike braai vuur kuier.





Dennewoud kampplek - laat…
Dennewoud kampplek - laat my ook altyd terugdink aan Ceres se dennebos as kinderjare.