Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 hour ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -10 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -12 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -13 hours ago

Mountain Breeze Stellenbosch 2014 - deur Vootrekker

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek geniet kamp in 'n denne woud baie.  Daar is net iets aan die dennenaalde onder jou voete en rustigheid van sonstrale wat deur die bome breek wat my bekoor.   SO is dit by Mountain Breeze karavaan park tussen Somerset Wes en Stellenbosch (nader aan Stellenbosch).

 

mountain breeze

Ons het vir 3 nagte hier gekamp as hub vir ons tydjie in die Somerset Wes / Stellenbosch area.    Partykeer as mens moet kies tussen bos of see, is dit gerieflik as jy 'n heerlike binnelandse kampplek kan kry wat nogsteeds naby aan die see is.

mountain breezemountain breeze

Die karavaan park bevat ook 'n paar permanente staanplekke, maar dit dring glad nie in op die vakansie of wegbreek kamp effek nie - inteendeel dink ek dit dra by tot 'n lekker atmosfeer asook meer veiligheid.

mountain breeze

Voldoende ablusie geriewe met wasmasjien geriewe en 'n lekker speel plek vir kinders.

mbmountain breeze

20 km van Strand af, sien ek Mountain Breeze as 'n ideale kampplek as basis om die Boland omgewing te verken. Na 'n lekker warm son en see dag is die ideale tipe plek om rustig onder die koelte van dennebome af te koel en  om 'n heerlike braai vuur kuier.

 

 

google kaart
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sun, 23/04/2017 - 20:32

Ek het hom al deurgestap toe my dogter haar meesters op Stellenbosch gedoen het, was op my " te doen" lysie. So baie te sien en te beleef in daardie wêreld.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus