My wa se onderstel vandag gesny op waterjet so ons kan maar se wa is gebore
Deon, ek voel net die bed …
Deon, ek voel net die bed (voor in die wa) se pak spasie gaan vir die gewig (in stede van) agter die as beter werk.
My Penta se bed is agter, en ek kan net ligte goed soos bv. plastiek tafels en opwas rakkie ens daarin stoor. Die tent en ander swaar goed moet in die kar gelaai word, my keuse in elk geval, maar as dit onder die bed is, swaai die wa.
Daai massiewe Exclusive word net gemak gesleep met 'n ligter kar in verhouding met my Penta?
Ek mag natuurlik verkeerd wees, maar dit is hoe ek dit het?
Len en Willem (en enige iemand) kan dalk hul opinies deel.
Andersins, dink ek dit is ook maar persoonlike voorkere?
Dankie Johann. Ek het…
Dankie Johann. Ek het gedink dit kan dalk iets te doen hê met die gewig voor die as. In my geval is die deur voor en ek verkies dat die bed dan agter is. Laai maar die swaarder goed in die banke wat in die voorkant is.
Vir my gaan dit meer oor die bed nie by die deur waar ek inkom nie.. Laai ook nooit swaar goed in die wa nie..
Deon, as 'n reel laai ek ook…
Deon, as 'n reel laai ek ook maar die tent en ander swaar goed in die kar, maar dit is nie altyd moontlik nie.
Ek sou verkies dat my deur agter is, en die bed vooor, maar is heeltemal tevrede met my Penta, dit was my keuse om die wa te koop?
Ek kyk maar na Nico se ontwerp, en dit wat ek sien, hou ek baie van.
Volgens jy is dit omdat die…
Volgens jy is dit omdat die dak skuins af gaan vorentoe rn dit id nie moontlik om regop te stasn nie dasrom dan die bed voor waar mend lê en nie staan nie.
Teardrop Wa
Ek bou ookself, tussen al die werk deur. Koste nog onder R40k
15" wielle
Mild steel oonderstel
Aluminum bo gedeelte
Canvas Awnings
Nice John, dankie vir die…
Nice John, dankie vir die deel. Jy moet sommer 'n draad begin waar ons die bou proses kan volg
Sjoe, julle manne is regtig…
Sjoe, julle manne is regtig oulik om so handig te kan wees. In my tweede lewe gaan ek vir my ook 'n man soek wat 'n karavaan kan bou. Of beter nog, ek gaan dit sommer self aanpak! ![]()
Nice John, dit lyk baie goed…
Nice John, dit lyk baie goed.
Sterkte met die projek, ja, ek dink dit sal goed wees om 'n nuwe draad te begin, en op datum hou met jou vordering, natuurlik met baie fotos?
Jislaaik oom Ski en John,…
Jislaaik oom Ski en John, jul mag maar!
John, Nuuskierig om…
John, Nuuskierig om eindproduk te sien. Dit gaan n smart offroad teardrop wees. Sterkte met jou projek !!
Wil nie hierdie draad kaap…
Wil nie hierdie draad kaap nie, maar na aanleiding van die alumimium raam vensters wat ek hierbo gesien het - Ek het 'n klompie (seker so 20) daarvan wat ek van die hand wil sit een of ander tyd.
Nie die beste foto's nie, jammer.
Sal dit later op die "for sale" draad plaas.
Chris ek stel belang waar…
Chris ek stel belang waar kan ek jou kontak
Teardrop Wa
Ek is baie bevoorreg om fabriek te he wat staalwerk en canvas werke kan doen, As julle sukkel kom kuier gerus ons kan help.
Teardrop Wa
Dis die regte vensters om te he, kaap gerus.....daar is baie van ons vriende wat net die biki ondersteuning nodig het om self te begin. Download vir julle die stukkie sagteware wat verniet is en gaan na ddie warehouse. Daar is baie planne.
www.google sketchup.com





…
Sien ook nie regtig die verskil van die bed voor of agter nie, wat van die deur, voor of agter?
Hoekom is een keuse beter as die ander?