Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -13 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -13 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -17 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -21 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -22 hours ago

My wa is vandag gebore

Alberton
Submitted by ski on
Forums

My wa se onderstel vandag gesny op waterjet so ons kan maar se wa is gebore

video
Waar my wa staan

Arie

Thu, 28/06/2018 - 15:51

 

Sien ook nie regtig die verskil van die bed voor of agter nie, wat van die deur, voor of agter?

Hoekom is een keuse beter as die ander? 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 28/06/2018 - 18:04

Deon, ek voel net die bed (voor in die wa) se pak spasie gaan vir die gewig (in stede van) agter die as beter werk.

My Penta se bed is agter, en ek kan net ligte goed soos bv. plastiek tafels en opwas rakkie ens daarin stoor. Die tent en ander swaar goed moet in die kar gelaai word, my keuse in elk geval, maar as dit onder die bed is, swaai die wa.

Daai massiewe Exclusive word net gemak gesleep met 'n ligter kar in verhouding met my Penta? 

Ek mag natuurlik verkeerd wees, maar dit is hoe ek dit het? 

Len en Willem (en enige iemand) kan dalk hul opinies deel.

Andersins, dink ek dit is ook maar persoonlike voorkere?

0
Meyerton

Segekok

Thu, 28/06/2018 - 19:53

Dankie Johann.  Ek het gedink dit kan dalk iets te doen hê met die gewig voor die as. In my geval is die deur voor en ek verkies dat die bed dan agter is. Laai maar die swaarder goed in die banke wat in die voorkant is.  

Vir my gaan dit meer oor die bed nie by die deur waar ek inkom nie..  Laai ook nooit swaar goed in die wa nie.. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 28/06/2018 - 21:22

Deon, as 'n reel laai ek ook maar die tent en ander swaar goed in die kar, maar dit is nie altyd moontlik nie.

Ek sou verkies dat my deur agter is, en die bed vooor, maar is heeltemal tevrede met my Penta, dit was my keuse om die wa te koop?

Ek kyk maar na Nico se ontwerp, en dit wat ek sien, hou ek baie van.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 30/06/2018 - 10:07

Volgens jy is dit omdat die dak skuins af gaan vorentoe rn dit id nie moontlik om regop te stasn nie dasrom dan die bed voor waar mend lê en nie staan nie.

0

Ek bou ookself, tussen al die werk deur. Koste nog onder R40k

15" wielle

Mild steel oonderstel

Aluminum bo gedeelte

Canvas Awnings

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 01/07/2018 - 06:11

Sjoe, julle manne is regtig oulik om so handig te kan wees.   In my tweede lewe gaan ek vir my ook 'n man soek wat 'n karavaan kan bou.  Of beter nog, ek gaan dit sommer self aanpak! enlightened

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 01/07/2018 - 08:34

Nice John, dit lyk baie goed.

Sterkte met die projek, ja, ek dink dit sal goed wees om 'n nuwe draad te begin, en op datum hou met jou vordering, natuurlik met baie fotos?

0
Wonderboom Suid

chrisbeachbum

Sun, 01/07/2018 - 12:32

Wil nie hierdie draad kaap nie, maar na aanleiding van die alumimium raam vensters wat ek hierbo gesien het - Ek het 'n klompie (seker so 20) daarvan wat ek van die hand wil sit een of ander tyd.

Nie die beste foto's nie, jammer.

Sal dit later op die "for sale" draad plaas.

 

0

Ek is baie bevoorreg om fabriek te he wat staalwerk en canvas werke kan doen, As julle sukkel kom kuier gerus ons kan help.

0

Dis die regte vensters om te he, kaap gerus.....daar is baie van ons vriende wat net die biki ondersteuning nodig het om self te begin. Download vir julle die stukkie sagteware wat verniet is en gaan na ddie warehouse. Daar is baie planne.

 

www.google sketchup.com

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus