Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -19 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -19 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -23 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

3de Forum Familie Saamtrek

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

Ok julle, die twee 2de kampe is agter die rug, kom ons kyk vorentoe.

Daar was by die Kokoriba kamp gepraat van 'n plek waar daar vis gevang kan word.  Weet nie wat was by Noddy se kamp gesels nie, ons wag om te hoor.

Daar is twee dinge waarna ons moet kyk:

  • Is die tyd
  • Is die plek

Vaalrivier

Meyerton

Segekok

Thu, 21/06/2018 - 17:02

Kom nou mense.....  Wanneer en waar gaan ons kamp?  Die draad lyk my het dood geloop. Kamp julle nie meer nie? Is julle bang vir die koue? Pla die brandstof prys? Moet julle almal eers die agterligte met LED's vervang?   Daar is nog baie verskonings waaraan julle kan dink.  

 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 22/06/2018 - 09:06

Hi Julle,

Wat van die idee?

Klaseriedam ?

Ek weet dit is `n bietjie ver van Pretoria, skat so 430 kilos. Dit is by Hoedspruit en skat so 25 kilos van KNP se Orpen hek. LOL, oom Seg kan sommer van daar ingaan vir sy KNP trip.

Die datum:

Sien nou op hul facebook blad daar is `n kompetisie die 21ste September. Ons kan sommer deelneem aan die visvang kompetisie?

Ek haal aan vanaf facebook:

 onthou die 45 uur visvang kompetisie die 21 September...en vir die wat die langnaweek vir ons kom kuier ons kan nie wag om julle weer te sien nie..... ek kan nie die pryslys vir julle op die blad sit nie aangesien ons besig is om dit weer te hersien nog n jipppppiiiieeeeeee so as daar enige vrae is kontak my gerus 0617711284

0
Meyerton

Segekok

Fri, 22/06/2018 - 09:28

Gees ek wardeer dit dat jy so mooi aan my dink.  Die datums werk net nie so lekker uit nie.  

Hier is n ander plek...

Sionsbergh naby Heidelberg.  Daar is n spriut met n lekker dam waar daar gehengel kan word.  Dink dit is Kiss & release..  Daar is n swembad( koud). 

http://www.sionbergh.co…

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 22/06/2018 - 09:33

Hehehe, dit sommer `n groot plesier oom Seg, 

Ek het na Sionbergh se website gaan kyk. Dit lyk baie mooi daar.

Ek dink dalk is Klaserie nie so goeie idee vir `n groep op daai naweek van die visvang kompetisie nie. Daar gaan baie mense wees en as jy nie `n paar dae voor die tyd gaan nie, gaan jy sukkel om `n staanplek te kry.

Die wyfie en ek gaan so week voor die tyd al soontoe gaan.

0
Meyerton

Segekok

Fri, 22/06/2018 - 09:52

Het nog nooit daar gekamp nie maar het al gaan kyk na die plek. Ons wou n kinderkamp daar gereel het.

Almal wat al daar gekamp het het nog net goed gepraat van die plek.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 23/07/2018 - 19:59

Dit is nou 'n maand wat daar laas 'n inskrywing hier was, ons wag nog vir voostelle ASB.

Anders hoe gaan ons weet wanneer en waar om te gaan kamp ?

Kom nou !!!

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 20:15

Wat van Drie Berge, of Klaserie dam, dan kan die mense van die noorde ook bykom? 

O ja, ons is nou mos twee pensionariste, en kan vroeër tot later kamp.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 20:31

O ek sien nou Klaserie dam is uit, Lumerick Lodge is oulik, maar dalk bietjie ver vanaf Pretoria en noorde?

Daar is ook Eastco, maar dalk ook bietjie ver vir die mense van die noorde?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 31/07/2018 - 18:57

Eastco Magalies was op 'n ander draad genoem en dit bly my voorkeur stem, enige ander voorstelle ???

Kamp plekke:

Van Pretoria kan mens deur Krugersdorp ry om die stads verkeer te mis.

Datums:

  • Daar is 'n lang naweek einde September "20-24 September"
  • Dan is dit Oktober Skool vakansie "28 Sep - 8 Okt"
     

kalender

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 31/07/2018 - 19:08

Gaan ons visvang by Eastco Magalies?

Ja Anton daar is vang-soen-groet dam.

Fishing is the most popular activity at Eascto Magaliesburg. Several types of fish are present including Carp, Barble, Kurper fish and bass. This resort is a family owned business that has been around for 14 years. We encourage catch and release.

Ek sal maar hier anker gooi  wink

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 31/07/2018 - 19:53

Ek wil net kyk hoe vêr ek kan ingooi.   

Wat ek hou van Eastco is dat ons dan al die suidelinge (woord Len?) wat nie so vêr Brits en Bela toe wil ry kan bymekaar kry?  Harry en BenA en Ski en Lappies wink en die bende wat net suid van die Jukskei kamp.smiley

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 31/07/2018 - 20:30

Voorie, jou vraag hierbo of "suidelinge" die regte woord is :

Ouens wat bang is Bela-Bela of Brits is te ver om te gaan kamp, sou beter beskryf kon word as "suigelinge".

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus