Sit hier met n probleem, dink al om dieselfde idee, en dit wil eenvoudig nie uitvoering regverdig nie. Die Landrover se kombuis.
Soos met die boswaens, het die Canopy n deur wat ondertoe oopmaak. Daar is nou n werksoppv aan die deur vasgemaak wat mooi op regte hoogte oopvou.
Nou moet die stoor of pakplek, area beplan word. Weereens lyk die net soos in boswaens waar jy deur oopmaak, met n agterkant so 300mm verder, waar al die potjies en bakkies netjies op n plek kan staan, waar dit nie sal afspring nie.
Ek het gegoogle, en kry net een sinvolle idee van n boswakombuis, maar sal graag n paar idees wil beloer en uit al die planne iets beplan.
As daar vriende is met n 4x4 kampwa, of iets wat tot inspirasie kan ly, sal ek n foto of 2 waardeer.
Groetnis.
Die deur, of luik, wat daar te siene is, word die kombuis.
Skakel na 'n kamp kombiis.
Hernan, hier is 'n skakel na so kampkombuis prohek, weet nie of dit jou gaan help nie?
Gaan groot Herman
Sterkte met kombuis Herman hou ons asb op hoogte
Hi Neef

Google chuckbox....
The principal is that you only have 1 thing that keeps all your cookware together, and is removable from its usual storage place.
This means you don't have to pack out individual items then have to pack them all back again...
You take one "thing" <the chuckbox> out use your stuff - put it back into the chuckbox, then when you pack up there is only 1 thing to put away..
Personally? I really like the sparewheel kitchen for on-the-go camping, the other one is just an idea.
Cruiser kombuis
Ek het die foto hieronder lank gelede gekry op die ou Wegry forum. Hierdie was vir my die "ultimate" kombuis vir 'n toer bakkie en beplan om, eendag as ek groot is, so 'n kombuis projekkie aan te pak vir my canopy. Die werks oppervlaktes slaan op, sodat dit 'n kas met 'n eie deksel word wat dan op sy beurt verder opvou om die venster/luik toe te maak.
That looks great!
One observation though, essentially there are 2 kinds of camping.
Static &
roving / on-the-go / touring.
Just be careful that by building your kitchen permanently into the vehicle, you diminish your option to static camp, because each time you want to use your vehicle, while you are static camping you have to pack up your kitchen as well.
That’s why I like the idea of a removable chuck-box.
You take the whole chuck-box out when you static camp, and your vehicle can be used without having to disrupt your pitch.
Just another one of my silly ideas.
Die Cruiser kombuis is n…
Die Cruiser kombuis is n puik opset, en kan beslis n paar idees laat posvat. Dankie vir al die idees tot dusver.
Die kombuis beplanning word…
Die kombuis beplanning word natuurlik gedoen met vroulief se behoeftes in ag. Dit stoot natuurlik kostes op en verlang ook perfeksie en goeie beplanning.
As dit net vir 'n man beplan/ ontwerp word sal' n pot, pan, koffie beker knipmes en braai rooster seker voldoende wees? ![]()
Daai Cruiser kombuis lyk vir…
Daai Cruiser kombuis lyk vir my ook heeltemal mooi👍
Ek stem saam met Voortrekker…
Ek stem saam met Voortrekker, ons vrouens maak dit maar moeilik vir die manne met die kombuis! Dis darem mooi dat julle dit volgens ons behoeftes inrig, ons waardeer dit hoor!
Herman, ek glo jy gaan weer 'n spiekeriese kombuis inrig. Ek hoop jy hoef nie te veel nagte te lê en beplan nie.![]()
Herman, ek neem aan jy het…
Herman, ek neem aan jy het reg gekom met die "twist locks"?
Johan, nog nie die…
Johan, nog nie die twistlocks gesoek nie. Gaan die karavaan winkel in George probeer, darem waneer ons daai rigting gaan.
Dan moet ek erken, Von is nie vol fiemies nie, nog altyd haar kombuisgoed in n ammo boks gepak. En kan sy. Wragtig so styf dat sou jy probeer om n glas water in te gooi, gaan jou tone nat word. So die een wat moeilik is, is ou neef. Somtyds wonder ek wat jaag hom so.
Dis omdat jy trots is op jou…
Dis omdat jy trots is op jou handewerk, Herman. Dit moet net die beste wees!![]()
Ek sal maar hier goed dophou…
Ek sal maar hier goed dophou vir wanneer ek my papgooi bakkie se kombuis moet beplan
Werksblad met laatjies onder…
Werksblad met laatjies onder. Als vou op en knip stewig vas. Daai Cruiser kombuis het die idee gegee.

Toegevou.






Herman, hoop iemand om tot…
Herman, hoop iemand om tot jou hulp👍