Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -8 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -16 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -18 hours ago

ATKV Natalia

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek het my skouer operasie gekanselleer, nou wil ek 19 Augustus Natalia toe gaan.

Watter staanplekke word aan beveel?

Ons was nog nooit in natal vir vakansies  nie.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 03/09/2018 - 16:10

Deon, nie vir ons nie. Onthou ek is so te sê doof 😁,  en die ander het dit geniet, dit was vreemd (nuut) vir hulle. Die treine ry ook net bedags, snags het ons niks gewaar nie.

Vreemd egter, was die feit dat die treine hoofsaaklik leeg was, met byna geen passasiers in nie?

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 03/09/2018 - 18:59

Johann, nee, ek het nie bedoel Natalia bring mooi herinnering terug, net die kamp by die see. Ons laaste kamp by see was by Penninton.

Ek kan nie ATKV se alternatiewe verblyf bekostig nie!!!, gelukkig het ek paar plekke by Suidkus waar ek lekker kan bly teen baie billike pryse. Ek het nou al BAIE gekyk na tariewe in die binneland by oorde, maar op my pensioenaris salaris kan ek nie saampraat nie!!! 

Ons was darem Junie daar, en volgende gaan eers weer Glentana toe wees, weet net nie wanneer nie. Ek sukkel om my ander helfte gesond te kry!!, en moet self ook weer by 'n dr of wat uitkom vir toetse, en dalk ook vir breuk-operasie. Dit sal maar ons volgende rit bepaal.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 03/09/2018 - 20:12

Frans, baie sterkte vir julle twee.

Ek moet eerlik wees, ek hou ook meer van die kaap, Natal is wel warmer, maar die kaap het 'n bekoring. (Ons sal tog weer Natalia toe gaan, dit was erg lekker.👍)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus