Ek het my skouer operasie gekanselleer, nou wil ek 19 Augustus Natalia toe gaan.
Watter staanplekke word aan beveel?
Ons was nog nooit in natal vir vakansies nie.
Frans, maak 'n plan en gaan…
Frans, maak 'n plan en gaan kuier daar, hulle het blykbaar netjiese woon eenhede ook.
dit bring mooi herinneringe terug!!!
Johann
Johann, nee, ek het nie bedoel Natalia bring mooi herinnering terug, net die kamp by die see. Ons laaste kamp by see was by Penninton.
Ek kan nie ATKV se alternatiewe verblyf bekostig nie!!!, gelukkig het ek paar plekke by Suidkus waar ek lekker kan bly teen baie billike pryse. Ek het nou al BAIE gekyk na tariewe in die binneland by oorde, maar op my pensioenaris salaris kan ek nie saampraat nie!!!
Ons was darem Junie daar, en volgende gaan eers weer Glentana toe wees, weet net nie wanneer nie. Ek sukkel om my ander helfte gesond te kry!!, en moet self ook weer by 'n dr of wat uitkom vir toetse, en dalk ook vir breuk-operasie. Dit sal maar ons volgende rit bepaal.
Frans, baie sterkte vir…
Frans, baie sterkte vir julle twee.
Ek moet eerlik wees, ek hou ook meer van die kaap, Natal is wel warmer, maar die kaap het 'n bekoring. (Ons sal tog weer Natalia toe gaan, dit was erg lekker.👍)
Ek sien vandag eers al die…
Ek sien vandag eers al die foto's, Johann. Baie mooi, lekker saam met die oulike kleintjies.





Deon, nie vir ons nie…
Deon, nie vir ons nie. Onthou ek is so te sê doof 😁, en die ander het dit geniet, dit was vreemd (nuut) vir hulle. Die treine ry ook net bedags, snags het ons niks gewaar nie.
Vreemd egter, was die feit dat die treine hoofsaaklik leeg was, met byna geen passasiers in nie?