6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
URC Springbok rugby Geert -1 minute ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -11 minutes ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Springbokke

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on

Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak.   Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.  

Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees.   Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien.  Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur.   Ek wens hulle net die beste toe.   Weer so!!  Bokke!!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 15/09/2018 - 12:01

Baie mooi, al het ek net die laaste 30min. gekyk.  Daai laaste 3 (5) van die AB was nogals 'n sterk druk 3, gelukkig was die paal voor die bal vir die gelyk maak.  Maar die bokke het baie mooi sterk gespeel.

GO BOKKE GO !!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 15/09/2018 - 12:13

Mooi so, Bokke!    Nou sluk ek, en baie ander in die land, ons woorde.   Vandag het die Bokke gewys hulle kan druk toepas, dan kan die AB ook foute maak.   Selfs Barrett kon nie ordentlik skop nie.   Vandag het ons weer Bokke gesien wat met karakter speel, ons hoop dit is die begin van nog sulke kragmetings.   My beker loop oor!

Selfs Colin het 'n boodskap vir die forum:   Die Bokke het wonderbaarlik gespeel en eerbaarlik verdien om te wen!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 15/09/2018 - 13:25

 Vanoggend gereken dit sal maar dalk n pastaslaai of so iets wees vir vanaand, nee... nou gaan ons braai. yes  begin met n bier by die vuur aanpak, en n glasie of 2 met ete saam. Lekker lig op die voete raak klink in orde.angel

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 15/09/2018 - 13:34

Ek stem, Herman.   Ons kan bietjie kuier en fees vier.   Sien jy Arie?   As iets goeds gebeur, is ons nog reg vir 'n party!laugh

Nou speel my span (Leeus) teen Colin se span (WP) vanmiddag.   Ons twee kan mekaar lekker in die hare klim as die twee spanne speel.   As die Leeus ook boonop wen, gaan ek ook lig op die voete raak, Herman.yes

Die Bokke se onverwagse wen het sommer vir ons reën gebring.   Dis erg bewolk en reën nou lekker.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 15/09/2018 - 14:01

Neef, so bek moet jam kry.

Antie, nee ek glo almal kan lekker party, ek dink net is makliker hier op 'n kampterein, almal is sommer klaar hier, en niemand hoef huis toe te bestuur nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 15/09/2018 - 17:02

Ai tog, ek kan my die atmosfeer indink daar in die tannie se huis nou na die Leeutjies se vertoning.

Ek twyfel of Collin haar sal kry om aan die paal te swing vanaand, ek glo sy is so dikbek sy breek daai paal sommer middeldeur!?

Tannie, ek voel vir jou hoor.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 15/09/2018 - 17:36

Gelukkig was ek nog nooit 'n slegte verloorder nie.   Ek hou net mooi niks daarvan my span moet verloor nie maar as die ander span beter was, dan erken ek dit.   Die WP het baie goed gespeel.  Hulle het "good and solid" gewen en die Leeus pak gegee.   Die Ingelsman is natuurlik gelukkig.  En as sy span wen, dan is daar ook nie 'n faaaiiit nie.   Dan swing hy aan daai paal!!laugh

Chris, ek ondersteun hulle al jare lank, deur dik en dun, selfs die tye toe hulle nie goed gespeel het nie.   Dis my span daai!!   Hier in die Baai ondersteun almal een of ander span van 'n ander provinsie.   As vriende hier bymekaar kom, kry jy  WP,  Bulle, Leeus, Vrystaat, Haaie, almal deurmekaar.laugh

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 15/09/2018 - 18:13

Ek is al van geboorte af 'n WP supporter auntie Frieps, daar gebore en het altyd vir die streep truie geskree.   Dit is net vandat ek volwasse geword het dat Rugby oor die algemeen nie meer dit vir my doen nie. smiley

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 15/09/2018 - 19:13

 Hierso  Len se laaste woorde

 

LEN:    GG, goed ek sal !

Groot G:   Sal wat?  Ffffffffaaaaaaaiitt?  Wou skreeu ffffffaaaaaiiittt maar toe onthou ek oom Len is mos 'n man van vrede en nie fffaaaaiit nie.....toe los ek maar...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus