Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -22 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -23 hours ago

Galago

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag mede kampers

Dalk sal die inskrywing help om Len sy draad terug te besorg.

Hier sal ons reikhalsend uitsien na die Voortrekker terugvoer van sy kamp by Galago

Groete

Wessel

galago private bush lodge

Attachment Size
Galago Weg Ry & Sleep Advertensie 908.42 KB
Centurion

Voortrekker

Tue, 02/10/2018 - 13:15

Ok dan, in afwagting ....  

Ons (Ek en Lolla en die 2 terroriste) behoort teen Donderdag middag 3 pm te arriveer by Galago Private Bush Lodge net so buitekant (Thabazimbi pad)  Bela Bela.  

Ons gaan vir 3 nagte kamp en sal Sondag weer huiswaarts keer.  Ons kamp met klonkie, my getroue CampLite waentjie.   Ons gaan Braai, en bier drink, en swem en stap en sommer net lekker besig wees totdat die waentjie se slotte klap klap klap devil

Ek gaan my bes doen om 'n klompie foto's te neem om soedoende 'n goeie en objektiewe beeld van die plekkie te skep saam met my terugvoering.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 02/10/2018 - 16:19

Dog ek die heeltyd dat "Galago" 'n Spaanse resies perd is, tot my verbasing leer ek vandag dat die 'n ander benaming is vir 'n Bushbaby - seker die rede hoekom daar 'n prentjie van 'n Bushbaby op die logo is langs die Galago naam?   My kop werk nie meer so lekker saam nie.  Dalk is dit tyd dat ek dit begin oorweeg om 'n karavaan aan te skaf?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/10/2018 - 16:26

Wat bedoel jy ?  -  ons met karavane se koppe werk nog altyd, heeltemal lekker saam.

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 02/10/2018 - 20:26

Julle moet dit geniet en wag ook vir die terugvoer.

As jy nou die woonwa ding wil doen, kry vir jou 'n ou Jurgens en doen hom oor. smiley Baie lekker waens nog.

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 03/10/2018 - 14:14

Hennie, nee die slotte moet eers klap dan klap die skoot, MAAR Voorie is mos nou te oud vir sulke dinge?

Hy kan nie eers die slotte laat wieg never mind klap!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus