6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Brandstof prys

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit is die laaste Vrydag van die maand, dus sal volgende maand se brandstofprys vandag aangekondig word.

Petra en ek het vroeer so bietjie ingery Bela toe, ek was so lus vir 'n melkskommel ek kon my lag nie hou nie.

Ons is 11km buite Bela en die ry tot by Dros het ons net mooi 40 min geneem, terug bietjie beter 25 min. Die paaie is tjok en blok dit is net 4x4's , bakkies en SUV's met woonwaens agter gehak.

Nou hoor ek gereeld hoe mense kla oor die brandstof prys en nou sal hulle nie meer kan ry nie, terloops die N1 is net so gepak van de voertuie.

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

 

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 29/09/2018 - 06:38

Hier  om die huis maak ek my karretjie omtrent een keer elke twee maande vol,  selfs langer.   Die meeste mense is natuurlik nie so gelukkig nie, hulle moet werk toe ry en kinders heen en weer ry, noodsaaklike dinge wat hulle moet doen.   Ek kry nogal jammer vir jong gesinne wat sukkel om alles by te kom.   Mense wat gaan vakansie hou is 'n ander saak.  Dit is nie noodsaaklik nie en hul eie keuse of hulle soveel aan brandstof wil spandeer en moet dan maar voorsiening maak daarvoor.  Ons sal nie meer duisende kilometers karavaan trek nie.

Witbank

johandup

Sat, 29/09/2018 - 07:19

Ongelukkig sal ons moet aanpas by die hoër lewenskoste wat gaan kom.

En as ons moet kies tussen rondloop en eet is dit 'n maklike keuse. Ek het klaar met my wederhelfte die gesprek gehad. Miskien is dit tyd om die groot karavaan te laat gaan...

Ons het afgetree net toe die ekonomie begin duik het.

Nou is dit vir aanpas.

Maar my huis is baie gerieflik en ek kan nie kla met 'n witbrood onder die arm nie.

 

Meyerton

Segekok

Sat, 29/09/2018 - 07:28

Ry sal ons ry......  Ons almal kla as die prys van brandstof opgaan en n week later ry ons maar weer net so baie.. 

Als gaan duurder word. Ek pas maar net my pryse aan om daarvoor te vergoed soos wat almal maar doen.

Middelburg

Noel

Sat, 29/09/2018 - 07:51

Kamp nou baie minder as voorheen agv hoer lewenskose. Die karavaan is ons backupp vir ons aftrede eendag as ons die huis laat verhuur. Tyd sal ons leer soos die ekonomie net slegter gaan.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 29/09/2018 - 12:16

Ek gaan nie weer my kop in 'n bynes steek deur ander buurlande in die gedrang te bring nie.

Ek is baie gelukkig dat ek plaaslik sedert Augustus R14.59 vir 50ppm diesel betaal. Dit is sowat R1.47 goedkoper as die norm, veral waar die vulstasies nader aan deurpaaie ens geleë is.

Gelukkig ry ons baie min, tensy ons met vakansie gaan. Op die paaie wat ons dan ry, gooi ek by die Hinterland (ko-operasie) vulstasies in, en dis sowat 80sent duurder as ek wat ek tuis betaal, maar nog sowat 40 tot 60 sent goedkoper as hoofstroom vulstasies. En daarby gevoeg, op lang afstande is my kar redelik suinig net die voggies!!! Alle simpatie aan alle slepers, sal maar moet spoed effe afbring na sowat 80 om verder te kan ry met 'n tenk!! Julle spog mos julle is met vakansie!! (ek koes)!

Vaalpark

Johann L

Sat, 29/09/2018 - 13:51

Dit kom nou van verlede naand af,  daai terug gehoude verhoging byt ons nou in die haakskene.

Ons sal moet wag en kyk wat gaan die Taxi vereenigings hieraan doen.?

Secunda

Sleep nou

Mon, 01/10/2018 - 05:51

Ek ry baie maar ja betaal sal ons betaal die ou gesegte is mos Bollie en betaal is die wet van transvaalcheeky

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 04/10/2018 - 07:39

Ons praat net oor hoe die petrolprys almal se ryery beïnvloed.  Wat van alles wat as gevolg daarvan duurder word?   Veral kos, wat klaar so duur is.   Die armstes wat nie eers 'n motor besit nie, kry nou nog swaarder.

Centurion

Dusty

Thu, 04/10/2018 - 08:14

Staan ek in Jan 1975 in Natal op die Bluff by 'n motorhawe om petrol aan te vul. Die prys op die pomp was 16c per liter.

Ek dink nie ons salaris het persentasie gewys gestyg soos petrol nie.

Vaalpark

Johann L

Thu, 04/10/2018 - 08:25

Stem saam met die persentasie vehouding, brandstof en die gevolglike impak, is buite verhouding met lone.

Ek kry nou nie die berig van die anc,  waar hulle in 1993 die natte so aan geval het oor die "buitensporige" petrol prys verhogings, en die impak wat dit op die armstes het nie. Nou praat die anc niks van hul groter flop nie?

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 04/10/2018 - 09:25

Arie, nou weet jy mos, daar is mense wat ordentlike verhogings kry (al verdien hulle dit nie), dan is daar mense wat % verhogings kry, mense wat troos verhoginkies kry en dan mense wat geen verhogings kry.  Dan is daar miljoene wat glad nie werk het nie of net 'n staatspensioen kry.   Ek dink net die eerste spul kan kop bo water hou met al die prysverhogings.

Pensionarisse wat hul eie pensioenfonds het en jaarliks 'n verhoging kry, kan dit miskien nog hanteer.  Op daardie stadium in hul lewe is hul lewenskoste baie laer as mense wat nog huise, meubels, voertuie moet koop.   Om nie eers te praat van kinders grootmaak nie.  Mens kan dit nie vergelyk nie.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 04/10/2018 - 10:21

Mens spandeer gelukig nie jou hele salaris op brandstof nie, dus kan mens nie verwag om 30% verhoging te kry as brandstof 30% styg nie?

Antie, ja daar is mense wat sukkel, soos almal maar, maar as ek kyk na my kinders en vriende se kinders kry hul seker vrek goeie salarisse om daai lewens peil te volhou?

Ons het maar net so gesukkel toe ons pas getroud was, en daai tyd was petrol 4.5c per litre.

Ons het net nie al die luukse soos twee voertuie, TV, vrieskaste, automatiese wasmasjiene, skottelgoed wassers en so gehad nie.

Nee wat elke geslag sukkel maar, party sukkel maar net in luukse?

Die mens is maar ongelukig net geprogrameer om te kla.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 04/10/2018 - 10:40

Oom Arie praat so van outomatiese wasmasjiene, waar is die dae dat items soos daai n baie groot uitgawe was.

Deesdae is dit amper omgeruild. Lopende kostes soos brandstof, kos, bier smiley en so meer is meer as kostes vir staande goed in die huis soos byvoorbeeld outomatiese was masjiene.

Ek weet nou al `n tydjie dat ons 5l Defy Frontloader outomatiese wasmasjien vervang moet word.

By Makro staan omtrent dieselfde 5l Defy Frontloader vir R3299. Dit is eintlik goedkoop en dink die gemiddelde salaris trekker sal dit net so kan koop waar sy lopende kostes `n maand baie meer is.

Sommer so vir interesantheid.

Mens spandeer gelukig nie jou hele salaris op brandstof nie, dus kan mens nie verwag om 30% verhoging te kry as brandstof 30% styg nie?

Jis oom Arie het weer vanoggend goeie kwaliteit in die pypwink

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus