6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
URC Springbok rugby Geert -39 minutes ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -49 minutes ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Springbokke

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on

Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak.   Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.  

Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees.   Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien.  Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur.   Ek wens hulle net die beste toe.   Weer so!!  Bokke!!

Secunda

Sleep nou

Sun, 07/10/2018 - 07:23

Ons moes gewen het een strafskop waarvan all blacks drie gedruk het maak nie sin maar ja score is op die bord

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 07/10/2018 - 07:24

Ai, wat 'n jammerte dat die AB nou weer in die laaste minute die wenpunte kry.  Vir een keer kan mens amper sê hulle het nie verdien om te wen nie.   Dalk moes Rassie net enduit gegaan het met die goeie spelers (bv Marx en Faf) en nie die reserwe bank op laat kom het nie.   

Ek dink darem ons kan meer begin uitsien na die wêreldbeker.  

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 07/10/2018 - 07:33

Die sosiale media gons oor die kwota spelers wat op die 72ste minuut op gestuur is, dit het glo net daarna in mekaar gestort.  Ek weet nie, ek het nie gekyk nie, en ken ook nie rugby so goed soos die oordelers niewink

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 07/10/2018 - 13:05

Ek stem met die ouens wat amper op die einde vervang was, maar as dit gewerk het, het ons seker anders gevoel??

Ek stem saam dat dit wil lyk of ons rugby sy draaipunt bereik het, vorige wen teen AB het ek maar toegeskryf dat die AB te versekerd was, maar hierdie was darem baie naby aan 'n wen vir ons.

Nee wat my hart voel lekker, loop met 'n lied in my hart en 'n smile op my bakkies!

0

Ai dit was hartseer...om die wedstryd so te kom verloor na jy die hele wedstryd voor wascrying

Dit was lekker om weer so 'n goeie wedstryd teen die AB te sien.  Dit lyk weer of hulle koppe reg is...

Stem saam met auntie F hierbo...mens kan darem meer begin uitsien na die wêreldbeker.....   

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/10/2018 - 08:17

Geluk Springbokke, wel gedaan  -  twee punte verskil teenoor die beste span in die wêreld is glad nie die ergste nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 03/11/2018 - 07:12

Twickenham is een van die mooiste rugby stadions ter wêreld en daar is mos kamma 'n prestige daaraan verbonde om daar te speel.   Maar soos die Uncle, sê die stywenek Engelse maak van alles 'n prestige, seker ook as hul toilet toe gaan.

Wel, ek hoop die boere wys die Engelse vandag waar Dawid die wortels gegrawe het!

Ek het net mooi geen idee wat om van die wedstryd te verwag nie.  Ek is te dom met die Rosies se span.   Wie wil 'n telling raai?  Ek sê:

Bokke 35   Engeland 22

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 04/11/2018 - 06:43

Hulle het 11/12 verloor, Voories.  Gister het hulle mens nou regtig teleurgestel.  Hulle was die beter span op die veld.   Maar!  Hope onnodige foute gemaak, die agterlyn het swak verdedig, Marx het swak ingegooi in die lynstane, die voorspelers het hulle nie oorheers soos verwag was nie en boonop was die skeidsregter onregverdig.    Die Engelse was nooit naby aan 'n drie nie, terwyl ons 'n hele paar net gemis het en toe een gedruk het.  Hulle moes nooit die wedstryd verloor het nie.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 04/11/2018 - 06:45

Anton so kyk ek net die eerste helfde en gaan braai toe maar Willemse op 15 pateties swak skoppe swak besluite , Marx op hulle doelyn twee keer bal oor lynstaan gegooi waar engelse bal op gepik het , swak hantering bok rugby op n lagte punt

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 04/11/2018 - 06:58

Shaun, ek glo nie dat die Springbokke op 'n laagtepunt is nie.  Ons het goeie spelers.  Hulle moet net ophou met al die hanteringsfoute en swak besluite wat hulle op die veld neem.   Marx is benoem vir die beste rugbyspeler van die jaar en Dyanti as die beste nuweling van die jaar.  Hulle kan regtig baie beter speel as wat hul gister gespeel het.  Hulle het tog baie goed gespeel teen NZ en Australië in die laaste reeks.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 04/11/2018 - 07:05

Ek hoor jou maar dis eina nogal teen die engelse die span het net nie vir my opgedag vir game nie wonder op Eben ok is hy goed gedoen in lynstane en voordeel lyn Du toit het n bars hou gespeel en ja Marx sal moet oefen met sy ingooi na lynstaan

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus