Gister toe ek my Camp Lite afslaan sien ek die tent se flysheet is gedaan!
Ek moet sê vandat ek die waentjie nuut gekoop het was die flysheet vir my die swakste punt in die hele ontwerp en moes ek dit al 'n hele paar kere laat herstel het asgevolg van skeure ens.
Nou is die flysheet baie swak na die afgelope 5 jaar se kamp en begin hy oral op die strespunte skeur. Ek is bevrees met nog een kamp, bietjie wind ens gaan dit heeltemaal flenters wees.
So, dit is seker tyd dat ek 'n nuwe flysheet laat opsit? Ek sal defnitief nie weer dieselfde tipe materiaal gebruik as wat Jurgens gebruik het nie, want ek glo die flysheet behoort baie langer as die 200 dae te hou as wat ek ek uit dit gekry het?
Nou wonder ek waar sal ek gaan aanklop vir so iets en watse tipe materiaal ek moet laat opsit?
Ek ken vir Romeo baie goed…
Ek ken vir Romeo baie goed en hy het destyds voorgestel of aangedring dat ek sy eksklusiewe ligte ripstop canvas met silver laag opsit as flysheet.
Ek wil graag bietjie ander diensverskaffers ook probeer gebruik en nie vassteek by net een ou soos Romeo nie?
My tent was a 3 keer by Romeo en die werk nog altyd baie goed. Hy het ook my sonstoep se afrol canvas gemaak.
Ek is bly dit is jou tent se…
Ek is bly dit is jou tent se flysheet wat stukkend is nie joune soos in die opskrif nie. ![]()
Probeer James by Adventure tents daar in Ontdekkers naby Kennis karavane, hy sal seker bloue hê, hy het so ruk terug vir my 'n mooi blou tent gemaak en sy prys was billik.
As mens in ag neem, ons hoor…
As mens in ag neem, ons hoor gereeld van die slotte en kettings wat so klingel as die Louw's kamp, dan is ek nie verbaas die flysheet is ook in sy peetjie nie.
ja sê hulle auntie F. Ja…
ja sê hulle auntie F.
Ja Voories, gaan vir so mooi blou...ligblou...Bloubul blou...![]()
Antie, Petra en ek sit baie…
Antie, Petra en ek sit baie en wonder oor hulle, erg besorgt, afgesien van daai flysheet kan ons nie help om te wonder wat nog raak klaar en in hulle se peetjie in nie!?
Kontak vir Leani Cilliers…
Kontak vir Leani Cilliers van All Out Gear by 082-870-8586
Ek het kontak gemaak met All…
Ek het kontak gemaak met All Outdoors en All Out Gear en dan het stoffel ook vir my 'n kontak gegee wie ek nog sal benader. Kom ons kyk wie gaan na die partytjie toe kom? ![]()
Romeo stel voor ek haal die flysheet af en kry vir my een van sy silver seile om oor te span, maar dit is nie vir my die beste opsie nie en beteken meer werk met opslan? Ek soek 'n flysheet wat vas is wat beteken geen ekstra pale ens benodig nie en dan kan ek vinnig opslaan met enige van die 3 opslaan opsies wat die Camp Lite bied. Wanneer mens vir een dag wil oorstaan kan ek die tent net eenvoudig oopmaak en die flysheet zip vas aan die kant waar die add a room gewoonlik vaskom. Met 'n silver seil wat moontlike son en reën en dou moet uithou sal ek dan die tent moet oopvou EN nog die silver ook span?
Leani van All Out Gear klink of sy nie bang is om 'n nuwe flysheet op te sit nie? Soos ek sê - ek sal sien wie wil saam partytjie hou ![]()
Canvass and Aliminium at Kempton Caravans
Just.............. Use PINK canvas
ken nixs van rugby af, maar sien dis die nuwe fashon lyn.....
Anton ja, sy is nie bang nie…
Anton ja, sy is nie bang nie. Soos ek genoem het het sy 'n baie ligte een wat amper so Nilon soort materiaal is wat dalk gebruik kan word, sy het ook dire materiaal voorbeeld van SA Shade by haar.


Pienk? , ek wonder oor party…
Pienk? , ek wonder oor party mans hier! 😆
Ek ook
Ek's die heel eerste om te erken dat ek boggall weet van rugby af... nie eers hoe punte aangeteken nie, Al wat ek weet is inni ou dae van Sonskyn braaivleis rugby en Chevrolet..........As n meisie soos n rugby bal gebou was was sy somme baaaaie meer populer.... Maaar deesdae weet ek nou nie so mooi nie .......... Met rugby spanne wat pienk uniforms dra, Oooooooooooooooo nee-a-a
Ek ook....Ek ook
SIGH............. So darn confusing these days.......
Warren, ongelukig lyk dit…
Warren, ongelukig lyk dit vir my of baie van die jong meisies deesdae soos rugby balle gebou is in plaas van soos 'n uurglas?
Dalk is dit om die mans van die rugby weg te hou?
Dis net die Bulle…
Dis net die Bulle ondersteuner meisies was soos rugby balle lyk ![]()
Yes but see how popular a rugby ball actually is...
Ever heard of a woman that has 30 dudes all knocking the hell out of each other, all day i the hot sun and an audience of tens of thousands?????
No?
See just how popular a rugby ball is....![]()
My waentjie staan nou by All…
My waentjie staan nou by All Out Gear. Willem, blykbaar dieselfde seil wat jy soek sal nou gebruik word vir my tent se nuwe flysheet ![]()
![]()
Mooi man, sal weer daar gaan…
Mooi man, sal weer daar gaan draai.
Het jy die toets stukke gesien ?





All Outdoors
Hi Anton,
Jy kan gerus ook Romeo Pretorius by All Outdoors in Pierre v Rheyneveld probeer.
Die Rakker het vir my nog net goeie werk gelewer.
Groete