Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -4 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -19 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 12/11/2018 - 05:24

Ons maandkamp lê op sy rug!   Vandag en môre kan ons nog kamp maar Woensdag begin ons van die goed losmaak en wegpak en Donderdag is dit "home James".

Dit is benoud by ons vanoggend en gaan seker vandag warm word.

Almal op die forum moet 'n lekker week hê.  Voor julle weet waar julle is, is dit alweer naweek.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 12/11/2018 - 05:30

Voor julle weet waar julle is, is dit alweer naweek.

Vir my voel dit of die week net 2 dae het. Maandag en Vrydag. die week het skaars begin dan is dit weer Vrydag. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 12/11/2018 - 05:40

Net so Dusty!   Dis ook nie net die weke wat vinnig verby gaan nie, sommer die maande ook.  Die einde van die jaar is hier, dit voel of dit nou die dag begin het.laugh

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 12/11/2018 - 06:47

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 12/11/2018 - 06:47

Herman, jy moet dan maar 'n lekker Karoo tjoppie braai daar in die Karoo vandag.laugh

Julle sal nie glo nie, ons gaan al amper huis toe en gaan vanaand vir die eerste keer 'n pot maak op die kole.   Ons het darem al gekook op die gasstoof maar dit noem ek nie 'n potjie nie.

Ek het nou so lekker gaan stap.  Deur die kamp en toe af tot by die see.  Daar lê 'n digte mis oor die see vanoggend.  Toe ek terugkom by die karavaan, besluit ek om warm water te maak in my emmer en toe ek die minigeza se prop optel, toe vat ek aan 'n padda!!   Hy spring net 'n entjie weg en nou sit hy daar.   Ek gaan nie daar naby nie!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 12/11/2018 - 08:59

"Kraaie braai". Van die mense hier beskryf die hitte waneer dit so warm raak dat die kraaie oopmond staan met gespreide vlerke op die telefoonpale.

Ander buurman praat van n " smelter" vandag darem nog nie n "smelter" nie.

Freda, geniet die laaste stukkie kamp. 

Voorie, waar is die naweek se groepfoto met n paar name, ek weet nie hoe lyk meeste nie !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 12/11/2018 - 09:44

Nou wat het Willem op sy knieë gedoen by Bosfontein?

Herman, mens sukkel om 'n groepsfoto te kry met name by.  Darem sien ons vir Spek op die Bosfontein draad.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 12/11/2018 - 09:57

Voorie, waar is die naweek se groepfoto met n paar name, ek weet nie hoe lyk meeste nie !

Julle moet vir Noddy vra smiley.  Ek was net Saterdagaand daar en moes  heeltyd agter Groot G en Willem kyk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus