More lekke dag
Koffie loop soos stroop vanoggend lekke dag vir almal vrede
Goeie more Anton, Johann en…
Goeie more Anton, Johann en Shaun.
Tee loop ook vanoggend soos stroop.
Môresê
Ons maandkamp lê op sy rug! Vandag en môre kan ons nog kamp maar Woensdag begin ons van die goed losmaak en wegpak en Donderdag is dit "home James".
Dit is benoud by ons vanoggend en gaan seker vandag warm word.
Almal op die forum moet 'n lekker week hê. Voor julle weet waar julle is, is dit alweer naweek.
Voor julle weet waar julle…
Voor julle weet waar julle is, is dit alweer naweek.
Vir my voel dit of die week net 2 dae het. Maandag en Vrydag. die week het skaars begin dan is dit weer Vrydag.
Net so Dusty! Dis ook nie…
Net so Dusty! Dis ook nie net die weke wat vinnig verby gaan nie, sommer die maande ook. Die einde van die jaar is hier, dit voel of dit nou die dag begin het.![]()
More maters, vandag is dit…
More maters, vandag is dit braaidag hier in die Karoo, kraaie braai.....
Herman, jy moet dan maar 'n…
Herman, jy moet dan maar 'n lekker Karoo tjoppie braai daar in die Karoo vandag.![]()
Julle sal nie glo nie, ons gaan al amper huis toe en gaan vanaand vir die eerste keer 'n pot maak op die kole. Ons het darem al gekook op die gasstoof maar dit noem ek nie 'n potjie nie.
Ek het nou so lekker gaan stap. Deur die kamp en toe af tot by die see. Daar lê 'n digte mis oor die see vanoggend. Toe ek terugkom by die karavaan, besluit ek om warm water te maak in my emmer en toe ek die minigeza se prop optel, toe vat ek aan 'n padda!! Hy spring net 'n entjie weg en nou sit hy daar. Ek gaan nie daar naby nie!
Goeie môre almal. Geniet…
Goeie môre almal. Geniet julle week en dag.
toe vat ek aan 'n padda …
toe vat ek aan 'n padda
Arme padda, hoe moet hy nou voel?
"Kraaie braai". Van die…
"Kraaie braai". Van die mense hier beskryf die hitte waneer dit so warm raak dat die kraaie oopmond staan met gespreide vlerke op die telefoonpale.
Ander buurman praat van n " smelter" vandag darem nog nie n "smelter" nie.
Freda, geniet die laaste stukkie kamp.
Voorie, waar is die naweek se groepfoto met n paar name, ek weet nie hoe lyk meeste nie !
Môre sê Kampforum Geniet…
Môre sê Kampforum
Geniet julle dag in vrede.
Nou wat het Willem op sy…
Nou wat het Willem op sy knieë gedoen by Bosfontein?
Herman, mens sukkel om 'n groepsfoto te kry met name by. Darem sien ons vir Spek op die Bosfontein draad.
Voorie, waar is die naweek…
Voorie, waar is die naweek se groepfoto met n paar name, ek weet nie hoe lyk meeste nie !
Julle moet vir Noddy vra
. Ek was net Saterdagaand daar en moes heeltyd agter Groot G en Willem kyk.





Goeie more Stoffel, Anton en…
Goeie more Stoffel, Anton en almal wat hier kom koffie drink, geniet die nuwe dag en ook week.