Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -12 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 14/11/2018 - 12:54

Len ek lees gewoonlik als, behalwe as ek vir n ruk nie op die forum was nie dan gaan ek net so vinnig deur die om te sien of ek dalk iets gemis het.

Hierdie tyd van die jaar is my besigste en ek begin al voor 2 uur in die oggend en werk soms tot na 11 in die aande.  

 

 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/11/2018 - 13:57

Gewoonlik gaan gras bietjie dood onder die grondseil.  Ons lig vanoggend die voorste grondseil en die gras het lank en welig gegroei.

Foto 1

.

Foto 2

.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 14/11/2018 - 14:09

Spesiaal vir die Tante - "Hi"!

Willem,  nou wat gaan aan, lyk van jy afgetree het is jy omtrent pal by die Dr's???

As hulle nie aan jou boud vroetel is dit die tand, nee man daar is beter dinge om te doen as jy afgetree is!devil

Sterkte met daai tand.

Mense, kyk hier is dit die afgelope paar dae WARM!!! draai elke dag net so oor die 40.

Ons speel drie keer per week jukskei van 4 tot ses nm, dan son bak die dinges uit jou uit daai tyd!

So erg dat ek laas week ontwater het, ampertjies omgekap daar op die baan. Daai aan kwaai gesukkel met krampe en naarheid.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 14/11/2018 - 16:27

Ek lees ook net wat waarde het, dus, alleswinkyes

Ek begin elke oggend met die koffie draad,  lees eers alles daarop, dan groet ek, daarna gaan ek na die res van die aktiewe onderwerpe begin van die onderste nommertjies, lees alles deur, en gaan dan aan tot alles gelees is.

Soms, het ek bietjie te veel vir die dag om te doen, dan sal ek het kom groet, en soos tyd dit toelaat, weer kom inloer.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/11/2018 - 16:59

Wel, dit lyk nie of julle alles lees nie.   Niemand sê eers iets oor die mooi, lang gras wat ek julle gewys het nie.  Maar dis ook maar OK...  winksmiley

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 14/11/2018 - 18:12

Lennie het gese ons moet tot more oggend wag voor ons verslag lewer. Ek doen dit maar liefs nou, teen more het ek elk geval als wat ek gister gelees het vergeet.  Een voordeel is dat al die nuus elke nag nuwe nuus is, al is dit gister se nuus wat ek vandag weer lees.sad

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/11/2018 - 18:43

.................noudat jou tande aan die beurt gekom het, kan jy beslis sê jy is van bo tot onder deur die dokters gediens.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 14/11/2018 - 20:12

Ek lees weer meeste van die drade en die res scan ek net.

Was velede week by die dr en vertel toe vir hom dat ek die een oomblik ek alles onthou en net daarna vergeet ek weer van dit. Toe hy my vra wanneer dit begin het vra ek hom wanneer het wat begin.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 14/11/2018 - 20:25

Pragtige gras antie. Wens ek het sulke lang hare gehad.

Ons sit nou al sonder krag van vroeg van oggend, gaan glo eers 10 uur aankom. Ok, ek wens ek het weer hare gehad, wat ek kan kam met n kam. Hierdie waslap kam ding is boring.

Vulles verwydering 4 weke laas gedoen.

Ek is moeg en gatvol vir hierdie vieslik vuil stink Vaaldriehoek.

Ek gaan nou amptelik aftree April 2019.

Dan verlaat ek die planeet na Mars. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus