Gras onder grondseil
Gewoonlik gaan gras bietjie dood onder die grondseil. Ons lig vanoggend die voorste grondseil en die gras het lank en welig gegroei.
Foto 1
Foto 2
Spesiaal vir die Tante - "Hi…
Spesiaal vir die Tante - "Hi"!
Willem, nou wat gaan aan, lyk van jy afgetree het is jy omtrent pal by die Dr's???
As hulle nie aan jou boud vroetel is dit die tand, nee man daar is beter dinge om te doen as jy afgetree is!![]()
Sterkte met daai tand.
Mense, kyk hier is dit die afgelope paar dae WARM!!! draai elke dag net so oor die 40.
Ons speel drie keer per week jukskei van 4 tot ses nm, dan son bak die dinges uit jou uit daai tyd!
So erg dat ek laas week ontwater het, ampertjies omgekap daar op die baan. Daai aan kwaai gesukkel met krampe en naarheid.
lees jy ooit wat ander te sê…
lees jy ooit wat ander te sê het
Ek lees net dit waarin ek belangstel ![]()
Ek ok, maar ek stel in alles…
Ek ok, maar ek stel in alles belang!
Ek lees ook net wat waarde…
Ek lees ook net wat waarde het, dus, alles![]()
![]()
Ek begin elke oggend met die koffie draad, lees eers alles daarop, dan groet ek, daarna gaan ek na die res van die aktiewe onderwerpe begin van die onderste nommertjies, lees alles deur, en gaan dan aan tot alles gelees is.
Soms, het ek bietjie te veel vir die dag om te doen, dan sal ek het kom groet, en soos tyd dit toelaat, weer kom inloer.
Wel, dit lyk nie of julle…
Wel, dit lyk nie of julle alles lees nie. Niemand sê eers iets oor die mooi, lang gras wat ek julle gewys het nie. Maar dis ook maar OK... ![]()
![]()
Die gras is baie mooi lank…
Die gras is baie mooi lank Tannie. Julle gebruik natuurlik die regte tipe seil ![]()
Ek het gewag tot jy wys waar…
Ek het gewag tot jy wys waar julle dit terug trim. ![]()
Willem, ek gaan later die…
Willem, ek gaan later die beeste injaag om te kom vreet.![]()
Hehe, ek het ook gewag om te…
Hehe, ek het ook gewag om te sien of Colin dit gaan "rehab"😂
Ek het ook gesien van Willem…
Ek het ook gesien van Willem se tande kry probleem, maar dit was eers laat middag.
Lennie het gese ons moet tot…
Lennie het gese ons moet tot more oggend wag voor ons verslag lewer. Ek doen dit maar liefs nou, teen more het ek elk geval als wat ek gister gelees het vergeet. Een voordeel is dat al die nuus elke nag nuwe nuus is, al is dit gister se nuus wat ek vandag weer lees.![]()
Willem....
.................noudat jou tande aan die beurt gekom het, kan jy beslis sê jy is van bo tot onder deur die dokters gediens.
Ek lees weer meeste van die…
Ek lees weer meeste van die drade en die res scan ek net.
Was velede week by die dr en vertel toe vir hom dat ek die een oomblik ek alles onthou en net daarna vergeet ek weer van dit. Toe hy my vra wanneer dit begin het vra ek hom wanneer het wat begin.
Pragtige gras antie. Wens ek…
Pragtige gras antie. Wens ek het sulke lang hare gehad.
Ons sit nou al sonder krag van vroeg van oggend, gaan glo eers 10 uur aankom. Ok, ek wens ek het weer hare gehad, wat ek kan kam met n kam. Hierdie waslap kam ding is boring.
Vulles verwydering 4 weke laas gedoen.
Ek is moeg en gatvol vir hierdie vieslik vuil stink Vaaldriehoek.
Ek gaan nou amptelik aftree April 2019.
Dan verlaat ek die planeet na Mars.
Goeie more almal. Geniet…
Goeie more almal.
Geniet die dag tenvolle.
Goeie môre mense! Mag julle…
Goeie môre mense! Mag julle 'n geseënde dag hé! ![]()
![]()
Harry, daar op Mars is ook nie vullis verwydering nie ![]()





Len ek lees gewoonlik als,…
Len ek lees gewoonlik als, behalwe as ek vir n ruk nie op die forum was nie dan gaan ek net so vinnig deur die om te sien of ek dalk iets gemis het.
Hierdie tyd van die jaar is my besigste en ek begin al voor 2 uur in die oggend en werk soms tot na 11 in die aande.