Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -1 hour ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -1 hour ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Johan Umfula Johann L -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Koelhouers

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende Ek wil sommer kersopsteek en hoor watter tipe koelhouers julle gebruik, en sal aanbeveel. Ek wil nie noodwendig nog 'n 12v/220 tipe kas koop nie. Ek dink eerder in die rigting van die nuwer goed ge-isoleerde houers, soos bv die Coleman. Blykbaar is daar houers wat tot 7 dae items gevries kan hou. Moet my nou net nie 'n koue skouer gee nie Wessel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/07/2019 - 09:48

Wessel, ek hoop daardie ys waarop jy die saak wil plaas, smelt gou want jy wil nie na goeie raad luister nie.  Gaan koop nou iets ordentliks soos 'n Snowmaster of National Luna.  Die "ekstra bedrading" is geen verskoning nie want jy kan maklik 'n verlengkoord vanaf jou sigaretaansteker tydelik aanlê.  My seun het dit pas gedoen met sy Hilux en teruggekeer van Kgalagadi sonder enige probleem met sy vries/yskas.  My ander seun en skoonseun doen presies dieselfde met 'n Ford Ranger en my getroue Edesa vrieskassie eerskomende naweek wanneer hulle Kgalagadi toe vertrek.

Hoe sê vandag se tieners : "Get a life man !"

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/07/2019 - 08:02

Ek sien Tentco sin het 'n 5 jaar waarborg en lis parte is beskikbaar, hy kan sluit en jy kan hom vas strap op die dak en steeds oop maak.

.

.

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 24/07/2019 - 09:42

baie beter as die ou Coleman's van verlede.

 Ek glo jy is reg Leeu.    Nie dat die Coleman's sleg was / is nie, maar tegnologie en produkte verbeter maar met tyd en die Coleman's materiale en ontwerp ens. is al oud.    Dit beteken nie dat ek my Coleman extreme 5 gaan vervang nie, nee wat hy is nog heel voldoende.    Die dae voor ek my Snomaster gekoop het, het ons vir baie lank gekamp en toer met net die coleman.  Hoe ons dit nou weer reggekry het kan ek nie meer so goed onthou nie laugh  -  wys net hoe gemaklik 'n kompressor 12V yskassie is en hoe dit mens kan bederf.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/07/2019 - 09:54

Ja maar teen 'n stywe prys.

20L - R1426

60L - R2655

Hier is die regte fokuspunt van die pryse op die foto bo.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 18/01/2021 - 13:42

Soos ek reeds gesê het is ek nie lief vir een nie.  My Coleman stel het hulle lankterug gebruik om goed in te pak toe hulle ingebreek het.  Nou het ek net een vir wanneer on gaan kuier vir die nodige koel verversings.

Ek het een van daai koeler bikse wat jy by die aansterker inprop, hom gebruik ek as ons in die wildtuin rondry, die goed met net koud wees voor jy dit in sit.

0

Middag vriende

Ek het toe maar besluit om nog 'n NL by te koop.

Die keuse het geval op die 55liter enkelkompartement. Nou behoort ons genoeg vries volume te hê sodat ons sommer vooraf klaar kosse ook kan saamry.  Die gedagte is om die kas vir vries te gebruik en die bestaande NL in die wa vir vries en koelkas.

Sal maar sien hoe ek dit gaan bedryf agterop die trokkie.

Groete

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus